Deuteronomium 32:1-52
32 “Luister, o hemele, en laat my praat;En laat die aarde die woorde van my mond hoor.+
2 My onderrig sal drup soos die reën,+My woord sal vloei soos die dou,+Soos sagte reën op die gras+En soos oorvloedige reënbuie op die plante.+
3 Want ek sal die naam van Jehovah bekend maak.+SKRYF grootheid toe aan ons God!+
4 Die Rots, volmaak is sy werk,+Want al sy weë is geregtigheid.+’n God van getrouheid,+ by wie daar geen onreg is nie;+Regverdig en reg is hy.+
5 Hulle het self verderflik gehandel;+Hulle is nie sy kinders nie, die gebrek lê by hulle.+’n Verdorwe en verdraaide geslag!+
6 Hou julle aan om so met Jehovah te handel,+O dwase en onwyse volk?+Is hy nie jou Vader wat jou voortgebring het nie,+Hy wat jou gemaak en vastigheid gegee het nie?+
7 Dink aan die dae van die ou tyd,+LET op die vroeëre jare van geslag tot geslag;Vra jou vader, en hy kan jou dit vertel;+Jou ou manne, en hulle kan dit vir jou sê.+
8 Toe die Allerhoogste aan die nasies ’n erfdeel gegee het,+Toe hy die kinders van Adam van mekaar geskei het,+Het hy die grens van die volke vasgestel+Met inagneming van die getal van die kinders van Israel.+
9 Want Jehovah se deel is sy volk;+Jakob is sy toegemete erfdeel.+
10 Hy het hom in ’n woeste land gevind,+En in ’n leë, huilende woestyn.+Hy het hom begin omring,+ vir hom gesorg,+Om hom te bewaar soos die appel van sy oog.+
11 Net soos ’n arend sy nes opwek,Oor sy kleintjies sweef,+Sy vlerke uitsprei, hulle opneem,Hulle op sy vlerkvere dra,+
12 Het Jehovah alleen hom bly lei,+En daar was geen vreemde god saam met hom nie.+
13 Hy het hom voortdurend op die aarde se hoogtes laat ry,+Sodat hy die opbrengs van die veld geëet het.+En hy het hom voortdurend heuning uit ’n groot rots laat suig,+En olie uit ’n vuurkliprots;+
14 Botter van die beeste en melk van die kleinvee+Saam met die vet van ramme,En skaapramme, die ras van Basan, en bokramme+Saam met die niervet van koring;+En druiwebloed het jy as wyn bly drink.+
15 Toe Jesuʹrun+ vet begin word het, het hy geskop.+Jy het vet geword, jy het dik geword, jy het spekvet geword.+Daarom het hy God verlaat, wat hom gemaak het,+En die Rots+ van sy redding verag.
16 Hulle het hom tot jaloesie begin opwek+ met vreemde gode;+Met verfoeilike dinge het hulle hom aanstoot bly gee.+
17 Hulle het aan demone geoffer, nie aan God nie,+Gode wat hulle nie geken het nie,+Nuwes wat kort tevore ingekom het,+Met wie julle voorvaders nie bekend was nie.
18 Die Rots wat jou vader geword het, het jy vergeet,+En jy het God uit jou gedagte laat gaan, die Een wat jou met geboortepyne voortgebring het.+
19 Toe Jehovah dit sien, het hy hulle geminag,+Weens die ergernis wat sy seuns en sy dogters veroorsaak het.
20 Daarom het hy gesê: ‘Laat ek my aangesig vir hulle verberg,+Laat ek sien wat hulle uiteinde sal wees.Want hulle is ’n verdorwe geslag,+Kinders in wie geen getrouheid is nie.+
21 Wat hulle betref, hulle het my tot jaloesie opgewek met wat geen god is nie;+Hulle het my met hulle nietige afgode getart;+En wat my betref, ek sal hulle tot jaloesie opwek met wat geen volk is nie;+Met ’n dwase nasie sal ek hulle aanstoot gee.+
22 Want ’n vuur is aangesteek in my toorn+En dit sal brand tot in Sjeool, die laagste plek,+En dit sal die aarde en sy opbrengs verteer+En die fondamente van berge aan die brand steek.+
23 Ek sal rampspoed oor hulle laat toeneem;+My pyle sal ek op hulle opgebruik.+
24 Uitgeput van die honger+ sal hulle wees en verteer deur brandende koors+En bittere vernietiging.+En die tande van diere sal ek teen hulle stuur,+Met die gif van reptiele van die stof.+
25 Buitenshuis sal ’n swaard hulle beroof,+En binnenshuis skrik,+Van jong man sowel as maagd,+Suigeling saam met grysaard.+
26 Ek sou gesê het: “Ek sal hulle verstrooi,+Ek sal die vermelding van hulle onder sterflike mense laat ophou”,+
27 As ek nie bang was vir die uittarting van die vyand nie,+Dat hulle teenstanders dit sou misverstaan,+Dat hulle sou sê: “Ons hand was sterker,+En dit was nie Jehovah wat dit alles bewerk het nie.”+
28 Want hulle is ’n nasie op wie raad vergaan,+En by hulle is daar geen begrip nie.+
29 Ag, was hulle maar wys!+ Dan sou hulle daaroor peins.+
Hulle sou ag gee op hulle uiteinde.+
30 Hoe kan een mens duisend agtervolg,En twee tienduisend op die vlug jaag?+Nie tensy hulle Rots hulle verkoop het+En Jehovah hulle oorgelewer het nie.
