Deuteronomium 3:1-29

3  “Daarna het ons weggedraai en met die pad van Basan opgetrek. Hierop het Og,+ die koning van Basan, uitgetrek, hy en al sy manskappe, om ons by Edreʹï+ in die geveg te ontmoet.  Toe het Jehovah vir my gesê: ‘Moenie vir hom bang wees nie,+ want ek sal hom en sy hele volk en sy land beslis in jou hand gee; en jy moet met hom doen net soos jy gedoen het met Sihon,+ die koning van die Amoriete, wat in Hesbon gewoon het.’  Gevolglik het Jehovah ons God ook Og, die koning van Basan, en sy hele volk in ons hand gegee, en ons het hom verslaan totdat daar van hom geen oorlewende oorgebly het nie.+  En ons het in dié tyd al sy stede ingeneem. Daar was geen stad wat ons nie van hulle afgeneem het nie, sestig stede,+ die hele Argobstreek,+ die koninkryk van Og in Basan.+  Al hierdie stede was versterk met ’n hoë muur, deure en grendels, benewens ’n baie groot aantal plattelandse dorpe.  Ons het hulle egter aan vernietiging oorgegee,+ net soos ons met Sihon, die koning van Hesbon, gedoen het deur elke stad aan vernietiging oor te gee, manne, vroue en kindertjies.+  En al die mak diere en die buit van die stede het ons vir ons as roofgoed geneem.+  “En ons het in dié tyd die land uit die hand van die twee konings van die Amoriete+ geneem wat in die Jordaanstreek was, van die Arnonstroomvallei+ af tot by die berg Hermon;+  (die Sidoniërs het Hermon Sirjon+ genoem, en die Amoriete het dit Senir+ genoem), 10  al die stede van die hoogvlakte en die hele Giʹlead en die hele Basan tot by Salka+ en Edreʹï,+ die stede van die koninkryk van Og in Basan. 11  Want net Og, die koning van Basan, het oorgebly van wat oor was van die Refaïete.+ Kyk! Sy baar was ’n ysterbaar. Is dit nie in Rabba+ van die kinders van Ammon nie? Nege el is sy lengte en vier el sy breedte, volgens die el van ’n man. 12  En ons het hierdie land in dié tyd in besit geneem; van Aʹroër+ af, wat aan die Arnonstroomvallei lê, en die helfte van die bergstreek van Giʹlead en die stede daarvan het ek aan die Rubeniete en die Gadiete gegee.+ 13  En die res van Giʹlead+ en die hele Basan+ van die koninkryk van Og het ek aan die halwe stam van Manasʹse gegee. Word die hele Argobstreek+ van die hele Basan nie die land van die Refaïete+ genoem nie? 14  “Jaïr,+ die seun van Manasʹse, het die hele Argobstreek+ tot by die grens van die Gesuriete+ en die Maägatiete+ geneem, en hy het daardie dorpies van Basan na sy eie naam genoem, Hawwot-Jaïr,+ tot vandag toe. 15  En aan Magir+ het ek Giʹlead gegee.+ 16  En aan die Rubeniete+ en die Gadiete het ek van Giʹlead+ af tot by die Arnonstroomvallei gegee—die middel van die stroomvallei is ’n grens—en tot by Jabbok, die stroomvallei wat die grens van die kinders van Ammon+ vorm; 17  en die Aʹraba en die Jordaan en die aangrensende gebied, van Kinneʹret+ af tot by die see van die Aʹraba, die Soutsee,+ aan die voet van die hange van Pisga+ teen die sonsopgang. 18  “Toe het ek julle in dié tyd beveel en gesê: ‘Jehovah julle God het aan julle hierdie land gegee om dit in besit te neem. Julle moet toegerus voor julle broers, die kinders van Israel, oortrek, al die dapper manne.+ 19  Net julle vrouens en julle kindertjies en julle vee (ek weet goed dat julle baie vee het) sal in julle stede bly woon wat ek aan julle gegee het,+ 20  totdat Jehovah aan julle broers, sowel as aan julle, rus gee, en ook hulle die land in besit geneem het wat Jehovah julle God aan hulle oorkant die Jordaan gee; waarna julle moet terugkom, elkeen na sy besitting wat ek aan julle gegee het.’+ 21  “En ek het Josua+ in dié tyd beveel en gesê: ‘Jou oë sien alles wat Jehovah julle God aan hierdie twee konings gedoen het. So sal Jehovah ook doen aan al die koninkryke waarheen jy oortrek.+ 22  Julle moenie vir hulle bang wees nie, want dit is Jehovah julle God wat vir julle veg.’+ 23  “En ek het Jehovah in dié tyd om guns gesmeek en gesê: 24  ‘O Soewereine Heer Jehovah, u het begin om u kneg u grootheid+ en u sterk arm+ te laat sien, want watter god is daar in die hemel of op die aarde wat sulke werke en sulke magtige dade doen soos u?+ 25  Laat my asseblief oortrek en die goeie land sien+ wat oorkant die Jordaan lê, daardie goeie bergstreek+ en die Libanon.’+ 26  En Jehovah het weens julle grimmig teenoor my gebly+ en nie na my geluister nie; maar Jehovah het vir my gesê: ‘Dit is nou genoeg! Moet nooit weer met my oor hierdie saak praat nie. 27  Klim op na die top van Pisga+ en slaan jou oë op na die weste en noorde en suide en ooste en kyk met jou oë, want jy sal nie deur hierdie Jordaan trek nie.+ 28  En dra die bevel aan Josua oor+ en moedig hom aan en versterk hom, want hy sal voor hierdie volk uit deurtrek+ en hy sal hulle die land laat beërf wat jy sal sien.’+ 29  Al die tyd het ons in die vallei teenoor Bet-Peor+ gebly.

Voetnote