Deuteronomium 28:1-68

28  “En as jy vir seker na die stem van Jehovah jou God luister deur al sy gebooie sorgvuldig uit te voer wat ek jou vandag beveel,+ dan sal Jehovah jou God jou beslis hoog bo al die ander nasies van die aarde stel.+  En al hierdie seëninge sal oor jou kom en jou inhaal,+ omdat jy na die stem van Jehovah jou God bly luister:  “Geseënd sal jy wees in die stad,+ en geseënd sal jy wees in die veld.+  “Geseënd sal die vrug van jou liggaam+ en die vrugte van jou grond en die vrug van jou mak diere,+ die kalwers van jou beeste en die aanteel van jou kleinvee wees.+  “Geseënd sal jou mandjie+ en jou knieskottel wees.+  “Geseënd sal jy wees wanneer jy inkom, en geseënd sal jy wees wanneer jy uitgaan.+  “Jehovah sal maak dat jou vyande wat teen jou opstaan, voor jou verslaan word.+ Op een pad sal hulle teen jou uittrek, maar op sewe paaie sal hulle voor jou vlug.+  Jehovah sal die seën vir jou gebied oor jou voorraadskure+ en oor alles wat jy onderneem,+ en hy sal jou beslis seën in die land wat Jehovah jou God aan jou gee.  Jehovah sal jou vir hom as ’n heilige volk vestig,+ net soos hy vir jou gesweer het,+ omdat jy aanhou om die gebooie van Jehovah jou God te onderhou+ en jy in sy weë gewandel het. 10  En al die volke van die aarde sal moet sien dat Jehovah se naam oor jou uitgeroep is,+ en hulle sal inderdaad vir jou bang wees.+ 11  “Ook sal Jehovah jou inderdaad voorspoed in oorvloedige mate gee in die vrug van jou liggaam+ en die vrug van jou mak diere en die vrugte van jou grond,+ in die land wat Jehovah aan jou voorvaders met ’n eed beloof het om aan jou te gee.+ 12  Jehovah sal sy goeie skatkamer, die hemel, vir jou oopmaak om die reën op jou land op die regte tyd daarvoor te gee+ en om al die werk van jou hand te seën;+ en jy sal beslis aan baie nasies leen, terwyl jy self van niemand sal leen nie.+ 13  En Jehovah sal jou inderdaad die kop maak en nie die stert nie; en jy sal net bo wees,+ en jy sal nie onder wees nie, omdat jy die gebooie+ van Jehovah jou God bly gehoorsaam, wat ek jou vandag beveel om te bewaar en uit te voer. 14  En jy mag nie regs of links afwyk+ van al die woorde wat ek julle vandag beveel, om agter ander gode aan te loop om hulle te dien+ nie. 15  “En as jy nie na die stem van Jehovah jou God luister deur al sy gebooie en sy insettinge sorgvuldig te onderhou wat ek jou vandag beveel nie, dan sal al hierdie vloeke oor jou kom en jou inhaal:+ 16  “Vervloek sal jy wees in die stad,+ en vervloek sal jy wees in die veld.+ 17  “Vervloek sal jou mandjie+ en jou knieskottel wees.+ 18  “Vervloek sal die vrug van jou liggaam+ en die vrugte van jou grond,+ die kalwers van jou beeste en die aanteel van jou kleinvee wees.+ 19  “Vervloek sal jy wees wanneer jy inkom, en vervloek sal jy wees wanneer jy uitgaan.+ 20  “Jehovah sal die vloek,+ verwarring+ en bestrawwing oor jou stuur+ in alles wat jy onderneem en probeer uitvoer, totdat jy verdelg is en gou vergaan het, weens die slegtheid van jou handelinge omdat jy my verlaat het.+ 21  Jehovah sal maak dat die pes jou aankleef totdat hy jou uitgeroei het uit die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem.+ 22  Jehovah sal jou tref met tering+ en brandende koors en ontsteking en koorsige hitte en die swaard+ en verskroeiing+ en heuningdou,+ en hulle sal jou beslis agtervolg totdat jy vergaan het. 23  Ook sal jou hemelruim wat bokant jou kop is, koper word, en die aarde wat onder jou is, yster.+ 24  Jehovah sal poeier en stof as die reën van jou land gee. Uit die hemel sal dit op jou afkom totdat jy verdelg is. 25  Jehovah sal maak dat jy voor jou vyande verslaan word.