Amos 9:1-15

9  Ek het Jehovah bo die altaar sien staan,+ en hy het gesê: “Slaan die pilaarkop, sodat die drumpels bewe. En kap hulle almal by die kop af.+ En die laaste deel van hulle sal ek met die swaard doodmaak. Niemand van hulle wat vlug, sal in sy vlug slaag nie, en niemand van hulle wat ontsnap, sal wegkom nie.+  As hulle tot in Sjeool grawe, sal my hand hulle daar uithaal;+ en as hulle na die hemel opklim, sal ek hulle daarvandaan afbring.+  En as hulle op die top van die Karmel wegkruip, sal ek daar sorgvuldig na hulle soek en hulle beslis wegneem.+ En as hulle hulle weg van my oë af op die bodem van die see+ verberg, sal ek die slang daar onder bevel gee, en hy sal hulle byt.  En as hulle voor hulle vyande uit in gevangenskap gaan, sal ek daarvandaan die swaard gebied, en dit moet hulle doodmaak;+ en ek sal my oog ten kwade op hulle rig en nie ten goede nie.+  En dit is die Soewereine Heer, Jehovah van die leërs, wat die land aanraak, sodat dit smelt;+ en al die inwoners daarvan sal moet treur;+ en dit sal in sy geheel beslis opkom soos die Nyl en wegsak soos die Nyl van Egipte.+  “‘Hy wat sy trap in die hemel bou+ en sy gebou bo die aarde wat hy gegrondves het;+ hy wat die waters van die see roep,+ sodat hy dit op die oppervlak van die aarde kan uitstort+—Jehovah is sy naam.’+  “‘Is julle nie vir my soos die kinders van die Kussiete nie, o kinders van Israel?’ is die woord van Jehovah. ‘Het ek Israel nie laat optrek uit Egipteland+ en die Filistyne+ uit Kreta en Sirië uit Kir+ nie?’  “‘Kyk! Die oë van die Soewereine Heer Jehovah is op die sondige koninkryk,+ en hy sal dit beslis van die oppervlak van die aarde verdelg.+ Maar ek sal die huis van Jakob nie heeltemal verdelg nie’,+ is die woord van Jehovah.  ‘Want kyk! ek gee bevel, en ek sal die huis van Israel onder al die nasies skud+ soos die sif geskud word, sodat daar nie ’n klippie op die grond val nie. 10  Deur die swaard sal hulle sterf—al die sondaars van my volk,+ dié wat sê: “Die rampspoed sal nie naby kom of ons bereik nie.”’+ 11  “‘In dié dag sal ek die vervalle+ hut+ van Dawid oprig,+ en ek sal beslis die gate in hulle muur herstel. En sy puinhope sal ek oprig, en ek sal dit beslis opbou soos in die dae van lank gelede,+ 12  sodat hulle in besit kan neem wat van Edom oorgebly het,+ en al die nasies oor wie my naam uitgeroep is’,+ is die woord van Jehovah, wat dit doen. 13  “‘Kyk! Daar kom dae’, is die woord van Jehovah, ‘en die ploeër sal die snyer inhaal,+ en die druiwetrapper die draer van die saad;+ en die berge sal van soet wyn drup,+ en al die heuwels sal smelt.+ 14  En ek sal die gevangenes van my volk Israel laat terugkeer,+ en hulle sal die verwoeste stede bou en bewoon,+ en wingerde plant en die wyn daarvan drink, en tuine aanlê en die vrugte daarvan eet.’+ 15  “‘En ek sal hulle beslis in hulle land plant, en hulle sal nie weer uitgeruk word uit hulle land wat ek aan hulle gegee het nie’,+ het Jehovah jou God gesê.”

Voetnote