Eksodus 12:1-51

12  Jehovah het toe vir Moses en Aäron in Egipteland gesê:  “Hierdie maand sal vir julle die begin van die maande wees. Dit sal vir julle die eerste van die maande van die jaar wees.+  Praat met die hele vergadering van Israel en sê: ‘Op die tiende dag van hierdie maand moet hulle vir hulle elkeen ’n skaap+ vir die voorvaderlike huis neem, ’n skaap per huis.  Maar as die huisgesin te klein is vir die skaap, dan moet hy en sy naaste buurman dit in sy huis neem volgens die getal siele; met betrekking tot die skaap moet julle elkeen reken na gelang van wat hy eet.  Die skaap moet vir julle sonder gebrek wees,+ ’n jaaroud rammetjie.+ Julle mag uit die jong ramme of uit die bokke kies.  En dit moet by julle in bewaring bly tot die veertiende dag van hierdie maand,+ en die hele gemeente van die vergadering van Israel moet dit tussen die twee aande slag.+  En hulle moet van die bloed neem en die twee deurposte en die boonste deel van die deuropening van die huise waarin hulle dit sal eet, daarmee bespat.+  “‘En hulle moet die vleis dieselfde nag eet.+ Hulle moet dit oor die vuur gebraai eet, en saam met ongesuurde koeke+ tesame met bitter kruie.+  Moet niks daarvan rou of gekook, in water gaargemaak, eet nie, maar oor die vuur gebraai, sy kop tesame met sy pootjies en sy binnegoed. 10  En julle mag niks daarvan tot die oggend toe laat oorbly nie, maar wat daarvan tot die oggend toe oorbly, moet julle met vuur verbrand.+ 11  En só moet julle dit eet: met julle heupe omgord,+ sandale+ aan julle voete en julle staf in julle hand; en julle moet dit haastig eet. Dit is die pasga van Jehovah.+ 12  En ek sal in dié nag deur Egipteland trek+ en elke eersgeborene in Egipteland tref, mens sowel as dier;+ en aan al die gode van Egipte sal ek strafgerigte voltrek.+ Ek is Jehovah.+ 13  En die bloed sal dien as julle teken aan die huise waarin julle is; en ek sal die bloed sien en julle oorslaan,+ en die plaag sal nie tot vernietiging oor julle kom wanneer ek Egipteland tref nie. 14  “‘En dié dag moet vir julle as ’n gedagtenis dien, en julle moet dit in al julle geslagte as ’n fees vir Jehovah vier. As ’n insetting tot onbepaalde tyd moet julle dit vier. 15  Sewe dae moet julle ongesuurde koeke eet. Ja, op die eerste dag moet julle die suurdeeg uit julle huise verwyder, want elkeen wat iets gesuurds eet, van die eerste dag af tot die sewende toe,+ dié siel moet uit Israel uitgeroei word.+ 16  En op die eerste dag moet daar vir julle ’n heilige byeenkoms wees, en op die sewende dag ’n heilige byeenkoms.+ Geen werk moet daarop gedoen word nie.+ Net wat elke siel nodig het om te eet, dit alleen mag vir julle gedoen word.+ 17  “‘En julle moet die fees van die ongesuurde koeke hou,+ want op dié dag sal ek julle leërs uit Egipteland uitlei. En julle moet dié dag in al julle geslagte as ’n insetting tot onbepaalde tyd hou. 18  In die eerste maand, op die veertiende dag van die maand, in die aand, moet julle ongesuurde koeke eet tot die een-en-twintigste dag van die maand, in die aand.+ 19  Sewe dae mag daar geen suurdeeg in julle huise gevind word nie, want elkeen wat iets gesuurds eet, hetsy hy ’n inwonende vreemdeling of ’n boorling van die land is,+ dié siel moet uit die vergadering van Israel uitgeroei word.+ 20  Niks gesuurds mag julle eet nie. In al julle woonplekke moet julle ongesuurde koeke eet.’” 21  Dadelik het Moses al die ouer manne van Israel geroep+ en vir hulle gesê: “Gaan uit en neem vir julle kleinvee volgens julle families, en slag die pasgaoffer.+ 22  En julle moet ’n bossie hisop+ neem en dit in die bloed in ’n kom doop en van die bloed wat in die kom is, aan die boonste deel van die deuropening en aan die twee deurposte stryk; en niemand van julle mag tot die oggend toe by die ingang van sy huis uitgaan nie. 23  Wanneer Jehovah dan deurtrek om die Egiptenaars met die plaag te tref en die bloed aan die boonste deel van die deuropening en aan die twee deurposte sien, sal Jehovah beslis die ingang oorslaan, en hy sal nie toelaat dat die vernietiging in julle huise ingaan om julle met die plaag te tref nie.