+ Op een pad sal jy teen hulle uittrek, maar op sewe paaie sal jy voor hulle vlug; en jy sal iets skrikwekkends vir al die koninkryke van die aarde word.+ 26  En jou lyk sal voedsel word vir elke voël van die hemel en vir die diere van die veld, sonder dat iemand hulle laat bewe.+ 27  “Jehovah sal jou tref met die swere van Egipte+ en met aambeie en ekseem en veluitslag, waarvan jy nie genees sal kan word nie. 28  Jehovah sal jou tref met waansin+ en blindheid+ en verwarring van hart.+ 29  En jy sal inderdaad iemand word wat op die middaguur rondtas, net soos ’n blinde in die donker rondtas,+ en jy sal jou weë nie suksesvol maak nie; en jy sal iemand word wat altyd net te kort gedoen en beroof word, sonder dat iemand jou red.+ 30  Jy sal aan ’n vrou verloof raak, maar ’n ander man sal haar verkrag.+ Jy sal ’n huis bou, maar jy sal nie daarin woon nie.+ Jy sal ’n wingerd plant, maar jy sal dit nie in gebruik neem nie.+ 31  Jou bul sal voor jou oë geslag word—maar jy sal niks daarvan eet nie. Jou esel sal voor jou aangesig weggeroof word—maar dit sal nie na jou terugkeer nie. Jou skape sal aan jou vyande gegee word—maar jy sal geen redder hê nie.+ 32  Jou seuns en jou dogters sal aan ’n ander volk gegee word,+ en jou oë sal dit sien en altyd vurig na hulle verlang—maar jou hande sal kragteloos wees.+ 33  Die vrugte van jou grond en jou hele opbrengs sal geëet word deur ’n volk wat jy nie geken het nie;+ en jy sal iemand word wat altyd net te kort gedoen en verbrysel word.+ 34  En jy sal beslis kranksinnig word wanneer jy aanskou wat jou oë sal sien.+ 35  “Jehovah sal jou tref met kwaadaardige swere aan albei knieë en albei bene, waarvan jy nie gesond sal kan word nie, van die sool van jou voet tot die kroon van jou kop.+ 36  Jehovah sal jou+ en jou koning+ wat jy oor jou sal aanstel, na ’n nasie laat gaan wat jy nie geken het nie, nie jy of jou voorvaders nie; en daar sal jy ander gode moet dien, van hout en van klip.+ 37  En jy sal ’n voorwerp van verbasing,+ ’n spreekwoord+ en ’n spot word onder al die volke waarheen Jehovah jou sal wegvoer. 38  “Jy sal baie saad na die land neem, maar jy sal min insamel,+ want die sprinkaan sal dit verslind.+ 39  Wingerde sal jy plant en beslis bewerk, maar jy sal geen wyn drink en niks insamel nie,+ want die wurm sal dit opeet.+ 40  Jy sal olyfbome in jou hele gebied hê, maar jy sal jou nie met olie invryf nie, want jou olywe sal afval.+ 41  Seuns en dogters sal jy voortbring, maar hulle sal nie joune bly nie, want hulle sal in gevangenskap gaan.+ 42  Al jou bome en die vrugte van jou grond sal gonsende insekte in besit neem. 43  Die inwonende vreemdeling wat in jou midde is, sal al hoe hoër bo jou uitstyg, en jy—jy sal al hoe laer daal.+ 44  Hy sal aan jou leen, en jy—jy sal nie aan hom leen nie.+ Hy sal die kop word, en jy—jy sal die stert word.+ 45  “En al hierdie vloeke+ sal beslis oor jou kom en jou agtervolg en jou inhaal totdat jy verdelg is,+ omdat jy nie na die stem van Jehovah jou God geluister het deur sy gebooie en sy insettinge te onderhou wat hy jou beveel het nie.+ 46  En hulle sal tot onbepaalde tyd as ’n teken en ’n voorteken op jou en jou nageslag bly,+ 47  omdat jy Jehovah jou God nie met blydskap en vreugde+ van hart gedien het weens die oorvloed van alles nie.+ 48  En jy sal jou vyande wat Jehovah teen jou sal stuur, moet dien+ in honger+ en dors en naaktheid en gebrek aan alles; en hy sal beslis ’n ysterjuk op jou nek sit totdat hy jou verdelg het.+ 49  “Jehovah sal teen jou ’n nasie verwek wat ver is,+ van die einde van die aarde af, net soos ’n arend neerskiet,+ ’n nasie wie se taal jy nie sal verstaan nie,+ 50  ’n nasie kwaai van aangesig,+ wat ’n ou man nie sal ontsien of guns aan ’n jong man sal betoon nie.