Deuteronomium 30:1-20

30  “En wanneer al hierdie woorde oor jou kom, die seën+ en die vloek,+ wat ek jou voorgehou het, en jy dit weer ter harte geneem het+ onder al die nasies waarheen Jehovah jou God jou verstrooi het,+  en jy tot Jehovah jou God teruggekeer+ en na sy stem geluister het ooreenkomstig alles wat ek jou vandag beveel, jy en jou kinders, met jou hele hart en jou hele siel,+  dan sal Jehovah jou God jou gevangenes terugbring+ en aan jou barmhartigheid bewys+ en jou weer bymekaarmaak uit al die volke waarheen Jehovah jou God jou verstrooi het.+  Al is jou verstrooides aan die einde van die hemel, sal Jehovah jou God jou daarvandaan bymekaarmaak en jou daarvandaan gaan haal.+  Jehovah jou God sal jou inderdaad in die land bring wat jou vaders in besit geneem het, en jy sal dit beslis in besit neem; en hy sal inderdaad aan jou goed doen en jou meer vermenigvuldig as jou vaders.+  En Jehovah jou God sal jou hart en die hart van jou nageslag+ moet besny,+ sodat jy Jehovah jou God kan liefhê met jou hele hart en jou hele siel ter wille van jou lewe.+  En Jehovah jou God sal beslis al hierdie vloeke op jou vyande en op jou haters lê, wat jou vervolg het.+  “Wat jou betref, jy sal omdraai en beslis na die stem van Jehovah luister en al sy gebooie uitvoer wat ek jou vandag beveel.+  En Jehovah jou God sal jou inderdaad oorgenoeg laat hê in al die werk van jou hand,+ in die vrug van jou liggaam en die vrug van jou mak diere+ en die vrugte van jou grond,+ tot voorspoed;+ want Jehovah sal hom weer ten goede oor jou verheug, net soos hy hom oor jou voorvaders verheug het;+ 10  want jy sal na die stem van Jehovah jou God luister om sy gebooie en sy insettinge te onderhou wat in hierdie wetboek geskryf is,+ omdat jy met jou hele hart en jou hele siel tot Jehovah jou God sal terugkeer.+ 11  “Want hierdie gebod wat ek jou vandag beveel, is nie te moeilik vir jou nie, en ook is dit nie ver nie.+ 12  Dit is nie in die hemel, sodat daar gesê kan word nie: ‘Wie sal vir ons in die hemel opvaar en dit vir ons gaan haal, dat hy ons dit kan laat hoor sodat ons dit kan uitvoer?’+ 13  Ook is dit nie aan die oorkant van die see, sodat daar gesê kan word nie: ‘Wie sal vir ons na die oorkant van die see vaar en dit vir ons gaan haal, dat hy ons dit kan laat hoor sodat ons dit kan uitvoer?’ 14  Want die woord is baie naby jou, in jou eie mond en in jou eie hart,+ sodat jy dit kan doen.+ 15  “Kyk, ek hou jou vandag die lewe en die goeie voor, en die dood en die kwaad.+ 16  As jy luister na die gebooie van Jehovah jou God, wat ek jou vandag beveel, om Jehovah jou God lief te hê,+ in sy weë te wandel en sy gebooie+ en sy insettinge en sy regterlike beslissings te onderhou,+ dan sal jy sekerlik bly lewe+ en vermenigvuldig, en Jehovah jou God sal jou seën in die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem.+ 17  “Maar as jou hart afwyk en jy nie luister nie,+ en jy verlei word en jou voor ander gode neerbuig en hulle dien,+ 18  dan vertel ek julle vandag dat julle sekerlik sal vergaan.+ Julle sal julle dae nie verleng in die land waarheen jy deur die Jordaan trek om dit in besit te gaan neem nie. 19  Ek neem vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle,+ dat ek jou die lewe en die dood voorgehou het,+ die seën+ en die vloek;+ en jy moet die lewe kies sodat jy kan bly lewe,+ jy en jou nageslag,+ 20  deur Jehovah jou God lief te hê,+ deur na sy stem te luister en deur hom aan te kleef;+ want hy is jou lewe en die lengte van jou dae,+ sodat jy in die land kan woon wat Jehovah aan jou voorvaders Abraham, Isak en Jakob met ’n eed beloof het om aan hulle te gee.”+

Voetnote