Deuteronomium 25:1-19

25  “As daar tussen manne ’n geskil ontstaan+ en hulle na die gereg gekom het,+ dan moet hulle oor hulle regspreek en die regverdige regverdig verklaar en die goddelose goddeloos verklaar.+  En as die goddelose slae verdien,+ dan moet die regter hom uitgestrek laat lê en hom voor hom ’n aantal houe laat kry+ ooreenkomstig sy goddelose daad.  Veertig houe mag hy hom gee. Hy moet niks daarby voeg nie, sodat hy hom nie met baie houe benewens dié+ aanhou slaan en jou broer in jou oë veragtelik gemaak word nie.  “Jy mag ’n bul nie muilband terwyl hy dors nie.+  “As broers bymekaar woon en een van hulle gesterf het sonder dat hy ’n seun het, moet die vrou van die dooie nie daarbuite ’n vreemde man s’n word nie. Haar swaer moet na haar toe gaan, en hy moet haar as sy vrou neem en die swaershuwelik met haar sluit.+  En op die eersgeborene wat sy sal baar, moet die naam van sy dooie broer oorgaan,+ sodat sy naam nie uit Israel uitgewis word nie.+  “En as die man geen behae daarin skep om sy broer se weduwee te neem nie, dan moet sy broer se weduwee na die poort opgaan na die ouer manne+ toe en sê: ‘My man se broer het geweier om sy broer se naam in Israel in stand te hou. Hy wou nie die swaershuwelik met my sluit nie.’  En die ouer manne van sy stad moet hom roep en met hom praat, en hy moet staan en sê: ‘Ek het geen behae daarin geskep om haar te neem nie.’+  Daarop moet sy broer se weduwee voor die oë van die ouer manne nader kom na hom toe en sy sandaal van sy voet aftrek+ en in sy gesig spoeg+ en antwoord en sê: ‘So moet gedoen word met die man wat sy broer se huis nie sal opbou nie.’+ 10  En sy naam moet in Israel genoem word: ‘Die huis van die een wie se sandaal uitgetrek is.’ 11  “As manne met mekaar veg, en die vrou van die een het nader gekom om haar man te verlos uit die hand van die een wat hom slaan, en sy het haar hand uitgesteek en hom aan sy geslagsdele gegryp,+ 12  dan moet jy haar hand afsny. Jou oog mag nie jammer voel nie.+ 13  “Jy mag nie twee soorte gewigte, ’n grote en ’n kleintjie, in jou sak hê nie.+ 14  Jy mag nie twee soorte efas, ’n grote en ’n kleintjie, in jou huis hê nie.+ 15  Jy moet altyd ’n akkurate en regte gewig hê. Jy moet altyd ’n akkurate en regte efa hê, sodat jou dae verleng mag word in die land wat Jehovah jou God aan jou gee.+ 16  Want elkeen wat hierdie dinge doen, elkeen wat onreg doen, is vir Jehovah jou God verfoeilik.+ 17  “Onthou wat Aʹmalek op die pad by julle uittog uit Egipte aan jou gedoen het,+ 18  hoe hy op die pad by jou gekom en op jou agterhoede toegeslaan het, op almal wat agter jou aangesukkel het, terwyl jy uitgeput en afgemat was; en hy het God nie gevrees nie.+ 19  En wanneer Jehovah jou God jou rus gegee het van al jou vyande rondom in die land wat Jehovah jou God jou as ’n erfdeel gee om dit in besit te neem,+ moet jy die vermelding van Aʹmalek onder die hemel uitwis.+ Jy mag dit nie vergeet nie.

Voetnote