Eksodus 14:1-31

14  Jehovah het toe met Moses gepraat en gesê:  “Sê vir die kinders van Israel dat hulle moet terugdraai en voor Pi-Hagirot kamp moet opslaan, tussen Migdol en die see voor Baäl-Sefon.+ Daarteenoor moet julle kamp opslaan by die see.  Dan sal Farao beslis van die kinders van Israel sê: ‘Hulle dwaal verward in die land rond. Die wildernis het hulle ingesluit.’+  En ek sal Farao se hart inderdaad onversetlik laat word,+ en hy sal hulle beslis agternasit, en ek sal vir my heerlikheid verkry deur middel van Farao en sy hele krygsmag;+ en die Egiptenaars sal beslis weet dat ek Jehovah is.”+ En hulle het net so gedoen.  Later is daar aan die koning van Egipte berig gebring dat die volk gevlug het. Onmiddellik het die hart van Farao sowel as van sy knegte teenoor die volk verander,+ sodat hulle gesê het: “Wat het ons nou gedoen, dat ons Israel weggestuur het, sodat hulle ons nie meer as slawe dien nie?”+  Toe het hy sy strydwaens gereedgemaak, en hy het sy manskappe saam met hom geneem.+  En hy het seshonderd uitgesoekte strydwaens+ geneem en al die ander strydwaens van Egipte, en krygsmanne op elkeen.  So het Jehovah die hart van Farao, die koning van Egipte, onversetlik laat word,+ en hy het die kinders van Israel agternagesit, terwyl die kinders van Israel met opgehefte hand uitgetrek het.+  En die Egiptenaars het hulle agternagesit, en al die strydwaperde van Farao en sy ruiters+ en sy krygsmag het hulle ingehaal terwyl hulle in hulle kamp by die see was, by Pi-Hagirot voor Baäl-Sefon.+ 10  Toe Farao naby kom, het die kinders van Israel hulle oë opgeslaan, en kyk, die Egiptenaars het agter hulle aan getrek; en die kinders van Israel het baie bang geword en tot Jehovah begin roep.+ 11  En hulle het vir Moses gesê: “Is dit omdat daar hoegenaamd geen grafte in die hele Egipte is nie dat u ons hierheen gebring het om in die wildernis te sterf?+ Wat het u ons aangedoen deur ons uit Egipte uit te lei? 12  Is dit nie die woord wat ons met u in Egipte gespreek het nie, toe ons gesê het: ‘Laat ons staan, sodat ons die Egiptenaars kan dien’? Want dit is vir ons beter om die Egiptenaars te dien as om in die wildernis te sterf.”+ 13  Toe het Moses vir die volk gesê: “Moenie bang wees nie.+ Staan vas en sien die redding van Jehovah, wat hy vandag vir julle sal bewerk.+ Want die Egiptenaars wat julle vandag sien, sal julle nie weer sien nie, nee, nooit weer nie.+ 14  Jehovah sal vir julle veg,+ en julle moet stil wees.” 15  Jehovah het toe vir Moses gesê: “Waarom bly jy tot my roep?+ Sê vir die kinders van Israel dat hulle kamp moet opbreek. 16  Wat jou betref, lig jou staf op+ en steek jou hand oor die see uit en kloof dit,+ sodat die kinders van Israel op droë grond deur die see kan trek.+ 17  Wat my betref, kyk, ek laat die hart van die Egiptenaars onversetlik word,+ sodat hulle agter hulle aan sal intrek en sodat ek vir my heerlikheid kan verkry deur middel van Farao en sy hele krygsmag, sy strydwaens en sy ruiters.+ 18  En die Egiptenaars sal beslis weet dat ek Jehovah is wanneer ek vir my heerlikheid verkry deur middel van Farao, sy strydwaens en sy ruiters.”+ 19  Toe het die engel+ van die ware God wat voor die kamp van Israel uit getrek het, weggetrek en na hulle agterhoede gegaan, en die wolkkolom het van hulle voorhoede weggetrek en agter hulle gaan staan.+ 20  So het dit tussen die kamp van die Egiptenaars en die kamp van Israel gekom.+ Aan die een kant was dit ’n wolk tesame met duisternis. Aan die ander kant het dit die nag bly verlig.+ En die hele nag deur het die een groep nie naby die ander groep gekom nie. 21  Moses het toe sy hand oor die see uitgesteek;+ en Jehovah het die see deur ’n sterk oostewind laat wegvloei, die hele nag deur, en die seebodem in droë grond verander,+ en die waters is gekloof.+ 22  Eindelik het die kinders van Israel op droë grond deur die see getrek,+ terwyl die waters vir hulle ’n muur aan hulle regter- en aan hulle linkerkant was.+ 23  En die Egiptenaars het die agtervolging hervat, en al die perde van Farao, sy strydwaens en sy ruiters het agter hulle aan begin intrek,+ die see in. 24  En gedurende die oggendwaak het Jehovah vanuit die vuur- en wolkkolom+ op die kamp van die Egiptenaars begin afkyk, en hy het die kamp van die Egiptenaars in verwarring gebring.+ 25  En hy het die wiele van hulle strydwaens aanhoudend laat uitval sodat hulle dit met moeite gestuur het;+ en die Egiptenaars het begin sê: “Laat ons wegvlug van enige kontak met Israel, want Jehovah veg beslis vir hulle teen die Egiptenaars.”+ 26  Uiteindelik het Jehovah vir Moses gesê: “Steek jou hand oor die see uit,+ sodat die waters oor die Egiptenaars, hulle strydwaens en hulle ruiters kan terugvloei.” 27  Moses het dadelik sy hand oor die see uitgesteek, en die see het teen dagbreek na sy normale stand begin terugvloei. Die hele tyd het die Egiptenaars gevlug om dit te ontwyk, maar Jehovah het die Egiptenaars in die see afgeskud.+ 28  En die waters het bly terugvloei.+ Uiteindelik het dit die strydwaens en die ruiters bedek wat aan Farao se hele krygsmag behoort het en wat agter hulle aan die see ingetrek het.+ Nie eers een onder hulle het oorgebly nie.+ 29  Wat die kinders van Israel betref, hulle het op droë grond op die seebodem geloop,+ en die waters was vir hulle ’n muur aan hulle regter- en aan hulle linkerkant.+ 30  So het Jehovah Israel op dié dag uit die hand van die Egiptenaars gered,+ en Israel het die Egiptenaars dood op die seestrand gesien.+ 31  Israel het ook die groot hand gesien wat Jehovah teen die Egiptenaars aangewend het; en die volk het begin om Jehovah te vrees en om geloof in Jehovah en in Moses, sy kneg, te stel.+

Voetnote