Deuteronomium 1:1-46
1 Dit is die woorde wat Moses met die hele Israel gespreek het in die Jordaanstreek+ in die wildernis, in die woestynvlaktes teenoor Suf, tussen Paran+ en Tofel en Laban en Haʹserot+ en Di-Sahab;
2 dit is elf dae van Horeb af met die pad van die berg Seïr tot by Kaʹdes-Barneʹa.+
3 En in die veertigste+ jaar, in die elfde maand, op die eerste van die maand, het Moses met die kinders van Israel gepraat volgens alles wat Jehovah hom ten opsigte van hulle beveel het,
4 nadat hy Sihon,+ die koning van die Amoriete, wat in Hesbon gewoon het, en Og,+ die koning van Basan, wat in Asʹtarot+ gewoon het, in Edreʹï+ verslaan het.
5 In die Jordaanstreek, in die land Moab, het Moses onderneem om hierdie wet+ te verduidelik deur te sê:
6 “Jehovah ons God het met ons in Horeb+ gepraat en gesê: ‘Julle het lank genoeg in hierdie bergstreek gewoon.+
7 Draai weg en vertrek en gaan na die bergstreek van die Amoriete+ en na al hulle bure in die Aʹraba,+ die bergstreek+ en die Sjefeʹla en die Negeb+ en die seekus,+ die land van die Kanaäniete,+ en die Liʹbanon,+ tot by die groot rivier, die Eufraatrivier.+
8 Kyk, ek stel die land voor julle. Gaan in en neem die land in besit wat Jehovah aan julle vaders, aan Abraham, Isak+ en Jakob,+ met ’n eed beloof het om dit aan hulle en hulle saad ná hulle te gee.’+
9 “En ek het in dié tyd vir julle gesê: ‘Ek kan julle nie alleen dra nie.+
10 Jehovah julle God het julle vermenigvuldig, en kyk, julle is vandag so talryk soos die sterre van die hemel.+
11 Mag Jehovah, die God van julle voorvaders, julle duisend keer meer maak+ as wat julle is, en mag hy julle seën+ net soos hy julle beloof het.+
12 Hoe kan ek alleen die las van julle en die vrag van julle en julle rusies dra?+
13 Neem wyse en verstandige+ en ervare+ manne van julle stamme, sodat ek hulle as hoofde oor julle kan aanstel.’+
14 Daarop het julle my geantwoord en gesê: ‘Wat u gesê het ons moet doen, is goed.’
15 Toe het ek die hoofde van julle stamme geneem, wyse en ervare manne, en hulle as hoofde oor julle aangestel, hoofde oor duisend en hoofde oor honderd en hoofde oor vyftig en hoofde oor tien en beamptes van julle stamme.+
16 “En ek het in dié tyd julle regters beveel en gesê: ‘Wanneer julle ’n saak tussen julle broers verhoor, moet julle met regverdigheid oordeel+ tussen ’n man en sy broer of sy inwonende vreemdeling.+
17 Julle mag in die regspraak nie partydig wees nie.+ Julle moet klein en groot op dieselfde wyse aanhoor.+ Julle mag nie bang word vir ’n mens nie,+ want die regspraak is God s’n;+ en die saak wat vir julle te moeilik is, moet julle voor my bring, en ek sal dit verhoor.’+
18 En ek het julle in dié tyd al die dinge beveel wat julle moet doen.
19 “Toe het ons van Horeb af weggetrek en deur daardie hele groot en vreesinboesemende wildernis getrek,+ wat julle gesien het, met die pad van die bergstreek van die Amoriete,+ net soos Jehovah ons God ons beveel het; en ons het uiteindelik by Kaʹdes-Barneʹa+ gekom.
20 Ek het toe vir julle gesê: ‘Julle het by die bergstreek van die Amoriete gekom, wat Jehovah ons God aan ons gee.+
21 Kyk, Jehovah jou God het die land aan jou oorgelewer.+ Trek op, neem dit in besit net soos Jehovah, die God van jou voorvaders, vir jou gesê het.+ Moenie bang of verskrik wees nie.’+
22 “Maar julle almal het na my toe gekom en gesê: ‘Laat ons tog manne voor ons uit stuur sodat hulle vir ons die land kan verken en vir ons berig kan bring oor die pad waarlangs ons moet optrek en die stede waarby ons sal kom.’+
