Deuteronomium 26:1-19

26  “En wanneer jy uiteindelik die land ingaan wat Jehovah jou God jou as ’n erfdeel gee, en jy dit in besit geneem en daarin gewoon het,+  dan moet jy van die eerstelinge+ van al die vrugte van die grond neem, wat jy sal inbring uit jou land wat Jehovah jou God aan jou gee, en jy moet dit in ’n mandjie sit en na die plek gaan wat Jehovah jou God sal uitkies om sy naam daar te laat woon.+  En jy moet na die priester kom+ wat in dié dae sal dien en vir hom sê: ‘Ek moet vandag aan Jehovah u God verklaar dat ek in die land gekom het wat Jehovah aan ons voorvaders met ’n eed beloof het om aan ons te gee.’+  “En die priester moet die mandjie uit jou hand neem en dit voor die altaar van Jehovah jou God neersit.  En jy moet antwoord en voor Jehovah jou God sê: ‘My vader was ’n Siriër wat op die punt was om om te kom;+ en hy het na Egipte afgetrek+ en daar met baie min mense+ as ’n vreemdeling gewoon; maar daar het hy ’n groot, magtige en talryke nasie geword.+  En die Egiptenaars het ons sleg behandel en ons verdruk en ons harde slawearbeid opgelê.+  En ons het tot Jehovah, die God van ons voorvaders,+ begin roep, en Jehovah het ons stem gehoor+ en ons ellende en ons moeite en ons onderdrukking gesien.+  Uiteindelik het Jehovah ons met ’n sterk hand+ en ’n uitgestrekte arm+ en met groot vreeswekkendheid+ en met tekens en wonderwerke+ uit Egipte uitgelei.  Toe het hy ons na hierdie plek gebring en ons hierdie land gegee, ’n land wat oorloop van melk en heuning.+ 10  Hier het ek dan nou die eerstelinge gebring van die vrugte van die grond wat Jehovah my gegee het.’+ “Dan moet jy dit voor Jehovah jou God neersit en jou voor Jehovah jou God neerbuig.+ 11  En jy moet jou verbly+ oor al die goeie wat Jehovah jou God jou en jou huisgesin gegee het, jy en die Leviet en die inwonende vreemdeling wat in jou midde is.+ 12  “Wanneer jy in die derde jaar,+ die jaar van die tiendes, die hele tiende van jou opbrengs klaar opsygesit het,+ dan moet jy dit aan die Leviet, die inwonende vreemdeling, die vaderlose seun en die weduwee gee, en hulle moet dit in jou poorte eet en versadig word.+ 13  En jy moet voor Jehovah jou God sê: ‘Ek het wat heilig is, uit die huis verwyder en dit ook aan die Leviet en die inwonende vreemdeling, die vaderlose seun en die weduwee gegee,+ volgens u hele gebod wat u my beveel het. Ek het u gebooie nie oortree of vergeet nie.+ 14  Ek het nie tydens my rou daarvan geëet nie, en ook het ek niks daarvan weggebring terwyl ek onrein was nie, en ook het ek niks daarvan vir ’n dooie gegee nie. Ek het na die stem van Jehovah my God geluister. Ek het gedoen volgens alles wat u my beveel het. 15  Kyk tog af uit u heilige woonplek,+ die hemel, en seën u volk Israel+ en die land wat u aan ons gegee het, net soos u vir ons voorvaders gesweer het,+ die land wat oorloop van melk en heuning.’+ 16  “Vandag beveel Jehovah jou God jou om hierdie voorskrifte en regterlike beslissings uit te voer;+ en jy moet dit onderhou en uitvoer met jou hele hart+ en jou hele siel.+ 17  Jy het Jehovah vandag laat sê dat hy jou God sal word terwyl jy in sy weë wandel en sy voorskrifte+ en sy gebooie+ en sy regterlike beslissings+ onderhou en na sy stem luister.+ 18  Wat Jehovah betref, hy het jou vandag laat sê dat jy sy volk sal word, ’n spesiale eiendom,+ net soos hy jou beloof het,+ en dat jy al sy gebooie sal bewaar, 19  en dat hy jou hoog bo al die ander nasies sal stel wat hy gemaak het,+ tot lof en roem en prag, terwyl jy ’n heilige volk vir Jehovah jou God is,+ net soos hy beloof het.”

Voetnote