Deuteronomium 23:1-25

23  “Geen man wat gekastreer is+ deurdat die testikels verbrysel is+ of van wie die manlike lid afgesny is, mag in die gemeente van Jehovah kom nie.  “Geen buite-egtelike+ seun mag in die gemeente van Jehovah kom nie. Selfs tot die tiende geslag mag niemand van hom in die gemeente van Jehovah kom nie.  “Geen Ammoniet of Moabiet mag in die gemeente van Jehovah kom nie.+ Selfs tot die tiende geslag mag niemand van hulle tot onbepaalde tyd in die gemeente van Jehovah kom nie,  omdat hulle julle nie op die pad met brood en water te hulp gekom het+ toe julle uit Egipte uitgetrek het nie,+ en omdat hulle Biʹleam, die seun van Beor, uit Petor in Mesopotaʹmië, teen jou gehuur het om ’n vloek oor jou uit te spreek.+  En Jehovah jou God wou nie na Biʹleam luister nie;+ maar Jehovah jou God het vir jou die vloek in ’n seën verander,+ omdat Jehovah jou God jou liefgehad het.+  Jy mag jou gedurende al jou dae, tot onbepaalde tyd, nie vir hulle vrede en hulle voorspoed beywer nie.+  “Jy mag ’n Edomiet nie verfoei nie, want hy is jou broer.+ “Jy mag ’n Egiptenaar nie verfoei nie, want jy het ’n inwonende vreemdeling in sy land geword.+  Die kinders wat vir hulle as die derde geslag gebore word, hulle mag in die gemeente van Jehovah kom.  “As jy uittrek om teen jou vyande kamp op te slaan, dan moet jy jou van elke slegte ding onthou.+ 10  As daar ’n man by jou is wat weens ’n verontreiniging wat in die nag plaasvind, nie rein bly nie,+ dan moet hy uit die kamp uitgaan. Hy mag nie in die kamp inkom nie.+ 11  En wanneer dit aand word, moet hy hom met water was, en met sonsondergang mag hy in die kamp inkom.+ 12  En ’n privaat plek moet buite die kamp vir jou beskikbaar wees, en daarheen moet jy uitgaan. 13  En ’n pen moet by jou gereedskap vir jou beskikbaar wees, en wanneer jy buite hurk, moet jy daarmee ’n gat grawe en omdraai en jou ontlasting bedek.+ 14  Want Jehovah jou God wandel in jou kamp om jou te verlos+ en om jou vyande aan jou oor te lewer;+ en jou kamp moet heilig wees,+ sodat hy niks onwelvoegliks by jou sien en hom beslis daarvan afwend om jou te vergesel nie.+ 15  “Jy mag ’n slaaf wat van sy heer na jou toe vlug, nie aan sy heer uitlewer nie.+ 16  Hy moet by jou bly, in jou midde, in die plek wat hy in een van jou stede uitkies,+ waar hy ook al wil. Jy mag hom nie sleg behandel nie.+ 17  “Geeneen van die dogters van Israel mag ’n tempelprostituut word nie,+ en ook mag geeneen van die seuns van Israel ’n tempelprostituut word nie.+ 18  Jy mag geen hoereloon+ of hondeprys+ in die huis van Jehovah jou God bring vir enige gelofte nie, want albei is vir Jehovah jou God iets verfoeiliks. 19  “Jy mag jou broer geen rente laat betaal nie,+ rente op geld, rente op voedsel,+ rente op enigiets waarop ’n mens rente kan vra nie. 20  Jy mag ’n uitlander+ rente laat betaal, maar jou broer mag jy nie rente laat betaal nie;+ sodat Jehovah jou God jou kan seën in alles wat jy onderneem in die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem.+ 21  “As jy aan Jehovah jou God ’n gelofte doen,+ moet jy nie traag wees om dit te betaal nie,+ want Jehovah jou God sal dit vir seker van jou eis, en dit sal inderdaad ’n sonde vir jou word.+ 22  Maar as jy nalaat om ’n gelofte te doen, sal dit nie ’n sonde vir jou word nie.+ 23  Die woord van jou lippe moet jy nakom,+ en jy moet doen net soos jy Jehovah jou God plegtig belowe het as ’n vrywillige gawe waarvan jy met jou mond gepraat het.+ 24  “As jy in die wingerd van jou medemens kom, mag jy net genoeg druiwe eet om jou siel te versadig, maar jy mag niks in jou houer sit nie.+ 25  “As jy in die ongesnyde graan van jou medemens kom, mag jy net die ryp are met jou hand afpluk, maar die sekel mag jy nie heen en weer swaai in die ongesnyde graan van jou medemens nie.+

Voetnote