Deuteronomium 20:1-20

20  “As jy na die oorlog uittrek teen jou vyande en jy perde en strydwaens sien,+ ’n volk wat talryker is as jy, moet jy nie vir hulle bang wees nie; want Jehovah jou God, wat jou uit Egipteland laat optrek het,+ is met jou.+  En wanneer julle naby die geveg kom, dan moet die priester nader kom en met die volk praat.+  En hy moet vir hulle sê: ‘Hoor, o Israel, julle trek vandag nader om teen julle vyande te veg. Laat julle hart nie vreesagtig wees nie.+ Moenie bang wees en paniekbevange vlug of sidder vir hulle nie,+  want Jehovah julle God trek saam met julle om vir julle teen julle vyande te veg, om julle te red.’+  “Ook die beamptes+ moet met die volk praat en sê: ‘Wie is die man wat ’n nuwe huis gebou het en dit nie ingewy het nie? Laat hom gaan en na sy huis terugkeer, sodat hy nie in die geveg sterf en ’n ander man dit inwy nie.+  En wie is die man wat ’n wingerd geplant het en dit nog nie in gebruik geneem het nie? Laat hom gaan en na sy huis terugkeer, sodat hy nie in die geveg sterf en ’n ander man dit in gebruik neem nie.+  En wie is die man wat aan ’n vrou verloof geraak het en haar nie geneem het nie? Laat hom gaan en na sy huis terugkeer,+ sodat hy nie in die geveg sterf en ’n ander man haar neem nie.’  En die beamptes moet verder met die volk praat en sê: ‘Wie is die man wat bevrees en flouhartig is?+ Laat hom gaan en na sy huis terugkeer, sodat hy die hart van sy broers nie laat smelt soos sy eie hart nie.’+  En wanneer die beamptes klaar met die volk gepraat het, moet hulle ook leërhoofde aan die hoof van die volk aanstel. 10  “As jy naby ’n stad kom om daarteen te veg, dan moet jy vredesvoorwaardes daaraan bekend maak.+ 11  En as dit jou ’n vreedsame antwoord gee en vir jou oopgemaak het, moet die hele volk wat daarin gevind word, joune word vir dwangarbeid, en hulle moet jou dien.+ 12  Maar as dit nie vrede met jou sluit nie+ en teen jou oorlog voer en jy dit moet beleër, 13  dan sal Jehovah jou God dit beslis in jou hand gee, en jy moet elke man daarin met die skerpte van die swaard slaan.+ 14  Maar die vroue en die kindertjies+ en die mak diere+ en alles wat in die stad is, al sy buit, moet jy vir jou plunder;+ en jy moet die buit eet van jou vyande, wat Jehovah jou God aan jou gegee het.+ 15  “So moet jy doen met al die stede wat baie ver van jou af is, wat nie van die stede van hierdie nasies is nie. 16  Maar van die stede van hierdie volke wat Jehovah jou God jou as ’n erfdeel gee, mag jy niks wat asemhaal, laat lewe nie,+ 17  want jy moet hulle vir seker aan vernietiging oorgee, die Hetiete en die Amoriete, die Kanaäniete en die Perissiete, die Hewiete en die Jebusiete,+ net soos Jehovah jou God jou beveel het; 18  sodat hulle julle nie leer om te handel volgens al hulle verfoeilike dinge, wat hulle vir hulle gode gedoen het, en julle inderdaad teen Jehovah julle God sondig nie.+ 19  “As jy ’n stad baie dae lank beleër deur daarteen te veg om dit in te neem, mag jy sy bome nie verwoes deur ’n byl daarteen te swaai nie; want jy moet daarvan eet, en jy mag dit nie afkap nie,+ want is die boom van die veld ’n mens, dat dit deur jou beleër moet word? 20  Net ’n boom wat jy weet nie ’n boom vir voedsel is nie, dié moet jy verwoes, en jy moet dit afkap en beleëringswerke+ teen die stad bou wat teen jou oorlog voer, totdat dit val.

Voetnote