Eksodus 11:1-10

11  En Jehovah het vir Moses gesê: “Ek gaan nog een plaag oor Farao en Egipte bring. Daarna sal hy julle hiervandaan wegstuur.+ Wanneer hy julle geheel en al wegstuur, sal hy julle letterlik hiervandaan uitdryf.+  Sê dan nou voor die ore van die volk, dat hulle—elke man van sy naaste en elke vrou van haar naaste—silwervoorwerpe en goue voorwerpe moet vra.”+  Gevolglik het Jehovah aan die volk guns verleen in die oë van die Egiptenaars.+ Ook die man Moses was baie groot in Egipteland, in die oë van Farao se knegte en in die oë van die volk.+  En Moses het verder gesê: “Só het Jehovah gesê: ‘Omstreeks middernag trek ek uit deur Egipte,+  en elke eersgeborene+ in Egipteland sal sterf, van die eersgeborene van Farao af wat op sy troon sit tot die eersgeborene van die diensmeisie wat by die handmeul is, en elke eersgeborene van die diere.+  En daar sal beslis ’n groot geskreeu in die hele Egipteland opgaan, soos daar nog nooit opgegaan het en soos daar nooit weer teweeggebring sal word nie.+  Maar teen geeneen van die kinders van Israel sal ’n hond sy tong gretig roer nie, teen geen mens of dier nie;+ sodat julle kan weet dat Jehovah ’n onderskeid kan maak tussen die Egiptenaars en die kinders van Israel.’+  En al hierdie knegte van u sal beslis na my toe afkom en hulle voor my neerwerp+ en sê: ‘Trek, jy en die hele volk wat in jou voetspore volg.’ En daarna sal ek uittrek.” Daarop het hy in gloeiende toorn van Farao af weggegaan.  Toe het Jehovah vir Moses gesê: “Farao sal na julle nie luister nie,+ sodat my wonderwerke in Egipteland kan vermeerder.”+ 10  En Moses en Aäron het al hierdie wonderwerke voor Farao verrig;+ maar Jehovah het Farao se hart onversetlik laat word, sodat hy die kinders van Israel nie uit sy land weggestuur het nie.+

Voetnote