Deuteronomium 11:1-32

11  “En jy moet Jehovah jou God liefhê+ en altyd jou verpligting teenoor hom en sy insettinge en sy regterlike beslissings+ en sy gebooie nakom.  En julle weet vandag goed (want ek praat nie met julle kinders wat die dissipline van Jehovah+ julle God, sy grootheid,+ sy sterk hand+ en sy uitgestrekte arm+ nie geken en nie gesien het nie,  en ook nie sy tekens en sy dade wat hy in Egipte gedoen het+ aan Farao, die koning van Egipte, en aan sy hele land nie;  ook nie wat hy aan die krygsmag van Egipte gedoen het nie, aan sy perde en sy strydwaens waaroor hy die waters van die Rooi See laat stroom het toe hulle hulle agternagesit het,+ en Jehovah hulle vernietig het tot vandag toe;+  ook nie wat hy vir julle in die wildernis gedoen het totdat julle op hierdie plek gekom het nie;  ook nie wat hy aan Datan en Abiʹram,+ die seuns van Eliʹab, die seun van Ruben, gedoen het nie, toe die aarde sy mond oopgemaak het en hulle en hulle huisgesinne en hulle tente en alles wat bestaan het en agter hulle aan geloop het, onder die hele Israel verswelg het);+  want julle oë het al die groot dade van Jehovah gesien wat hy gedoen het.+  “En julle moet die hele gebod onderhou+ wat ek jou vandag beveel, sodat julle sterk kan word en inderdaad kan ingaan en die land in besit kan neem waarheen julle oortrek om dit in besit te neem,+  en sodat julle julle dae kan verleng+ in die land wat Jehovah aan julle voorvaders met ’n eed beloof het om aan hulle en hulle saad te gee,+ ’n land wat oorloop van melk en heuning.+ 10  “Want die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem, is nie soos Egipteland waaruit julle getrek het nie, waar jy jou saad gesaai het en met jou voet moes natlei, soos ’n groentetuin. 11  Maar die land waarheen julle oortrek om dit in besit te neem, is ’n land van berge en valleivlaktes.+ Van die reën van die hemel drink dit water; 12  ’n land waarvoor Jehovah jou God sorg. Die oë+ van Jehovah jou God is voortdurend daarop, van die begin van die jaar tot die einde van die jaar. 13  “En as julle my gebooie wat ek julle vandag beveel, vir seker gehoorsaam,+ om Jehovah julle God lief te hê en hom te dien met julle hele hart en julle hele siel,+ 14  dan sal ek beslis vir julle land reën gee op die vasgestelde tyd daarvoor,+ herfsreën en lentereën,+ en jy sal inderdaad jou graan en jou soet wyn en jou olie insamel. 15  En ek sal beslis plante op jou veld gee vir jou mak diere,+ en jy sal inderdaad eet en versadig word.+ 16  Let op julleself sodat julle hart nie verlok word+ en julle afwyk en ander gode aanbid en julle voor hulle neerbuig nie+ 17  en Jehovah se toorn teen julle ontvlam en hy die hemel toesluit sodat geen reën sal val+ en die grond sy opbrengs nie sal gee nie en julle gou uit die goeie land sal vergaan wat Jehovah aan julle gee.+ 18  “En julle moet hierdie woorde van my op julle hart+ en julle siel lê en dit as ’n teken op julle hand bind, en dit moet as ’n voorhoofsband tussen julle oë dien.+ 19  Julle moet dit ook aan julle kinders leer, deur daaroor te praat wanneer jy in jou huis sit en wanneer jy op die pad loop en wanneer jy gaan lê en wanneer jy opstaan.+ 20  En jy moet dit op die deurposte van jou huis en op jou poorte skryf,+ 21  sodat julle dae en die dae van julle kinders baie kan wees+ in die land wat Jehovah aan julle voorvaders met ’n eed beloof het om aan hulle te gee,+ soos die dae van die hemel oor die aarde.+ 22  “Want as julle hierdie hele gebod nougeset onderhou+ wat ek julle beveel, om dit uit te voer, deur Jehovah julle God lief te hê,+ in al sy weë te wandel+ en hom aan te kleef,+ 23  dan sal Jehovah al hierdie nasies ter wille van julle verdryf,+ en julle sal nasies wat groter en talryker is as julle, beslis uit hulle besitting verdryf.+ 24  Elke plek waarop julle voetsool trap, sal julle s’n word.+ Van die wildernis tot by die Libanon, van die Rivier, die Eufraatrivier, tot by die westelike see sal julle grens wees.+ 25  Niemand sal teen julle standhou nie.+ Die skrik vir julle en die vrees vir julle sal Jehovah julle God op die oppervlak van die hele land laat kom+ waarop julle sal loop, net soos hy julle beloof het. 26  “Kyk, ek hou julle vandag die seën en die vloek voor:+ 27  die seën, mits julle die gebooie van Jehovah julle God gehoorsaam+ wat ek julle vandag beveel; 28  en die vloek,+ as julle die gebooie van Jehovah julle God nie gehoorsaam nie+ en afwyk van die weg wat ek julle vandag beveel, om agter ander gode aan te loop wat julle nie geken het nie. 29  “En wanneer Jehovah jou God jou in die land bring waarheen jy gaan om dit in besit te neem,+ dan moet jy die seën gee op die berg Geriʹsim+ en die vloek op die berg Ebal.+ 30  Lê hulle nie aan die kant van die Jordaan in die rigting van die sonsondergang, in die land van die Kanaäniete wat in die Aʹraba+ woon, teenoor Gilgal,+ langs die groot bome van Moreʹ+ nie? 31  Want julle trek deur die Jordaan om in te gaan en die land in besit te neem wat Jehovah julle God aan julle gee, en julle moet dit in besit neem en daarin woon.+ 32  En julle moet al die voorskrifte en die regterlike beslissings+ sorgvuldig uitvoer wat ek julle vandag voorhou.+

Voetnote