+ 24  “En julle moet hierdie saak onderhou as ’n voorskrif+ vir jou en jou kinders tot onbepaalde tyd.+ 25  En wanneer julle in die land kom wat Jehovah aan julle sal gee, net soos hy gesê het, dan moet julle hierdie diens onderhou.+ 26  En wanneer julle kinders vir julle sê: ‘Wat beteken hierdie diens vir julle?’+ 27  dan moet julle sê: ‘Dit is die offerande van die pasga aan Jehovah,+ wat die huise van die kinders van Israel in Egipte oorgeslaan het toe hy die Egiptenaars met die plaag getref maar ons huise bevry het.’” Toe het die volk laag gebuig en hulle neergewerp.+ 28  Daarna het die kinders van Israel gegaan en gedoen net soos Jehovah Moses en Aäron beveel het.+ Hulle het net so gedoen. 29  En om middernag het Jehovah elke eersgeborene in Egipteland getref,+ van die eersgeborene van Farao af wat op sy troon gesit het tot die eersgeborene van die gevangene wat in die kerker was, en elke eersgeborene van die diere.+ 30  Toe het Farao in die nag opgestaan, hy en al sy knegte en al die ander Egiptenaars; en daar het ’n groot geskreeu onder die Egiptenaars ontstaan,+ want daar was nie ’n huis waar daar nie ’n dooie was nie. 31  Dadelik het hy Moses en Aäron in die nag geroep+ en gesê: “Staan op, trek weg onder my volk uit, julle sowel as die ander kinders van Israel, en gaan, dien Jehovah, net soos julle gesê het.+ 32  Neem julle kleinvee sowel as julle beeste, net soos julle gesê het,+ en gaan. En ook moet julle my seën.” 33  En die Egiptenaars het die volk begin aanspoor, om hulle gou+ uit die land te stuur, “want”, het hulle gesê, “ons almal is so goed as dood!”+ 34  Gevolglik het die volk hulle deeg geneem voordat dit ingesuur is, met hulle knieskottels in hulle mantels toegebind op hulle skouers. 35  En die kinders van Israel het gedoen volgens die woord van Moses deurdat hulle van die Egiptenaars silwervoorwerpe en goue voorwerpe en mantels gevra het.+ 36  En Jehovah het aan die volk guns verleen in die oë van die Egiptenaars,+ sodat dié aan hulle gegee het wat gevra is;+ en hulle het die Egiptenaars gestroop.+ 37  En die kinders van Israel het uit Ramses+ na Sukkot+ vertrek, soveel as seshonderdduisend manne te voet, buiten die kindertjies.+ 38  En ’n groot gemengde geselskap+ het ook saam met hulle opgetrek, asook kleinvee en beeste, ’n baie groot hoeveelheid vee. 39  En hulle het van die deeg wat hulle uit Egipte gebring het, ronde koeke, ongesuurde koeke, begin bak, want dit was nie ingesuur nie, omdat hulle uit Egipte uitgedryf is en nie kon talm nie, en ook het hulle geen padkos vir hulle gemaak nie.+ 40  En die tyd van die verblyf van die kinders van Israel, wat in Egipte+ gewoon het,+ was vierhonderd-en-dertig jaar.+ 41  En aan die einde van die vierhonderd-en-dertig jaar, ja, op daardie selfde dag, het al die leërs van Jehovah uit Egipteland uitgetrek.+ 42  Dit is ’n nag wat gehou moet word vir Jehovah, omdat hy hulle uit Egipteland uitgelei het. Vir Jehovah moet hierdie nag gehou word deur al die kinders van Israel in al hulle geslagte.+ 43  En Jehovah het verder vir Moses en Aäron gesê: “Dít is die insetting van die pasga:+ Geen uitlander mag daarvan eet nie.+ 44  Maar waar daar ’n manlike slaaf is wat met geld gekoop is, moet jy hom besny.+ Eers dan mag hy daarvan eet. 45  ’n Bywoner en ’n loonarbeider mag nie daarvan eet nie. 46  In een huis moet dit geëet word. Jy mag niks van die vleis uit die huis na ’n plek buite neem nie. En julle mag geen been daarvan breek nie.+ 47  Die hele vergadering van Israel moet dit vier.+ 48  En as ’n inwonende vreemdeling as ’n vreemdeling by jou woon en hy die pasga vir Jehovah wil vier, moet almal by hom wat manlik is, besny word.+ Eers dan mag hy nader kom om dit te vier; en hy moet soos ’n boorling van die land word. Maar geen onbesnedene mag daarvan eet nie. 49  Een wet moet daar wees vir die boorling en vir die inwonende vreemdeling wat as ’n vreemdeling onder julle woon.”+ 50  Toe het al die kinders van Israel gedoen net soos Jehovah Moses en Aäron beveel het. Hulle het net so gedoen.+ 51  En op daardie selfde dag het Jehovah die kinders van Israel met hulle leërs+ uit Egipteland uitgelei.

Voetnote