Eksodus 19:1-25

19  In die derde maand nadat die kinders van Israel uit Egipteland uitgetrek het,+ op dieselfde dag, het hulle in die wildernis Siʹnai gekom.+  En hulle het van Reʹfidim+ af weggetrek en in die wildernis Siʹnai gekom en in die wildernis kamp opgeslaan;+ en Israel het daar teenoor die berg+ kamp opgeslaan.  En Moses het opgeklim na die ware God toe, en Jehovah het uit die berg+ na hom begin roep en gesê: “Só moet jy vir die huis van Jakob sê en aan die kinders van Israel meedeel:  ‘Julle het self gesien wat ek die Egiptenaars+ aangedoen het, sodat ek julle op arendsvlerke kon dra en julle na my toe kon bring.+  As julle dan nou my stem nougeset gehoorsaam+ en my verbond inderdaad hou,+ dan sal julle beslis my spesiale eiendom uit al die ander volke word,+ want die hele aarde behoort aan my.+  En julle sal vir my ’n koninkryk van priesters en ’n heilige nasie word.’+ Dít is die woorde wat jy vir die kinders van Israel moet sê.”  Toe het Moses gekom en die ouer manne+ van die volk geroep en hulle al hierdie woorde voorgelê wat Jehovah hom beveel het.+  Daarna het die hele volk eenstemmig geantwoord en gesê: “Alles wat Jehovah gespreek het, is ons bereid om te doen.”+ Onmiddellik het Moses die woorde van die volk aan Jehovah oorgebring.+  Hierop het Jehovah vir Moses gesê: “Kyk! Ek kom in ’n donker wolk+ na jou toe, sodat die volk kan hoor wanneer ek met jou praat+ en hulle ook tot onbepaalde tyd geloof in jou kan stel.”+ Toe het Moses die woorde van die volk aan Jehovah meegedeel. 10  En Jehovah het verder vir Moses gesê: “Gaan na die volk toe, en jy moet hulle vandag en môre heilig, en hulle moet hulle mantels was.+ 11  En hulle moet teen die derde dag gereed wees, want op die derde dag sal Jehovah voor die oë van die hele volk op die berg Siʹnai neerdaal.+ 12  En jy moet vir die volk grense rondom vasstel en sê: ‘Pas op dat julle nie teen die berg opklim nie, en moenie aan die voet daarvan raak nie. Enigiemand wat aan die berg raak, moet sekerlik doodgemaak word.+ 13  Aan hom mag geen hand raak nie, want hy moet sekerlik gestenig of deurboor word. Hetsy dier of mens, hy mag nie lewe nie.’+ Wanneer die ramshoring blaas,+ mag hulle tot by die berg kom.” 14  Toe het Moses teen die berg afgeklim na die volk toe, en hy het die volk begin heilig; en hulle het hulle mantels gewas.+ 15  Toe het hy vir die volk gesê: “Maak julle gedurende die drie dae gereed.+ Julle moenie naby ’n vrou kom nie.”+ 16  En op die derde dag, toe dit oggend word, het daar donderslae en weerligstrale gekom,+ en ’n swaar wolk+ op die berg en ’n baie harde geluid van ’n horing,+ sodat die hele volk wat in die kamp was, begin bewe het.+ 17  Moses het die volk toe uit die kamp gelei om die ware God te ontmoet, en hulle het aan die voet van die berg gaan staan.+ 18  En die hele berg Siʹnai het gerook,+ omdat Jehovah in vuur daarop neergedaal het;+ en sy rook het bly opstyg soos die rook van ’n droogoond,+ en die hele berg het geweldig gebewe.+ 19  Toe die geluid van die horing al hoe harder en harder word, het Moses begin praat, en die ware God het hom met ’n stem begin antwoord.+ 20  So het Jehovah op die berg Siʹnai neergedaal, op die top van die berg. Toe het Jehovah Moses na die top van die berg geroep, en Moses het opgeklim.+ 21  Jehovah het toe vir Moses gesê: “Klim af, waarsku die volk, dat hulle nie na Jehovah toe probeer deurbreek om te kyk en baie van hulle dan moet val nie.+ 22  En laat ook die priesters wat gereeld tot Jehovah nader, hulleself heilig,+ sodat Jehovah nie teen hulle losbreek nie.”+ 23  Hierop het Moses vir Jehovah gesê: “Die volk kan nie teen die berg Siʹnai opklim nie, want u het ons reeds gewaarsku en gesê: ‘Stel grense om die berg vas en heilig dit.’”+ 24  Jehovah het egter vir hom gesê: “Gaan, klim af, en dan moet jy weer opklim, jy en Aäron saam met jou; maar die priesters en die volk mag nie deurbreek om op te klim na Jehovah toe nie, sodat hy nie teen hulle losbreek nie.”+ 25  Toe het Moses afgeklim na die volk toe en vir hulle gesê.+

Voetnote