Deuteronomium 24:1-22

24  “As ’n man ’n vrou neem en haar as sy eggenote in besit neem, dan moet hy, as sy geen guns in sy oë vind nie omdat hy iets onwelvoegliks aan haar gevind het,+ vir haar ’n skeibrief+ uitskryf en dit in haar hand sit en haar uit sy huis wegstuur.+  En sy moet sy huis verlaat en gaan en ’n ander man s’n word.+  As laasgenoemde man haar begin haat het en vir haar ’n skeibrief uitgeskryf het en dit in haar hand gesit en haar uit sy huis weggestuur het, of as laasgenoemde man sterf wat haar as vrou geneem het,  sal haar eerste eienaar wat haar weggestuur het, haar nie weer mag terugneem om sy vrou te word nadat sy verontreinig is nie;+ want dit is iets verfoeiliks voor Jehovah, en jy mag die land wat Jehovah jou God jou as ’n erfenis gee, nie laat sondig nie.  “As ’n man ’n nuwe vrou neem,+ moet hy nie in die leër uittrek nie, en ook moet hy niks anders opgelê word nie. Hy moet een jaar lank vrygestel by sy huis bly, en hy moet aan sy vrou wat hy geneem het, vreugde verskaf.+  “Niemand mag ’n handmeul of die boonste maalklip daarvan as pand neem nie,+ want dan neem hy ’n siel as pand.  “As ’n man betrap word dat hy ’n siel uit sy broers, uit die kinders van Israel, ontvoer,+ en hy hom op tirannieke wyse behandel het en hom verkoop het,+ dan moet dié ontvoerder sterf. En jy moet die kwaad uit jou midde wegruim.+  “Jy moet by die plaag van melaatsheid+ daarop let dat jy baie noukeurig handel volgens alles waarin die priesters, die Leviete, julle sal onderrig.+ Net soos ek hulle beveel het, moet julle sorgvuldig+ doen.  Onthou wat Jehovah jou God op die pad by julle uittog uit Egipte aan Mirjam gedoen het.+ 10  “As jy aan jou medemens enigiets leen,+ mag jy nie in sy huis ingaan om van hom weg te neem wat hy verpand het nie.+ 11  Jy moet buite bly staan, en die man aan wie jy leen, moet die pand vir jou buitentoe bring. 12  En as die man in die moeilikheid is, mag jy nie met sy pand bed toe gaan nie.+ 13  Jy moet die pand vir seker vir hom teruggee sodra die son ondergaan,+ en hy moet in sy kleed bed toe gaan,+ en hy sal jou seën;+ en dit sal vir jou regverdigheid voor Jehovah jou God beteken.+ 14  “Jy mag ’n loonarbeider wat in die moeilikheid en arm is, nie te kort doen nie, of hy nou uit jou broers of uit jou inwonende vreemdelinge is wat in jou land in jou poorte is.+ 15  Op sy dag moet jy hom sy loon gee,+ en die son mag nie daaroor ondergaan nie, want hy is in die moeilikheid en hef sy siel op na sy loon; sodat hy nie teen jou tot Jehovah roep+ en dit vir jou sonde word nie.+ 16  “Vaders mag nie vir kinders doodgemaak word nie, en kinders mag nie vir vaders doodgemaak word nie.+ Elkeen moet vir sy eie sonde doodgemaak word.+ 17  “Jy mag die reg van die inwonende vreemdeling+ of van die vaderlose seun nie verdraai nie,+ en jy mag die kleed van ’n weduwee nie as pand neem nie.+ 18  En jy moet onthou dat jy ’n slaaf in Egipte geword het en dat Jehovah jou God jou daaruit verlos het.+ Daarom beveel ek jou om hierdie saak te doen. 19  “As jy jou oes op jou land insamel+ en jy ’n gerf op die land vergeet het, mag jy nie teruggaan om dit te gaan haal nie. Dit moet daar bly vir die inwonende vreemdeling, vir die vaderlose seun en vir die weduwee;+ sodat Jehovah jou God jou in al die werk van jou hand kan seën.+ 20  “As jy die vrugte van jou olyfboom afslaan, mag jy nie agterna die takke weer deursoek nie. Dit moet daar bly vir die inwonende vreemdeling, vir die vaderlose seun en vir die weduwee.+ 21  “As jy die druiwe van jou wingerd insamel, mag jy nie agterna die oorblyfsels insamel nie. Dit moet daar bly vir die inwonende vreemdeling, vir die vaderlose seun en vir die weduwee. 22  En jy moet onthou dat jy ’n slaaf in Egipteland geword het.+ Daarom beveel ek jou om hierdie saak te doen.+

Voetnote