Deuteronomium 2:1-37

2  “Toe het ons gedraai en weggetrek na die wildernis met die pad van die Rooi See, net soos Jehovah vir my gesê het;+ en ons het baie dae om die berg Seïr getrek.  Uiteindelik het Jehovah vir my gesê:  ‘Julle het lank genoeg om hierdie berg getrek.+ Verander van rigting na die noorde toe.  En beveel die volk en sê: “Julle trek langs die grens verby van julle broers,+ die kinders van Esau,+ wat in Seïr woon;+ en hulle sal bang wees vir julle,+ en julle moet baie versigtig wees.  Moenie die stryd met hulle aanknoop nie, want ek sal julle van hulle land nie eens die breedte van ’n voetsool gee nie; want ek het die berg Seïr aan Esau as ’n besitting gegee.+  Die voedsel wat julle van hulle vir geld koop, sal julle eet; en ook die water wat julle van hulle vir geld koop, sal julle drink.+  Want Jehovah jou God het jou in al die werk van jou hand geseën.+ Hy is deeglik bewus van jou trek deur hierdie groot wildernis. Hierdie veertig+ jaar was Jehovah jou God met jou. Jy het niks kortgekom nie.”’+  Toe het ons verder getrek, weg van ons broers, die kinders van Esau,+ wat in Seïr woon, van die pad van die Aʹraba,+ van Elat en van Eʹseon-Geʹber+ af. “Daarna het ons weggedraai en verder getrek met die pad van die wildernis van Moab.+  Jehovah het toe vir my gesê: ‘Moenie Moab lastig val of teen hulle oorlog voer nie, want ek sal jou niks van sy land as ’n besitting gee nie, omdat ek Ar+ aan die kinders van Lot+ as ’n besitting gegee het. 10  (Die Emiete+ het in vroeër tye daarin gewoon, ’n groot en talryke volk, en lank soos die Enakiete.+ 11  Wat die Refaïete+ betref, ook hulle is soos die Enakiete+ beskou, en die Moabiete het hulle Emiete genoem. 12  En die Horiete+ het in vroeër tye in Seïr gewoon, en die kinders van Esau+ het hulle uit hulle besitting verdryf en hulle voor hulle uit verdelg en in hulle plek gaan woon,+ net soos Israel moet doen met die land wat sy besitting is, wat Jehovah beslis aan hulle sal gee.) 13  Staan nou op en trek deur die Seredstroomvallei.’ Gevolglik het ons deur die Seredstroomvallei+ getrek. 14  En die dae dat ons getrek het van Kaʹdes-Barneʹa af totdat ons deur die Seredstroomvallei gegaan het, was agt-en-dertig jaar, totdat die hele geslag van die krygsmanne aan hulle einde gekom en uit die kamp verdwyn het, net soos Jehovah vir hulle gesweer het.+ 15  En ook was die hand+ van Jehovah teen hulle om hulle te verontrus en uit die kamp te verwyder, totdat hulle aan hulle einde gekom het.+ 16  “En toe al die krygsmanne heeltemal onder die volk uit weggesterf het,+ 17  het Jehovah verder met my gepraat en gesê: 18  ‘Jy trek vandag verby die gebied van Moab, dit wil sê Ar,+ 19  en jy sal vlak voor die kinders van Ammon kom. Moenie hulle lastig val of die stryd met hulle aanknoop nie, want ek sal jou niks van die land van die kinders van Ammon as ’n besitting gee nie, omdat ek dit aan die kinders van Lot as ’n besitting gegee het.+ 20  Dit is ook voorheen as die land van die Refaïete+ beskou. (Die Refaïete het in vroeër tye daarin gewoon, en die Ammoniete het hulle Samsummiete genoem. 21  Hulle was ’n groot en talryke volk, en lank soos die Enakiete;+ en Jehovah het hulle voor hulle uit verdelg,+ sodat hulle hulle uit hulle besitting kon verdryf en in hulle plek kon woon; 22  net soos hy vir die kinders van Esau gedoen het, wat in Seïr woon,+ toe hy die Horiete+ voor hulle uit verdelg het, sodat hulle dié uit hulle besitting kon verdryf en in hulle plek kon woon tot vandag toe. 23  Wat die Awwiete+ betref, wat in nedersettings tot by Gasa+ gewoon het, die Kaftoriete,+ wat uit Kaftor+ gekom het, het hulle verdelg, sodat hulle in hulle plek kon woon.) 24  “‘STAAN OP, trek weg en trek deur die Arnonstroomvallei.+ Kyk, ek het Sihon,+ die koning van Hesbon, die Amoriet, in jou hand gegee. Begin dus sy land in besit neem en voer oorlog teen hom. 25  Vandag sal ek die skrik vir jou en die vrees vir jou op die volke onder die hele hemel begin lê, wat die berig oor jou sal hoor; en hulle sal inderdaad weens jou in beroering wees en pyne hê soos dié by ’n geboorte.’+ 26  “Toe het ek boodskappers uit die wildernis Kedeʹmot+ gestuur na Sihon,+ die koning van Hesbon, met woorde van vrede,+ om te sê: 27  ‘Laat my deur u land trek. Ek sal net met die pad langs gaan. Ek sal nie regs of links uitdraai nie.+ 28  Die voedsel wat u aan my vir geld sal verkoop, sal ek eet; en die water wat u aan my vir geld sal gee, sal ek drink. Laat my net te voet deurtrek,+ 29  net soos die kinders van Esau wat in Seïr woon+ en die Moabiete+ wat in Ar woon, met my gedoen het, totdat ek deur die Jordaan trek na die land wat Jehovah ons God aan ons gee.’+ 30  En Sihon, die koning van Hesbon, het ons nie by hom laat deurtrek nie, want Jehovah jou God het sy gees onversetlik laat word+ en sy hart laat verhard, ten einde hom in jou hand te gee, net soos vandag.+ 31  “Hierop het Jehovah vir my gesê: ‘Kyk, ek het Sihon en sy land aan jou begin oorlewer. Begin sy land in besit neem.’+ 32  Toe Sihon uittrek, hy en al sy manskappe, om ons by Jahas in die geveg te ontmoet,+ 33  het Jehovah ons God hom aan ons oorgelewer,+ sodat ons hom en sy seuns en al sy manskappe verslaan het.+ 34  En ons het in dié tyd al sy stede ingeneem en elke stad aan vernietiging oorgegee,+ manne en vroue en kindertjies. Ons het geen oorlewende laat oorbly nie. 35  Net die mak diere het ons as roofgoed vir ons geneem, saam met die buit van die stede wat ons ingeneem het.+ 36  Van Aʹroër+ af, wat aan die oewer van die Arnonstroomvallei lê, en die stad wat in die stroomvallei lê, tot by Giʹlead was daar geen stad wat vir ons te hoog was nie.+ Jehovah ons God het hulle almal aan ons oorgelewer. 37  Jy het net nie naby die land van die kinders van Ammon,+ die hele oewer van die Jabbokstroomvallei,+ gekom nie, en ook nie naby die stede van die bergstreek of enigiets waaroor Jehovah ons God bevel gegee het nie.

Voetnote