Deuteronomium 19:1-21

19  “Wanneer Jehovah jou God die nasies uitroei+ wie se land Jehovah jou God aan jou gee, en jy hulle uit hulle besitting verdryf het en in hulle stede en hulle huise gaan woon het,+  moet jy vir jou drie stede afsonder in jou land wat Jehovah jou God aan jou gee om dit in besit te neem.+  Jy moet vir jou die pad gereedmaak, en jy moet die gebied van jou land wat Jehovah jou God as ’n besitting aan jou gegee het, in drie dele verdeel, en dit moet wees sodat enigeen wat iemand doodgemaak het, daarheen kan vlug.+  “En dít is die saak van hom wat iemand doodgemaak het wat daarheen vlug en moet bly lewe: Wanneer hy sy medemens doodslaan sonder om dit te weet en hy hom nie voorheen gehaat het nie;+  of wanneer hy saam met sy medemens in die bos ingaan om hout bymekaar te maak en sy hand gelig is om die byl te swaai om die boom af te kap, en die yster van die houtsteel afgeglip het+ en dit sy medemens getref en hy gesterf het, moet hy na een van hierdie stede vlug en bly lewe.+  Anders kan die bloedwreker,+ omdat sy hart vol woede is, hom wat iemand doodgemaak het, agternasit en hom inhaal, aangesien die pad lank is; en hy kan sy siel inderdaad doodslaan, terwyl daar geen doodsvonnis+ vir hom is nie, omdat hy hom nie voorheen gehaat het nie.  Daarom beveel ek jou en sê: ‘Drie stede moet jy vir jou afsonder.’+  “En as Jehovah jou God jou gebied uitbrei volgens wat hy vir jou voorvaders gesweer het,+ en hy jou die hele land gegee het wat hy beloof het om aan jou voorvaders te gee+  omdat jy hierdie hele gebod sal onderhou wat ek jou vandag beveel deur dit uit te voer, om Jehovah jou God lief te hê en altyd in sy weë te wandel+—dan moet jy vir jou drie ander stede by hierdie drie voeg,+ 10  sodat geen onskuldige bloed+ vergiet word in jou land wat Jehovah jou God jou as ’n erfdeel gee en geen bloedskuld op jou kom nie.+ 11  “Maar as ’n man sy medemens haat,+ en hy hom voorgelê en teen hom opgestaan en sy siel noodlottig getref het en hy gesterf het,+ en die man na een van hierdie stede gevlug het, 12  dan moet die ouer manne van sy stad stuur en hom daarvandaan laat haal, en hulle moet hom in die hand van die bloedwreker oorlewer, en hy moet sterf.+ 13  Jou oog mag nie vir hom jammer voel nie,+ en jy moet die skuld weens onskuldige bloed uit Israel wegruim,+ sodat dit met jou goed kan gaan. 14  “Jy mag die grensbakens van jou medemens nie verskuif+ wanneer die voorouers die grense vasgestel het in jou erfdeel wat jy sal beërf in die land wat Jehovah jou God aan jou gee om dit in besit te neem nie. 15  “’n Enkele getuie mag nie teen ’n man opstaan ten opsigte van enige oortreding of enige sonde,+ in die geval van enige sonde wat hy pleeg nie. Uit die mond van twee getuies of uit die mond van drie getuies moet die saak vasstaan.+ 16  As ’n getuie wat geweld beraam, teen ’n man opstaan om ’n aanklag van opstand teen hom in te bring,+ 17  dan moet die twee manne wat die geskil het, voor Jehovah staan, voor die priesters en die regters wat in dié dae sal dien.+ 18  En die regters moet deeglik ondersoek instel,+ en as die getuie ’n valse getuie is en ’n valse aanklag teen sy broer ingebring het, 19  dan moet julle aan hom doen net soos hy beplan het om aan sy broer te doen,+ en jy moet die kwaad uit jou midde wegruim.+ 20  En dié wat oorbly, sal dit hoor en bang wees, en hulle sal nooit weer so iets slegs in jou midde doen nie.+ 21  En jou oog mag nie jammer voel nie:+ siel moet vir siel wees, oog vir oog, tand vir tand, hand vir hand, voet vir voet.+

Voetnote