23 Wel, die saak was goed in my oë, sodat ek twaalf man van julle geneem het, een vir elke stam.+
24 Toe het hulle weggedraai en na die bergstreek opgetrek+ en tot by die Eskolstroomvallei+ gekom en dit verken.
25 En hulle het van die vrugte van die land+ in hulle hand geneem en dit na ons toe afgebring, en hulle het vir ons berig gebring en gesê: ‘Die land wat Jehovah ons God aan ons gee, is goed.’+
26 Maar julle wou nie optrek nie,+ en julle het julle opstandig begin gedra teen die bevel van Jehovah julle God.+
27 En julle het in julle tente bly kla en gesê: ‘Omdat Jehovah ons gehaat het,+ het hy ons uit Egipteland uitgelei+ om ons in die hand van die Amoriete te gee, om ons te verdelg.+
28 Waarheen trek ons op? Ons broers het ons hart laat smelt+ deur te sê: “’n Volk, groter en langer as ons,+ stede, groot en tot aan die hemel versterk,+ en ook die kinders van die Enakiete+ het ons daar gesien.”’
29 “Toe het ek vir julle gesê: ‘Julle moenie sidder of bang wees vir hulle nie.+
30 Jehovah julle God trek voor julle uit. Hy sal vir julle veg+ ooreenkomstig alles wat hy voor julle oë met julle in Egipte gedoen het+
31 en in die wildernis,+ waar jy gesien het hoe Jehovah jou God jou gedra het+ soos ’n man sy seun dra, op die hele pad waarlangs julle gegaan het, totdat julle by hierdie plek gekom het.’+
32 Maar ondanks hierdie woord het julle nie geloof gestel in Jehovah julle God nie,+
33 wat voor julle uit getrek het op die pad om vir julle ’n plek uit te soek waar julle kamp kon opslaan,+ snags deur vuur sodat julle kon sien met watter pad julle moes gaan, en bedags deur ’n wolk.+
34 “Die hele tyd het Jehovah die stem van julle woorde gehoor. Toe het hy verontwaardig geraak en gesweer+ en gesê:
35 ‘Geeneen onder hierdie manne van hierdie bose geslag sal die goeie land sien wat ek met ’n eed beloof het om aan julle vaders te gee nie,+
36 behalwe Kaleb, die seun van Jefunʹne.+ Hy sal dit sien, en aan hom en aan sy kinders sal ek die land gee waarop hy geloop het, omdat hy Jehovah volkome gevolg het.+
37 (Selfs op my het Jehovah vertoornd geword weens julle en gesê: ‘Ook jy sal nie daar ingaan nie.+
38 Josua, die seun van Nun, wat voor jou staan, hy sal daar ingaan.’+ Hom het hy versterk,+ want hy sal Israel dit laat beërf.)
39 Wat julle kindertjies betref van wie julle gesê het: “Hulle sal roofgoed word!”+ en julle kinders wat vandag geen goed of kwaad ken nie, hulle sal daar ingaan, en aan hulle sal ek dit gee, en hulle sal dit in besit neem.
40 Wat julle betref, verander van rigting en trek weg na die wildernis met die pad van die Rooi See.’+
41 “Hierop het julle geantwoord en vir my gesê: ‘Ons het teen Jehovah gesondig.+ Ons—ons sal optrek en veg ooreenkomstig alles wat Jehovah ons God ons beveel het!’ Toe het elkeen van julle sy oorlogswapens aangegord en dit as iets makliks beskou om in die gebergte op te trek.+
42 Maar Jehovah het vir my gesê: ‘Sê vir hulle: “Julle mag nie optrek en veg nie, want ek is nie in julle midde nie;+ sodat julle nie voor julle vyande verslaan word nie.”’+
43 Ek het dus met julle gepraat, en julle het nie geluister nie, maar het julle opstandig begin gedra+ teen Jehovah se bevel en driftig geraak, en julle het in die gebergte probeer optrek.+
44 Toe het die Amoriete wat in dié gebergte gewoon het, julle tegemoetgetrek en julle agternagesit,+ soos bye maak, en julle in Seïr verstrooi tot by Horma.+
45 Daarna het julle teruggekeer en voor Jehovah begin huil, maar Jehovah het nie na julle stem geluister nie,+ en ook het hy julle geen gehoor gegee nie.+
46 Toe het julle baie dae in Kades gebly, soveel dae as wat julle daar gebly het.+