Deuteronomium 22:1-30

22  “Jy mag nie die bul van jou broer of sy skaap sien ronddwaal en jou opsetlik daarvan wegdraai nie.+ Jy moet hulle vir seker na jou broer teruglei.+  En as jou broer nie naby jou is nie en jy hom nie ken nie, dan moet jy dit huis toe bring, in jou huis in, en dit moet by jou bly totdat jou broer daarna gesoek het. En jy moet dit vir hom teruggee.+  So moet jy ook doen met sy esel, en so moet jy doen met sy mantel, en so moet jy doen met enigiets van jou broer wat weg is, wat van hom wegraak en wat jy gevind het. Jy sal jou nie daarvan mag wegdraai nie.  “Jy mag nie die esel van jou broer of sy bul op die pad sien val en jou opsetlik daarvan wegdraai nie. Jy moet hom vir seker help om hulle op te rig.+  “Die klere van ’n man mag nie vir ’n vrou aangetrek word nie, en ook mag ’n man nie die mantel van ’n vrou dra nie;+ want enigiemand wat hierdie dinge doen, is vir Jehovah jou God verfoeilik.  “As jy op pad op ’n voëlnes met kleintjies of eiers afkom, in ’n boom of op die grond, en die moeder op die kleintjies+ of die eiers sit, mag jy die moeder nie saam met die kleintjies neem nie.+  Jy moet die moeder vir seker wegstuur, maar jy mag die kleintjies vir jou neem; sodat dit met jou goed kan gaan en jy jou dae inderdaad kan verleng.+  “As jy ’n nuwe huis bou, moet jy ook ’n muurtjie om jou dak bou,+ sodat jy nie bloedskuld op jou huis bring nie, want iemand wat val, kan daarvan afval.  “Jy mag jou wingerd nie met twee soorte saad besaai nie,+ sodat die volle opbrengs van die saad wat jy saai en die vrug van die wingerd nie ten gunste van die heiligdom verbeur word nie. 10  “Jy mag nie met ’n bul en ’n esel saam ploeg nie.+ 11  “Jy mag nie iets van gemengde stof, wol en linne saam, dra nie.+ 12  “Jy moet vir jou tossels maak aan die vier hoeke van jou klere waarmee jy jou bedek.+ 13  “As ’n man ’n vrou neem en met haar gemeenskap het en haar dan haat,+ 14  en hy haar van berugte dade beskuldig het en ’n slegte naam+ oor haar gebring en gesê het: ‘Hierdie vrou het ek geneem, en ek het naby haar gekom, en ek het geen bewys van maagdelikheid aan haar gevind nie’,+ 15  dan moet die vader van die meisie en haar moeder die bewys van die meisie se maagdelikheid neem en dit na die ouer manne van die stad by die poort uitbring;+ 16  en die meisie se vader moet vir die ouer manne sê: ‘Ek het my dogter aan hierdie man as vrou gegee, en hy het haar gehaat.+ 17  En kyk, hy beskuldig haar van berugte dade+ en sê: “Ek het gevind dat jou dogter geen bewys van maagdelikheid het nie.”+ Hier is dan nou die bewys van my dogter se maagdelikheid.’ En hulle moet die mantel voor die ouer manne van die stad uitsprei. 18  En die ouer manne+ van dié stad moet die man neem en hom dissiplineer.+ 19  En hulle moet hom met honderd silwersikkels beboet en dit aan die meisie se vader gee, omdat hy ’n slegte naam oor ’n maagd van Israel gebring het;+ en sy sal sy vrou bly. Hy sal haar gedurende al sy dae nie mag skei nie. 20  “As hierdie saak egter waar is en geen bewys van maagdelikheid aan die meisie gevind is nie,+ 21  dan moet hulle die meisie uitbring na die ingang van haar vader se huis, en die manne van haar stad moet haar met klippe gooi, en sy moet sterf, omdat sy ’n skandelike dwaasheid+ in Israel begaan het deur in die huis van haar vader prostitusie te pleeg.+ So moet jy die kwaad uit jou midde wegruim.+ 22  “As ’n man betrap word terwyl hy by ’n vrou lê wat aan ’n eienaar behoort,+ dan moet hulle twee saam sterf, die man wat by die vrou gelê het, en die vrou.+ So moet jy die kwaad uit Israel wegruim.+ 23  “As ’n meisie, ’n maagd, aan ’n man verloof is,+ en ’n man het haar in die stad gevind en by haar gaan lê,+ 24  dan moet julle hulle twee na die poort van dié stad uitbring en hulle met klippe gooi, en hulle moet sterf, die meisie omdat sy nie in die stad geskreeu het nie, en die man omdat hy die vrou van sy medemens verneder het.+ So moet jy die kwaad uit jou midde wegruim.+ 25  “As die man die verloofde meisie egter in die veld gevind het, en die man het haar gegryp en by haar gaan lê, dan moet die man wat by haar gaan lê het, alleen sterf, 26  en aan die meisie mag jy niks doen nie. Die meisie het geen sonde wat die dood verdien nie, want net soos wanneer ’n man teen sy medemens opstaan en hom inderdaad vermoor,+ ja, ’n siel, so is hierdie geval. 27  Want hy het haar in die veld gevind. Die verloofde meisie het geskreeu, maar daar was niemand om haar te red nie. 28  “As ’n man ’n meisie vind, ’n maagd wat nie verloof is nie, en hy haar gryp en by haar gaan lê,+ en hulle is betrap,+ 29  dan moet die man wat by haar gaan lê het, die meisie se vader vyftig silwersikkels gee,+ en sy moet sy vrou word omdat hy haar verneder het. Hy sal haar gedurende al sy dae nie mag skei nie.+ 30  “Geen man mag sy vader se vrou neem nie, sodat hy nie die slip van sy vader oplig nie.+

Voetnote