31 Want hulle rots is nie soos ons Rots nie,+Selfs ons vyande kom tot dié besluit.+
32 Want hulle wingerdstok is uit die wingerdstok van SodomEn uit die terrasse van Gomorʹra.+Hulle druiwe is giftige druiwe,Hulle trosse is bitter.+
33 Hulle wyn is die gif van groot slangeEn die wrede gif van kobras.+
34 Is dit nie by my bewaar,Met ’n seël daarop aangebring in my skatkamer nie?+
35 Die wraak is myne, en die vergelding.+
Op die vasgestelde tyd sal hulle voet wankel,+Want die dag van hulle ongeluk is naby,+En die gebeure wat op hulle wag, kom gou.’+
36 Want Jehovah sal sy volk oordeel+En hy sal spyt voel oor sy knegte,+Want hy sal sien dat die ondersteuning verdwyn hetEn dat daar net ’n hulpelose en waardelose is.
37 En hy sal beslis sê: ‘Waar is hulle gode,+Die rots by wie hulle toevlug gesoek het,+
38 Wat die vet van hulle offerandes geëet het,+Die wyn van hulle drankoffers gedrink het?+Laat hulle opstaan en julle help.+Laat hulle ’n skuilplek vir julle word.+
39 SIEN nou dat ek—ja ek—hy is+En dat daar geen gode naas my is nie.+Ek maak dood en ek maak lewend.+Ek het ernstig gewond+ en ek—ek sal genees,+En daar is niemand wat uit my hand ruk nie.+
40 Want ek hef my hand in ’n eed op na die hemel,+En ek sê: “So waar as ek tot onbepaalde tyd lewe”,+
41 As ek my glinsterende swaard inderdaad skerp maak,+En my hand die oordeel vasgryp,+Sal ek wraak op my teenstanders uitoefen+En vergelding bring oor dié wat my intens haat.+
42 Ek sal my pyle dronk maak van bloed,+Terwyl my swaard vlees sal eet,+Van die bloed van die gesneuweldes en die gevangenes,Van die koppe van die leiers van die vyand.’+
43 Wees bly, o nasies, saam met sy volk,+Want hy sal die bloed van sy knegte wreek,+En hy sal wraak op sy teenstanders uitoefen+En sal inderdaad versoening doen vir die land van sy volk.”
44 So het Moses gekom en al die woorde van hierdie lied ten aanhore van die volk gespreek,+ hy en Hoseʹa, die seun van Nun.+
45 Nadat Moses al hierdie woorde klaar met die hele Israel gespreek het,
46 het hy verder vir hulle gesê: “Rig julle hart op al die woorde wat ek vandag as waarskuwing tot julle spreek,+ sodat julle julle kinders kan beveel om al die woorde van hierdie wet sorgvuldig uit te voer.+
47 Want dit is geen waardelose woord vir julle nie,+ maar dit beteken julle lewe,+ en deur hierdie woord kan julle julle dae verleng in die land waarheen julle deur die Jordaan trek om dit in besit te neem.”+
48 En Jehovah het op daardie selfde dag met Moses gepraat en gesê:
49 “Klim op teen hierdie Abaʹrimgebergte,+ die berg Nebo,+ wat in die land Moab is, wat op Jeʹrigo uitkyk, en sien die land Kanaän, wat ek aan die kinders van Israel as ’n besitting gee.+
50 Sterf dan op die berg waarteen jy opklim, en word tot jou volk versamel,+ net soos jou broer Aäron op die berg Hor gesterf het+ en tot sy volk versamel is;
51 omdat julle troueloos teenoor my opgetree het+ onder die kinders van Israel by die waters van Meʹriba+ by Kades, in die wildernis Zin; omdat julle my nie onder die kinders van Israel geheilig het nie.+
52 Want jy sal die land van ver af sien, maar jy sal nie daar ingaan, in die land wat ek aan die kinders van Israel gee nie.”+