Eksodus 15:1-27

15  Toe het Moses en die kinders van Israel hierdie lied tot Jehovah gesing en die volgende gesê:+ “Laat my tot Jehovah sing, want hy het hoog verhewe geword.+Die perd en sy ruiter het hy in die see gewerp.+   Jah is my sterkte en my mag,+ want hy kom tot my redding.+Hy is my God, en ek sal hom prys;+ my vader se God,+ en ek sal hom verhef.+   Jehovah is ’n krygsman.+ Jehovah is sy naam.+   Farao se strydwaens en sy krygsmag het hy in die see gewerp,+En sy beste krygsmanne het in die Rooi See gesink.+   Die bruisende waters het hulle bedek;+ soos ’n klip het hulle in die dieptes afgesak.+   U regterhand, o Jehovah, is kragtig in vermoë,+U regterhand, o Jehovah, kan ’n vyand verpletter.+   En in die volheid van u verhewenheid kan u dié neerwerp wat teen u opstaan;+U stuur u brandende toorn uit, soos stoppels verteer dit hulle.+   En deur die asem van u neusgate+ is waters opgehoop;Dit het bly staan soos ’n dam van vloedwaters;Die bruisende waters is in die hart van die see gestol.   Die vyand het gesê: ‘Ek sal agtervolg!+ Ek sal inhaal!+Ek sal buit verdeel!+ My siel sal versadig word van hulle!Ek sal my swaard trek! My hand sal hulle verdryf!’+ 10  U het met u asem geblaas,+ die see het hulle bedek;+Hulle het soos lood in majestueuse waters gesink.+ 11  Wie onder die gode is soos u, o Jehovah?+Wie is soos u, magtig in heiligheid?+Die Een wat gevrees moet word+ met lofliedere,+ die Een wat wonders doen.+ 12  U het u regterhand uitgesteek,+ die aarde het hulle verswelg.+ 13  In u liefderyke goedhartigheid het u die volk gelei wat u verlos het;+In u krag sal u hulle beslis na u heilige woonplek voer.+ 14  Volke sal hoor,+ hulle sal in beroering wees;+Geboortepyne+ sal die inwoners van Filisteʹa aangryp. 15  In dié tyd sal die sjeiks van Edom inderdaad ontsteld wees;Wat die despote van Moab betref, bewing sal hulle aangryp.+Al die inwoners van Kanaän sal inderdaad mismoedig wees.+ 16  Skrik en angs sal op hulle val.+Weens die grootheid van u arm sal hulle bewegingloos wees soos ’n klip,Totdat u volk+ verbytrek, o Jehovah,Totdat die volk wat u voortgebring het,+ verbytrek.+ 17  U sal hulle bring en hulle plant op die berg van u erfdeel,+’n Vaste plek wat u gereedgemaak het vir u om in te woon,+ o Jehovah,’n Heiligdom,+ o Jehovah, wat u hande opgerig het. 18  Jehovah sal as koning heers tot onbepaalde tyd, ja, vir ewig.+ 19  Toe Farao se perde+ met sy strydwaens en sy ruiters in die see ingegaan het,+Het Jehovah die waters van die see oor hulle laat terugvloei,+Terwyl die kinders van Israel op droë grond deur die see geloop het.”+ 20  En die profetes Mirjam, Aäron se suster,+ het ’n tamboeryn in haar hand geneem;+ en al die vroue het saam met haar begin uitgaan met tamboeryne en in danse.+ 21  En Mirjam het die manne in wisselsang bly antwoord:+ “Sing tot Jehovah,+ want hy het hoog verhewe geword.+Die perd en sy ruiter het hy in die see gewerp.”+ 22  Later het Moses Israel van die Rooi See laat wegtrek, en hulle het uitgetrek na die wildernis van Sur,+ en hulle het drie dae lank in die wildernis getrek, maar hulle het geen water gevind nie.+ 23  Na verloop van tyd het hulle by Mara gekom,+ maar hulle kon nie die water van Mara drink nie omdat dit bitter was. Daarom het hy dit Mara genoem.+ 24  En die volk het teen Moses begin murmureer+ en gesê: “Wat moet ons drink?” 25  Toe het hy tot Jehovah geroep.+ En Jehovah het hom ’n boom gewys, en hy het dit in die water gegooi, en die water het soet geword.+ Daar het Hy vir hulle ’n voorskrif en ’n presedent vir oordeel vasgestel en daar het hy hulle op die proef gestel.+ 26  En hy het gesê: “As jy nougeset na die stem van Jehovah jou God luister en doen wat reg is in sy oë en inderdaad na sy gebooie luister en al sy voorskrifte onderhou,+ sal ek geeneen van die kwale op jou lê wat ek op die Egiptenaars gelê het nie;+ want ek is Jehovah wat jou gesond maak.”+ 27  Daarna het hulle by Elim gekom, waar twaalf waterfonteine en sewentig palmbome was.+ Toe het hulle daar by die water kamp opgeslaan.

Voetnote