Eksodus 1:1-22

1  En dít is die name van Israel se seuns wat saam met Jakob na Egipte gekom het; elke man en sy huisgesin het gekom:+  Ruben,+ Siʹmeon,+ Levi+ en Juda,+  Isʹsaskar,+ Seʹbulon+ en Benjamin,+  Dan+ en Nafʹtali,+ Gad+ en Aser.+  En al die siele wat uit Jakob se lendene voortgekom het,+ was sewentig siele, maar Josef was reeds in Egipte.+  Uiteindelik het Josef gesterf,+ en ook al sy broers en daardie hele geslag.  En die kinders van Israel het vrugbaar geword en die land het van hulle begin wemel; en hulle het bly vermeerder en buitengewoon vinnig magtiger geword, sodat die land vol van hulle geword het.+  Na verloop van tyd het daar ’n nuwe koning oor Egipte opgestaan wat Josef nie geken het nie.+  En hy het vir sy volk gesê: “Kyk! Die volk van die kinders van Israel is talryker en magtiger as ons.+ 10  Kom! Laat ons op sluwe wyse met hulle handel,+ sodat hulle nie kan vermeerder en, as oorlog oor ons kom, dan beslis ook by ons haters gevoeg word en teen ons veg en uit die land optrek nie.” 11  Toe het hulle hoofde van dwangarbeid oor hulle aangestel om hulle te onderdruk in die las wat hulle gedra het;+ en hulle het stede as opslagplekke vir Farao gebou, naamlik Pitom en Raämʹses.+ 12  Maar hoe meer hulle hulle onderdruk het, hoe meer het hulle vermeerder en hoe meer het hulle uitgebrei, sodat hulle ’n ontsettende vrees gevoel het as gevolg van die kinders van Israel.+ 13  Gevolglik het die Egiptenaars die kinders van Israel onder tirannie slawearbeid laat verrig.+ 14  En hulle het aangehou om hulle lewe bitter te maak deur harde slawearbeid met messelklei+ en stene en deur elke vorm van slawearbeid in die veld,+ ja, elke vorm van slawearbeid waarin hulle hulle onder tirannie as slawe gebruik het.+ 15  Later het die koning van Egipte vir die Hebreeuse vroedvroue+—die naam van die een was Sifra en die naam van die ander Pua—gesê, 16  ja, hy het so ver gegaan om te sê: “Wanneer julle die Hebreeuse vroue help om geboorte te gee en julle hulle op die geboortestoel sien, moet julle, as dit ’n seun is, hom doodmaak; maar as dit ’n dogter is, dan moet sy lewe.” 17  Die vroedvroue het egter die ware God gevrees,+ en hulle het nie gedoen soos die koning van Egipte vir hulle gesê het nie,+ maar hulle het die seuntjies laat lewe.+ 18  Na verloop van tyd het die koning van Egipte die vroedvroue geroep en vir hulle gesê: “Waarom het julle dit gedoen, deurdat julle die seuntjies laat lewe het?”+ 19  Hierop het die vroedvroue vir Farao gesê: “Omdat die Hebreeuse vroue nie soos die Egiptiese vroue is nie. Omdat hulle sterk is, het hulle reeds geboorte gegee voordat die vroedvrou by hulle kan kom.” 20  Daarom het God aan die vroedvroue goed gedoen;+ en die volk het voortgegaan om talryker en baie magtig te word. 21  En omdat die vroedvroue die ware God gevrees het, het hy later aan hulle gesinne geskenk.+ 22  Uiteindelik het Farao sy hele volk beveel en gesê: “Al die pasgebore seuntjies moet julle in die Nylrivier gooi, maar al die dogtertjies moet julle laat lewe.”+

Voetnote