Deuteronomium 33:1-29

33  En dit is die seën+ waarmee Moses, die man van die ware God,+ die kinders van Israel voor sy dood geseën het.  En hy het gesê: “Jehovah—van Siʹnai af het hy gekom,+En hy het uit Seïr stralend oor hulle opgegaan.+Hy het uit die bergstreek Paran gestraal,+En saam met hom was heilige tienduisende,+Aan sy regterhand krygsmanne wat tot hulle behoort.+   Ook het hy sy volk gekoester;+Al hulle heiliges is in u hand.+En hulle—hulle het aan u voete gelê;+Hulle het van u woorde begin ontvang.+   (Moses het aan ons ’n wet as ’n bevel gegee,+’n Besitting van die gemeente van Jakob.)+   En hy het koning geword in Jesuʹrun,+Toe die hoofde van die volk bymekaargekom het,+Die volle getal van die stamme van Israel.+   Laat Ruben lewe en nie sterf nie,+En laat sy manne nie min word nie.”+  En dít was Juda se seën,+ toe hy verder gesê het: “Hoor, o Jehovah, die stem van Juda,+En mag u hom na sy volk toe bring.Sy arms het gestry vir wat syne is;En mag u vir hom ’n helper teen sy teenstanders wees.”+  En van Levi het hy gesê:+ “U Tummim en u Urim+ behoort aan die man wat lojaal teenoor u is,+Wat by Massa deur u op die proef gestel is.+U het by die waters van Meʹriba met hom begin twis,+   Die man wat vir sy vader en sy moeder gesê het: ‘Ek het hom nie gesien nie.’Selfs sy broers het hy nie erken nie,+En sy seuns het hy nie geken nie.Want hulle het u woord bewaar,+En u verbond het hulle voortdurend gehou.+ 10  Laat hulle Jakob in u regterlike beslissings onderrig+En Israel in u wet.+Laat hulle reukwerk voor u neus bring+En ’n heeloffer op u altaar.+ 11  Seën, o Jehovah, sy lewenskragtigheid,+En mag u behae toon in die werk van sy hande.+Dien dié wat teen hom opstaan, ernstige wonde aan hulle heupe toe,+Asook dié wat hom intens haat, sodat hulle nie kan opstaan nie.”+ 12  Van Benjamin het hy gesê:+ “Laat die geliefde+ van Jehovah in veiligheid by hom woon,+Terwyl hy hom die hele dag beskerm,+En hy sal tussen sy skouers woon.”+ 13  En van Josef het hy gesê:+ “Mag sy land voortdurend deur Jehovah geseën word+Met die keurige dinge van die hemel, met dou,+En met die waterdiepte wat daar onder lê,+ 14  En met die keurige dinge, die produkte van die son,+En met die keurige dinge, die opbrengs van die maanmaande,+ 15  En met die keurigste uit die berge van die ooste,+En met die keurige dinge van die heuwels wat tot onbepaalde tyd bly, 16  En met die keurige dinge van die aarde en sy volheid,+En met die goedkeuring van die Een wat in die doringbos woon.+ Mag dit op die hoof van Josef kom+En op die kroon van die hoof van die een wat onder sy broers uitgesonder is.+ 17  Soos die eersgeborene van ’n bul is sy prag,+En sy horings is die horings van ’n wilde bul.+Daarmee sal hy volke stoot,+Almal saam tot aan die eindes van die aarde,En dit is die tienduisende van Eʹfraim,+En dit is die duisende van Manasʹse.” 18  En van Seʹbulon het hy gesê:+ “Wees bly, o Seʹbulon, wanneer jy uitgaan,+En Isʹsaskar, in jou tente.+ 19  Hulle sal volke na die berg roep.Daar sal hulle die offerandes van regverdigheid offer.+Want hulle sal die oorvloedige rykdom van die seë insuig+En die verborge skatte van die sand.” 20  En van Gad het hy gesê:+ “Geseënd is hy wat die grense van Gad uitbrei.+Soos ’n leeu sal hy woon,+En hy sal die arm, ja, die kroon van die kop verskeur.+ 21  En hy sal die eerste deel vir hom kies,+Want daar is die toegemete deel van ’n wetgewer bewaar.+En die hoofde van die volk sal bymekaarkom.Die regverdigheid van Jehovah sal hy beslis uitvoerEn sy regterlike beslissings met Israel.” 22  En van Dan het hy gesê:+ “Dan is ’n leeuwelpie.+Hy sal uit Basan uitspring.”+ 23  En van Nafʹtali het hy gesê:+ “Nafʹtali is versadig van die goedkeuringEn vol van die seën van Jehovah.Neem tog die weste en die suide in besit.”+ 24  En van Aser het hy gesê:+ “Geseënd met seuns is Aser.+Laat hy iemand word wat deur sy broers goedgekeur is,+En iemand wat sy voet in olie doop.+ 25  Yster en koper is jou poortgrendels,+En ooreenkomstig jou dae is jou rustige gang. 26  Daar is niemand soos die ware God+ van Jesuʹrun+ nie,Wat op die hemel ry om jou te hulp te kom+En op die bewolkte lug in sy uitnemendheid.+ 27  ’n Skuilplek is die God van die ou tyd,+En onder is die arms wat tot onbepaalde tyd bly.+En hy sal die vyand voor jou uit verdryf,+En hy sal sê: ‘Verdelg hulle!’+ 28  En Israel sal in veiligheid woon,+Die fontein van Jakob op sy eie,+In ’n land van graan en nuwe wyn.+Ja, sy hemel sal die dou laat afdrup.+ 29  Gelukkig is jy, o Israel!+ Wie is soos jy,+’n Volk wat redding geniet in Jehovah,+Die skild van jou hulp,+En die Een wat jou uitnemende swaard is?+Daarom sal jou vyande voor jou kruip,+En jy—op hulle hoogtes sal jy loop.”+

Voetnote