Deuteronomium 6:1-25

6  “En dit is die gebod, die voorskrifte en die regterlike beslissings wat Jehovah julle God beveel het om julle te leer,+ sodat julle dit kan nakom in die land waarheen julle oortrek om dit in besit te neem;  sodat jy Jehovah jou God kan vrees+ om al sy insettinge en sy gebooie te onderhou wat ek jou beveel, jy en jou kind en jou kleinkind,+ al die dae van jou lewe, en sodat jou dae verleng mag word.+  En jy moet luister, o Israel, en dit sorgvuldig uitvoer,+ sodat dit met jou goed kan gaan+ en julle talryk kan word, net soos Jehovah, die God van jou voorvaders, jou beloof het+ aangaande die land wat oorloop van melk en heuning.  “Luister, o Israel: Jehovah ons God is een Jehovah.+  En jy moet Jehovah jou God liefhê met jou hele hart+ en jou hele siel+ en al jou lewenskrag.+  En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees;+  en jy moet dit by jou kind inskerp+ en daaroor praat wanneer jy in jou huis sit en wanneer jy op die pad loop en wanneer jy gaan lê+ en wanneer jy opstaan.  En jy moet dit as ’n teken op jou hand bind,+ en dit moet as ’n voorhoofsband tussen jou oë dien;+  en jy moet dit op die deurposte van jou huis en op jou poorte skryf.+ 10  “En wanneer Jehovah jou God jou in die land bring wat hy aan jou voorvaders Abraham, Isak en Jakob met ’n eed beloof het om aan jou te gee,+ met groot en mooi stede wat jy nie gebou het nie,+ 11  en huise vol allerhande goeie dinge en wat jy nie gevul het nie, en uitgekapte reënputte wat jy nie uitgekap het nie, wingerde en olyfbome wat jy nie geplant het nie, en jy geëet en versadig geword het,+ 12  dan moet jy op jouself let dat jy Jehovah nie vergeet,+ wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het nie. 13  Jehovah jou God moet jy vrees,+ en hom moet jy dien,+ en by sy naam moet jy sweer.+ 14  Julle mag nie agter ander gode aan loop nie, geeneen van die gode van die volke wat rondom julle is nie+ 15  (want Jehovah jou God, wat in jou midde is, is ’n God wat uitsluitlike toegewydheid eis+), sodat die toorn van Jehovah jou God nie teen jou ontvlam+ en hy jou van die oppervlak van die aarde verdelg nie.+ 16  “Julle mag Jehovah julle God nie op die proef stel,+ soos julle hom by Massa op die proef gestel het nie.+ 17  Julle moet die gebooie van Jehovah julle God+ en sy getuienisse+ en sy voorskrifte+ wat hy jou beveel het,+ vir seker onderhou. 18  En jy moet doen wat reg en goed is in Jehovah se oë, sodat dit met jou goed kan gaan+ en jy inderdaad kan ingaan en die goeie land in besit kan neem wat Jehovah aan jou voorvaders met ’n eed beloof het,+ 19  deur al jou vyande voor jou weg te stoot, net soos Jehovah beloof het.+ 20  “As jou seun jou op ’n toekomstige dag vra+ en sê: ‘Wat beteken die getuienisse en die voorskrifte en die regterlike beslissings wat Jehovah ons God julle beveel het?’ 21  dan moet jy vir jou seun sê: ‘Ons het slawe van Farao in Egipte geword, maar Jehovah het ons met ’n sterk hand uit Egipte uitgelei.+ 22  En Jehovah het groot en rampspoedige tekens en wonderwerke+ voor ons oë oor Egipte, oor Farao en oor sy hele huis bly bring.+ 23  En hy het ons daarvandaan uitgelei om ons hierheen te bring, ten einde ons die land te gee wat hy aan ons voorvaders met ’n eed beloof het.+ 24  Jehovah het ons derhalwe beveel om al hierdie voorskrifte na te kom,+ om Jehovah ons God te vrees sodat dit altyd met ons goed kan gaan,+ sodat ons kan bly lewe, soos vandag.+ 25  En dit sal regverdigheid vir ons beteken+ as ons hierdie hele gebod sorgvuldig uitvoer voor Jehovah ons God, net soos hy ons beveel het.’+

Voetnote