Eksodus 17:1-16

17  En die hele vergadering van die kinders van Israel het uit die wildernis Sin vertrek+ in skofte, wat hulle afgelê het volgens die bevel van Jehovah,+ en in Reʹfidim kamp opgeslaan.+ Maar daar was geen water vir die volk om te drink nie.  En die volk het met Moses begin rusie maak en gesê:+ “Gee vir ons water sodat ons kan drink.” Maar Moses het vir hulle gesê: “Waarom maak julle rusie met my? Waarom hou julle aan om Jehovah op die proef te stel?”+  En die volk het daar na water bly dors, en die volk het aangehou om teen Moses te murmureer en te sê: “Waarom het u ons uit Egipte laat optrek om ons en ons kinders en ons vee van dors te laat omkom?”+  Uiteindelik het Moses tot Jehovah geroep en gesê: “Wat moet ek met hierdie volk doen? Netnou stenig hulle my!”+  Toe het Jehovah vir Moses gesê: “Trek voor die volk uit+ en neem van die ouer manne van Israel saam met jou en jou staf waarmee jy die Nylrivier geslaan het.+ Neem dit in jou hand, en jy moet verder loop.  Kyk! Ek staan daar voor jou op die rots in Horeb. En jy moet op die rots slaan, en water sal daaruit kom, en die volk moet dit drink.”+ Toe het Moses dit gedoen voor die oë van die ouer manne van Israel.  Daarom het hy die plek Massa+ en Meʹriba+ genoem, weens die rusie van die kinders van Israel en omdat hulle Jehovah op die proef gestel het+ deur te sê: “Is Jehovah in ons midde of nie?”+  En die Amalekiete+ het in Reʹfidim+ teen Israel kom veg.  Hierop het Moses vir Josua+ gesê: “Kies vir ons manne en trek uit,+ veg teen die Amalekiete. Môre gaan ek op die top van die heuwel staan, met die staf van die ware God in my hand.”+ 10  Toe het Josua gedoen net soos Moses vir hom gesê het,+ ten einde teen die Amalekiete te veg; en Moses, Aäron en Hur+ het opgeklim na die top van die heuwel. 11  En wanneer Moses sy hand opgelig het, het die Israeliete die oorhand gekry;+ maar wanneer hy sy hand laat sak het, het die Amalekiete die oorhand gekry. 12  Toe die hande van Moses swaar word, het hulle ’n klip geneem en dit onder hom neergesit, en hy het daarop gesit; en Aäron en Hur het sy hande ondersteun, een aan hierdie kant en die ander aan daardie kant, sodat sy hande onbeweeglik gebly het tot die son ondergegaan het. 13  Josua het Aʹmalek en sy volk derhalwe met die skerpte van die swaard verslaan.+ 14  Jehovah het toe vir Moses gesê: “Skryf dit as ’n gedagtenis in die boek+ en maak dit voor die ore van Josua bekend: ‘Ek sal die herinnering aan Aʹmalek heeltemal uitwis onder die hemel.’”+ 15  En Moses het ’n altaar gebou en dit Jehovah-Nissi genoem 16  en gesê: “Omdat ’n hand teen die troon+ van Jah+ is, sal Jehovah van geslag tot geslag teen Aʹmalek oorlog voer.”+

Voetnote