Deuteronomium 12:1-32

12  “Dit is die voorskrifte+ en die regterlike beslissings+ wat julle sorgvuldig moet uitvoer+ in die land wat Jehovah, die God van jou voorvaders, jou beslis in besit sal laat neem, al die dae dat julle op die aarde lewe.+  Julle moet al die plekke heeltemal vernietig+ waar die nasies wat julle uit hulle besitting verdryf, hulle gode gedien het, op die hoë berge en die heuwels en onder elke blaarryke boom.+  En julle moet hulle altare afbreek+ en hulle heilige pilare verbrysel,+ en julle moet hulle heilige pale met vuur verbrand+ en die gesnede beelde van hulle gode omkap,+ en julle moet hulle name uit dié plek vernietig.+  “So mag julle nie handel met Jehovah julle God nie,+  maar die plek wat Jehovah julle God uit al julle stamme sal kies om sy naam daar te vestig, om dit daar te laat woon, moet julle soek, en daarheen moet jy gaan.+  En daarheen moet julle julle brandoffers+ en julle offerandes en julle tiendes+ en die bydrae van julle hand+ en julle gelofteoffers+ en julle vrywillige gawes+ en die eersgeborenes van julle beeste en van julle kleinvee bring.+  En daar moet julle voor Jehovah julle God eet+ en vrolik wees oor alles wat julle onderneem,+ julle en julle huisgesinne, omdat Jehovah jou God jou geseën het.  “Julle mag nie doen volgens alles wat ons vandag hier doen nie, elkeen net wat reg is in sy eie oë,+  omdat julle nog nie in die rusplek+ en die erfdeel gekom het wat Jehovah jou God aan jou gee nie. 10  En julle moet deur die Jordaan trek+ en in die land woon wat Jehovah julle God as ’n besitting aan julle gee,+ en hy sal julle beslis rus gee van al julle vyande rondom, en julle sal inderdaad in veiligheid woon.+ 11  En na die plek+ wat Jehovah julle God sal uitkies om sy naam daar te laat woon, moet julle alles bring wat ek julle beveel: julle brandoffers+ en julle offerandes, julle tiendes+ en die bydrae+ van julle hand en al julle beste gelofteoffers+ wat julle Jehovah plegtig sal belowe. 12  En julle moet vrolik wees voor Jehovah julle God,+ julle en julle seuns en julle dogters en julle slawe en julle slavinne en die Leviet wat in julle poorte is, omdat hy geen deel of erfdeel saam met julle het nie.+ 13  Let op jouself sodat jy jou brandoffers nie bring op enige ander plek wat jy sien nie.+ 14  Maar op die plek wat Jehovah in een van jou stamme sal uitkies, daar moet jy jou brandoffers bring en daar moet jy alles doen wat ek jou beveel.+ 15  “Maar wanneer jou siel dit begeer, mag jy slag,+ en jy moet vleis eet ooreenkomstig die seën van Jehovah jou God wat hy jou in al jou poorte gegee het. Die onreine+ en die reine mag dit eet, soos die gasel en soos die takbok.+ 16  Net die bloed mag julle nie eet nie.+ Op die grond moet jy dit uitgiet soos water.+ 17  Jy sal nie in jou poorte die tiendes mag eet van jou graan+ of van jou nuwe wyn of van jou olie of die eersgeborenes van jou beeste en van jou kleinvee+ of enige van jou gelofteoffers wat jy plegtig sal belowe of jou vrywillige gawes+ of die bydrae van jou hand+ nie. 18  Maar voor Jehovah jou God moet jy dit eet op die plek wat Jehovah jou God sal uitkies,+ jy en jou seun en jou dogter en jou slaaf en jou slavin en die Leviet wat in jou poorte is; en jy moet vrolik wees+ voor Jehovah jou God oor alles wat jy onderneem. 19  Let op jouself dat jy die Leviet nie aan sy lot oorlaat,+ al jou dae in jou land nie. 20  “Wanneer Jehovah jou God jou gebied uitbrei,+ net soos hy jou beloof het,+ en jy beslis sê: ‘Laat ek vleis eet’, omdat jou siel begeer om vleis te eet, mag jy, wanneer jou siel dit begeer, vleis eet.+ 21  As die plek wat Jehovah jou God sal uitkies om sy naam daar te vestig,+ ver van jou af is, dan moet jy van jou beeste of van jou kleinvee slag wat Jehovah jou gegee het, net soos ek jou beveel het, en jy moet in jou poorte eet wanneer jou siel dit begeer.+ 22  Maar soos die gasel en die takbok geëet mag word,+ so mag jy dit eet: die onreine+ en die reine mag dit saam eet. 23  Wees net vasbeslote om nie die bloed te eet nie,+ want die bloed is die siel+ en jy mag nie die siel saam met die vleis eet nie. 24  Jy mag dit nie eet nie. Jy moet dit soos water op die grond uitgiet.+ 25  Jy mag dit nie eet nie, sodat dit met jou en jou kinders ná jou goed kan gaan,+ omdat jy sal doen wat reg is in Jehovah se oë.+ 26  Net jou heilige dinge+ wat joune sal word en jou gelofteoffers+ moet jy neem, en jy moet na die plek kom wat Jehovah sal uitkies.+ 27  En jy moet jou brandoffers,+ die vleis en die bloed,+ op die altaar van Jehovah jou God bring; en die bloed van jou offerandes moet teen die altaar van Jehovah jou God uitgegiet word,+ maar die vleis mag jy eet. 28  “Gee ag, en jy moet al hierdie woorde gehoorsaam wat ek jou beveel,+ sodat dit met jou en jou kinders ná jou tot onbepaalde tyd goed kan gaan,+ omdat jy sal doen wat goed en reg is in die oë van Jehovah jou God.+ 29  “Wanneer Jehovah jou God die nasies na wie jy gaan om hulle uit hulle besitting te verdryf, voor jou uitroei,+ moet jy hulle ook uit hulle besitting verdryf en in hulle land woon.+ 30  Let op jouself sodat jy nie agter hulle aan verstrik word+ nadat hulle voor jou uit verdelg is nie, en sodat jy nie na hulle gode vra en sê nie: ‘Hoe het hierdie nasies hulle gode gedien? En ek, ja ek, sal net so doen.’ 31  So mag jy nie handel met Jehovah jou God nie,+ want alles wat vir Jehovah verfoeilik is, wat hy haat, het hulle vir hulle gode gedoen, want selfs hulle seuns en hulle dogters verbrand hulle gereeld met vuur vir hulle gode.+ 32  Elke woord wat ek julle beveel, moet julle sorgvuldig uitvoer.+ Julle mag niks daarby voeg of daarvan wegneem nie.+

Voetnote