Eksodus 18:1-27

18  En Jetro, die priester van Miʹdian, Moses se skoonvader,+ het alles te hore gekom wat God vir Moses en vir sy volk Israel gedoen het, hoe Jehovah Israel uit Egipte uitgelei het.+  Toe het Jetro, Moses se skoonvader, Sippoʹra, Moses se vrou, geneem, nadat sy weggestuur is,  en haar twee seuns,+ waarvan die naam van die een Gersom+ was, “want”, het hy gesê, “ek het ’n inwonende vreemdeling in ’n vreemde land geword”;  en die naam van die ander was Eliëser,+ “want”, soos hy dit gestel het, “die God van my vader is my helper deurdat hy my van Farao se swaard verlos het”.+  En Jetro, Moses se skoonvader, en sy seuns en sy vrou het na Moses toe gekom in die wildernis waar hy by die berg van die ware God+ kamp opgeslaan het.  Toe het hy Moses laat weet: “Ek, jou skoonvader, Jetro,+ het na jou toe gekom, en ook jou vrou en haar twee seuns saam met haar.”  Dadelik het Moses uitgegaan om sy skoonvader te ontmoet, en hy het homself neergewerp en hom gesoen;+ en hulle het mekaar begin vra hoe dit gaan. Daarna het hulle in die tent ingegaan.  En Moses het vir sy skoonvader alles vertel wat Jehovah Farao en Egipte weens Israel aangedoen het,+ en al die teëspoed wat hulle op die pad oorgekom het,+ en tog het Jehovah hulle verlos.+  Toe was Jetro bly oor al die goeie wat Jehovah vir Israel gedoen het deurdat hy hulle uit die hand van Egipte verlos het.+ 10  Gevolglik het Jetro gesê: “Mag Jehovah geloof word, wat julle uit die hand van Egipte en uit die hand van Farao verlos het, en wat die volk onder die hand van Egipte uit verlos het.+ 11  Nou weet ek dat Jehovah groter is as al die ander gode,+ weens hierdie aangeleentheid waarin hulle vermetel teen hulle gehandel het.” 12  Toe het Jetro, Moses se skoonvader, ’n brandoffer en offerandes vir God geneem;+ en Aäron en al die ouer manne van Israel het saam met Moses se skoonvader voor die ware God brood kom eet.+ 13  En die volgende dag het Moses soos gewoonlik gaan sit om as regter vir die volk op te tree,+ en die volk het van die oggend tot die aand toe voor Moses bly staan. 14  En Moses se skoonvader het gesien wat hy alles vir die volk doen. Daarom het hy gesê: “Wat is dit wat jy vir die volk doen? Waarom sit net jy altyd en bly die hele volk van die oggend tot die aand toe voor jou staan?” 15  Toe het Moses vir sy skoonvader gesê: “Omdat die volk na my toe bly kom om God te raadpleeg.+ 16  As daar ’n saak onder hulle ontstaan,+ moet dit na my toe kom en moet ek tussen die een party en die ander regspreek, en ek moet die beslissings van die ware God en sy wette bekend maak.”+ 17  Hierop het Moses se skoonvader vir hom gesê: “Die manier waarop jy te werk gaan, is nie goed nie. 18  Jy sal gewis uitgeput raak, jy sowel as hierdie volk wat by jou is, want hierdie saak is ’n te groot las vir jou.+ Jy kan dit nie alleen doen nie.+ 19  Luister nou na my stem.+ Ek sal jou raad gee, en God sal met jou wees.+ Dien jy as verteenwoordiger van die volk voor die ware God,+ en jy moet die sake voor die ware God bring.+ 20  En jy moet hulle waarsku aangaande die voorskrifte en die wette,+ en jy moet aan hulle die weg bekend maak waarop hulle moet wandel, en die werk wat hulle moet doen.+ 21  Maar jy moet uit die hele volk bekwame manne+ kies, wat God vrees,+ betroubare manne,+ wat onregverdige wins haat;+ en jy moet dié oor hulle aanstel as hoofde oor duisend,+ hoofde oor honderd, hoofde oor vyftig en hoofde oor tien.+ 22  En hulle moet by elke gepaste geleentheid oor die volk regspreek; en al die groot sake moet hulle voor jou bring,+ maar al die klein sake moet hulle self as regters hanteer. Maak dit so vir jou ligter, en hulle moet die las saam met jou dra.+ 23  As jy dít doen, en God jou beveel het, dan sal jy dit beslis kan uithou en sal hierdie hele volk boonop in vrede na hulle plek gaan.”+ 24  Onmiddellik het Moses na die stem van sy skoonvader geluister en alles gedoen wat hy gesê het.+ 25  En Moses het bekwame manne uit die hele Israel gekies en hulle posisies as hoofde oor die volk gegee,+ as hoofde oor duisend, hoofde oor honderd, hoofde oor vyftig en hoofde oor tien. 26  En hulle het by elke gepaste geleentheid oor die volk reggespreek. ’n Moeilike saak het hulle voor Moses gebring,+ maar al die klein sake het hulle self as regters hanteer. 27  Daarna het Moses sy skoonvader afgesien,+ en hy het weggegaan na sy land.

Voetnote