Deuteronomium 7:1-26

7  “Wanneer Jehovah jou God jou uiteindelik in die land bring waarheen jy trek om dit in besit te neem,+ dan sal hy groot nasies voor jou uit verdryf,+ die Hetiete+ en die Girgasiete+ en die Amoriete+ en die Kanaäniete+ en die Perissiete+ en die Hewiete+ en die Jebusiete,+ sewe nasies, groter en magtiger as jy.+  En Jehovah jou God sal hulle beslis aan jou oorlewer, en jy moet hulle verslaan.+ Jy moet hulle vir seker aan vernietiging oorgee.+ Jy mag geen verbond met hulle sluit en geen guns aan hulle betoon nie.+  En jy mag geen huweliksverbintenis met hulle aangaan nie. Jou dogter mag jy nie aan sy seun gee nie, en sy dogter mag jy nie vir jou seun neem nie.+  Want hy sal jou seun daarvan afkeer om my te volg, en hulle sal beslis ander gode dien;+ en Jehovah se toorn sal inderdaad teen julle ontvlam, en hy sal jou beslis gou verdelg.+  “Daarenteen moet julle só met hulle doen: Hulle altare moet julle afbreek,+ en hulle heilige pilare moet julle stukkend breek,+ en hulle heilige pale+ moet julle afkap,+ en hulle gesnede beelde moet julle met vuur verbrand.+  Want jy is ’n heilige volk vir Jehovah jou God.+ Vir jou het Jehovah jou God uitgekies om sy volk te word, ’n spesiale eiendom, uit al die volke wat op die oppervlak van die aarde is.+  “Nie omdat julle die grootste van al die volke was, het Jehovah geneentheid vir julle getoon sodat hy julle uitgekies het nie,+ want julle was die geringste van al die volke.+  Maar omdat Jehovah julle liefgehad het,+ en omdat hy gehou het by die beëdigde verklaring wat hy vir julle voorvaders gesweer het,+ het Jehovah julle met ’n sterk hand uitgelei,+ om jou te verlos uit die slawehuis,+ uit die hand van Farao, die koning van Egipte.  En jy weet goed dat Jehovah jou God die ware God is,+ die getroue God,+ wat die verbond+ en liefderyke goedhartigheid hou in die geval van dié wat hom liefhet en dié wat sy gebooie onderhou, tot in duisend geslagte,+ 10  maar wat die een wat hom haat, in sy aangesig vergeld deur hom te vernietig.+ Hy sal nie aarsel teenoor die een wat hom haat nie; hy sal hom in sy aangesig vergeld. 11  En jy moet die gebod en die voorskrifte en die regterlike beslissings wat ek jou vandag beveel, onderhou deur dit na te kom.+ 12  “En omdat julle na hierdie regterlike beslissings bly luister en dit onderhou en dit uitvoer,+ sal Jehovah jou God die verbond+ en die liefderyke goedhartigheid teenoor jou hou waaroor hy vir jou voorvaders gesweer het.+ 13  En hy sal jou beslis liefhê en jou seën+ en jou vermenigvuldig+ en die vrug van jou liggaam+ en die vrugte van jou grond seën,+ jou graan en jou nuwe wyn en jou olie, die kalwers van jou koeie en die aanteel van jou kleinvee,+ in die land wat hy aan jou voorvaders met ’n eed beloof het om aan jou te gee.+ 14  Die geseëndste van al die volke sal jy word.+ Daar sal in jou geen man of vrou sonder nageslag wees nie, ook nie onder jou mak diere nie.+ 15  En Jehovah sal beslis elke siekte van jou verwyder; en wat al die bose kwale van Egipte betref wat jy geken het,+ hy sal dit nie oor jou laat kom nie, en hy sal dit inderdaad oor almal bring wat jou haat. 16  En jy moet al die volke verteer wat Jehovah jou God aan jou gee.+ Jou oog mag nie vir hulle jammer voel nie;+ en jy mag hulle gode nie dien nie,+ want dit sal vir jou ’n strik wees.+ 17  “As jy in jou hart sê: ‘Hierdie nasies is te groot vir my. Hoe sal ek hulle kan verdryf?’+ 18  dan moet jy nie vir hulle bang wees nie.+ Jy moet vir seker dink aan wat Jehovah jou God aan Farao en die hele Egipte gedoen het,+ 19  die groot beproewinge wat jou oë gesien het,+ en die tekens en die wonderwerke+ en die sterk hand+ en die uitgestrekte arm+ waarmee Jehovah jou God jou uitgelei het.+ So sal Jehovah jou God aan al die volke doen vir wie jy bang is.+ 20  En Jehovah jou God sal ook die gevoel van verslaenheid+ oor hulle stuur, totdat dié vergaan wat oorgebly het+ en wat vir jou weggekruip het. 21  Jy moenie sidder vir hulle nie, want Jehovah jou God is in jou midde,+ ’n groot en vreesinboesemende God.+ 22  “En Jehovah jou God sal hierdie nasies beslis bietjie vir bietjie voor jou wegstoot.+ Jy sal nie toegelaat word om gou ’n einde aan hulle te maak nie, sodat die wilde diere van die veld nie teen jou vermeerder nie. 23  En Jehovah jou God sal hulle inderdaad aan jou oorlewer en hulle in groot verwarring op die vlug jaag, totdat hulle verdelg is.+ 24  En hy sal hulle konings beslis in jou hand gee,+ en jy moet hulle naam onder die hemel uit vernietig.+ Niemand sal teen jou standhou+ totdat jy hulle uitgeroei het nie.+ 25  Die gesnede beelde van hulle gode moet julle met vuur verbrand.+ Jy mag die silwer en die goud daaraan nie begeer+ of dit inderdaad vir jou neem nie,+ sodat jy nie daardeur verstrik word nie;+ want dit is iets verfoeiliks+ vir Jehovah jou God. 26  En jy mag niks verfoeiliks in jou huis inbring nie, sodat jy nie soos dit ’n voorwerp word wat aan vernietiging oorgegee word nie. Jy moet dit geheel en al as ’n gruwel beskou en dit heeltemal verfoei,+ want dit is iets wat aan vernietiging oorgegee is.+

Voetnote