Deuteronomium 15:1-23

15  “Aan die einde van elke sewe jaar moet jy ’n kwytskelding laat plaasvind.  En die kwytskelding moet só geskied:+ elke skuldeiser moet die skuld kwytskeld wat hy sy naaste laat aangaan. Hy moenie by sy naaste of sy broer op betaling aandring nie,+ want ’n kwytskelding voor Jehovah moet uitgeroep word.+  By die uitlander+ mag jy op betaling aandring; maar wat daar ook al van jou by jou broer is, moet jou hand kwytskeld.  Niemand onder jou moet egter arm word nie, want Jehovah sal jou vir seker seën+ in die land wat Jehovah jou God jou as ’n erfdeel gee om dit in besit te neem,+  as jy net vir seker na die stem van Jehovah jou God luister om hierdie hele gebod wat ek jou vandag beveel, sorgvuldig uit te voer.+  Want Jehovah jou God sal jou inderdaad seën net soos hy jou beloof het, en jy sal beslis aan baie nasies op pand leen,+ terwyl jy self van niemand sal leen nie; en jy sal oor baie nasies heers, terwyl hulle nie oor jou sal heers nie.+  “As een van jou broers onder jou arm word in een van jou stede, in jou land wat Jehovah jou God aan jou gee, moet jy nie jou hart verhard of jou hand toehou vir jou arm broer nie.+  Want jy moet jou hand met vrygewigheid vir hom oopmaak+ en vir seker soveel as wat hy nodig het, waaraan dit hom ontbreek, op pand aan hom leen.  Let op jouself dat daar nie ’n onedele woord in jou hart opkom+ nie deurdat jy sê: ‘Die sewende jaar, die jaar van die kwytskelding, het naby gekom’,+ en jou oog inderdaad onvrygewig teenoor jou arm broer word,+ en jy hom niks gee nie, en hy teen jou tot Jehovah moet roep,+ en dit vir jou ’n sonde geword het.+ 10  Jy moet vir seker aan hom gee,+ en jou hart moenie suinig wees wanneer jy aan hom gee nie, want Jehovah jou God sal jou hiervoor seën in al jou werk en in alles wat jy onderneem.+ 11  Want die arme sal nooit in die land ontbreek nie.+ Daarom beveel ek jou deur te sê: ‘Jy moet jou hand met vrygewigheid oopmaak vir jou geteisterde en arm broer in jou land.’+ 12  “As jou broer, ’n Hebreeuse man of ’n Hebreeuse vrou, aan jou verkoop word,+ en hy jou ses jaar gedien het, dan moet jy hom in die sewende jaar as ’n vrygelatene van jou wegstuur.+ 13  En as jy hom as ’n vrygelatene van jou wegstuur, mag jy hom nie met leë hande wegstuur nie.+ 14  Jy moet hom gewis iets van jou kleinvee en jou dorsvloer en jou olie- en wynpers gee. Na die mate waarin Jehovah jou God jou geseën het, moet jy aan hom gee.+ 15  En jy moet onthou dat jy ’n slaaf in Egipteland geword het en dat Jehovah jou God jou verlos het.+ Daarom gee ek jou vandag hierdie bevel. 16  “En as hy vir jou sê: ‘Ek sal nie van u af weggaan nie!’ omdat hy jou en jou huisgesin liefhet, aangesien dit met hom goed gegaan het by jou,+ 17  dan moet jy ’n els neem en dit deur sy oor en in die deur steek, en hy sal tot onbepaalde tyd jou slaaf word.+ En met jou slavin moet jy ook so doen. 18  Dit moenie iets moeiliks in jou oë wees wanneer jy hom as ’n vrygelatene van jou af wegstuur nie;+ want vir dubbel die waarde van ’n loonarbeider+ het hy jou ses jaar gedien, en Jehovah jou God het jou geseën in alles wat jy doen.+ 19  “Elke manlike eersgeborene wat onder jou beeste en onder jou kleinvee gebore word, moet jy aan Jehovah jou God heilig.+ Jy mag met die eersgeborene van jou bul geen werk doen nie, en ook nie die eersgeborene van jou kleinvee skeer nie.+ 20  Voor Jehovah jou God moet jy dit jaar na jaar eet op die plek wat Jehovah sal uitkies,+ jy en jou huisgesin. 21  En as daar ’n gebrek aan is, as dit kreupel of blind is, enige slegte gebrek, mag jy dit nie aan Jehovah jou God offer nie.+ 22  In jou poorte moet jy dit eet, die onreine en die reine saam,+ soos die gasel en soos die takbok.+ 23  Net sy bloed mag jy nie eet nie.+ Op die grond moet jy dit uitgiet soos water.+

Voetnote