+ 51  En hulle sal beslis die vrug van jou mak diere en die vrugte van jou grond eet totdat jy verdelg is,+ en hulle sal vir jou geen graan, nuwe wyn of olie, kalwers van jou beeste of aanteel van jou kleinvee laat oorbly totdat hulle jou vernietig het nie.+ 52  En hulle sal jou inderdaad in al jou poorte beleër totdat jou hoë en versterkte mure waarop jy vertrou, in jou hele land val, ja, hulle sal jou beslis beleër in al jou poorte in jou hele land wat Jehovah jou God aan jou gegee het.+ 53  Dan sal jy die vrug van jou liggaam moet eet, die vlees van jou seuns en jou dogters+ wat Jehovah jou God aan jou gegee het, weens die beklemming en benoudheid waarmee jou vyand jou sal insluit. 54  “Wat die baie delikate en verwende man onder jou betref, sy oog+ sal kwaadgesind wees teenoor sy broer en sy innig geliefde vrou en die res van sy seuns wat hy oor het, 55  sodat hy aan geeneen van hulle iets sal gee van die vlees van sy seuns wat hy sal eet nie, omdat daar vir hom hoegenaamd niks oorgebly het weens die beklemming en benoudheid waarmee jou vyand jou in al jou poorte sal insluit nie.+ 56  Wat die delikate en verwende vrou onder jou betref, wat van verwendheid en delikaatheid nooit probeer het om haar voetsool op die grond neer te sit nie,+ haar oog sal kwaadgesind wees teenoor haar innig geliefde man en haar seun en haar dogter, 57  selfs teenoor haar nageboorte wat tussen haar bene uitkom en teenoor haar kinders wat sy gebaar het,+ want sy sal hulle in die geheim eet by gebrek aan alles weens die beklemming en benoudheid waarmee jou vyand jou in al jou poorte sal insluit.+ 58  “As jy nie al die woorde van hierdie wet sorgvuldig onderhou wat in hierdie boek geskryf is,+ om hierdie glorieryke+ en vreesinboesemende+ naam, ja, Jehovah+ jou God, te vrees nie, 59  dan sal Jehovah beslis jou plae en die plae van jou nageslag buitengewoon swaar maak, groot en langdurige plae,+ en kwaadaardige en langdurige siektes.+ 60  En hy sal inderdaad al die kwale van Egipte waarvoor jy bang geword het, weer oor jou bring, en hulle sal beslis aan jou kleef.+ 61  Ook enige siekte en enige plaag wat nie in die boek van hierdie wet geskryf is nie, dié sal Jehovah oor jou bring totdat jy verdelg is. 62  En daar sal van julle inderdaad baie min mense oorbly,+ hoewel julle so talryk soos die sterre van die hemel geword het,+ omdat jy nie na die stem van Jehovah jou God geluister het nie. 63  “En net soos Jehovah hom oor julle verheug het om aan julle goed te doen en julle te vermenigvuldig,+ so sal Jehovah hom oor julle verheug om julle te vernietig en julle te verdelg;+ en julle sal eenvoudig weggeruk word uit die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem.+ 64  “En Jehovah sal jou beslis onder al die volke verstrooi, van die een einde van die aarde tot die ander einde van die aarde,+ en daar sal jy ander gode moet dien, hout en klip,+ wat jy nie geken het nie, nie jy of jou voorvaders nie. 65  En onder dié nasies sal jy geen rus hê nie,+ en ook sal daar geen rusplek vir jou voetsool wees nie; en daar sal Jehovah jou inderdaad ’n bewende hart+ en verswakkende oë+ en ’n wanhopige siel gee. 66  En jy sal beslis in die grootste lewensgevaar verkeer en nag en dag in angs verkeer, en jy sal nie van jou lewe seker wees nie.+ 67  In die oggend sal jy sê: ‘Was dit maar aand!’ en in die aand sal jy sê: ‘Was dit maar oggend!’ weens die angs van jou hart waarmee jy in angs sal verkeer en omdat jy sal aanskou wat jou oë sal sien.+ 68  En Jehovah sal jou beslis op skepe na Egipte terugbring met die pad waarvan ek vir jou gesê het: ‘Jy sal dit nooit weer sien nie’,+ en julle sal julle daar as slawe en diensmeisies aan jou vyande moet verkoop,+ maar daar sal geen koper wees nie.”

Voetnote