Deuteronomium 10:1-22

10  “In dié tyd het Jehovah vir my gesê: ‘Kap vir jou twee kliptafels uit soos die eerstes+ en klim teen die berg op na my toe, en jy moet vir jou ’n ark van hout maak.+  En ek sal op die tafels die woorde skryf wat op die eerste tafels voorgekom het, wat jy verbrysel het, en jy moet dit in die ark sit.’  Toe het ek ’n ark van akasiahout gemaak en twee kliptafels soos die eerstes uitgekap+ en teen die berg opgeklim, en die twee tafels was in my hand.  Toe het hy op die tafels dieselfde skrif as die eerste geskryf,+ die Tien Woorde,+ wat Jehovah op die berg uit die vuur met julle gespreek het,+ op die dag van die vergadering;+ waarna Jehovah dit vir my gegee het.  Toe het ek omgedraai en teen die berg afgeklim+ en die tafels in die ark gesit wat ek gemaak het, sodat dit daar sou bly, net soos Jehovah my beveel het.+  “En die kinders van Israel het van Beʹërot Beneʹ-Jaʹäkan+ af weggetrek na Moseʹra. Daar het Aäron gesterf, en hy is daar begrawe;+ en sy seun Eleaʹsar het in sy plek as priester begin dien.+  Daarvandaan het hulle weggetrek na Gudgoʹda, en van Gudgoʹda na Jotbaʹta,+ ’n land van stroomvalleie vol water.  “In dié tyd het Jehovah die stam Levi afgesonder+ om die ark van Jehovah se verbond te dra,+ om voor Jehovah te staan om hom te dien+ en in sy naam te seën tot vandag toe.+  Daarom het Levi geen deel of erfdeel+ saam met sy broers gekry nie. Jehovah is sy erfdeel, net soos Jehovah jou God vir hom gesê het.+ 10  En ek—ek het op die berg gebly soos die vorige dae, veertig dae en veertig nagte,+ en Jehovah het ook by dié geleentheid na my geluister.+ Jehovah wou jou nie verdelg nie.+ 11  Toe het Jehovah vir my gesê: ‘Staan op, gaan voor die volk uit sodat hulle wegtrek, sodat hulle kan ingaan en die land in besit kan neem wat ek aan hulle voorvaders met ’n eed beloof het om aan hulle te gee.’+ 12  “En nou, o Israel, wat anders vra Jehovah jou God van jou+ as om Jehovah jou God te vrees,+ om in al sy weë te wandel+ en hom lief te hê+ en Jehovah jou God te dien met jou hele hart en jou hele siel;+ 13  om die gebooie van Jehovah en sy insettinge te onderhou+ wat ek jou vandag beveel, sodat dit met jou goed kan gaan?+ 14  Kyk, aan Jehovah jou God behoort die hemel,+ ja, die hemel der hemele, die aarde+ en alles wat daarin is. 15  Maar aan jou voorvaders het Jehovah geheg geraak om hulle lief te hê, sodat hy hulle nageslag ná hulle,+ ja julle, uit al die volke uitgekies het, soos dit vandag is. 16  En julle moet die voorhuid van julle hart besny+ en julle nek nie langer verhard nie.+ 17  Want Jehovah julle God is die God van die gode+ en die Here van die here,+ die groot, magtige en vreesinboesemende God,+ wat niemand partydig behandel+ en ook nie ’n omkoopgeskenk aanvaar nie,+ 18  wat aan die vaderlose seun en die weduwee reg verskaf+ en die inwonende vreemdeling liefhet+ sodat hy hom brood en ’n mantel gee. 19  Ook julle moet die inwonende vreemdeling liefhê,+ want julle het inwonende vreemdelinge in Egipteland geword.+ 20  “Jehovah jou God moet jy vrees.+ Hom moet jy dien+ en hom moet jy aankleef,+ en by sy naam moet jy beëdigde verklarings aflê.+ 21  Hy is die Een wat jy moet loof,+ en hy is jou God, wat hierdie groot en vreesinboesemende dinge wat jou oë gesien het, vir jou gedoen het.+ 22  Met sewentig siele het jou voorvaders na Egipte afgetrek,+ en nou het Jehovah jou God jou so talryk soos die sterre van die hemel gemaak.+

Voetnote