Eksodus 2:1-25
2 Intussen het ’n sekere man van die huis van Levi gegaan en ’n dogter van Levi geneem.+
2 En die vrou het swanger geword en aan ’n seun geboorte gegee. Toe sy sien hoe mooi hy is, het sy hom drie maanmaande+ lank weggesteek.+
3 Toe sy hom nie langer kon wegsteek nie,+ het sy vir hom ’n mandjie van papirus geneem en dit met asfalt en pik bestryk+ en die kind daarin gesit en dit tussen die riete+ aan die oewer van die Nylrivier gesit.
4 En sy suster het op ’n afstand gaan staan om te sien wat met hom gedoen sou word.+
5 Na ’n ruk het Farao se dogter afgekom om in die Nylrivier te bad, en haar dienaresse het aan die kant van die Nylrivier geloop. En sy het die mandjie tussen die riete gesien. Onmiddellik het sy haar slavin gestuur om dit te gaan haal.+
6 Toe sy dit oopmaak, het sy die kind gesien, en kyk, die seuntjie het gehuil. Daarop het sy medelye vir hom gevoel,+ hoewel sy gesê het: “Dit is een van die kinders van die Hebreërs.”
7 Toe het sy suster vir Farao se dogter gesê: “Sal ek spesiaal vir u ’n soogvrou uit die Hebreeuse vroue gaan roep sodat sy die kind vir u kan soog?”
8 En Farao se dogter het vir haar gesê: “Gaan!” Dadelik het die meisie die kind se moeder gaan roep.+
9 Farao se dogter het toe vir haar gesê: “Neem hierdie kind saam met jou en soog hom vir my, en ek sal jou jou loon gee.”+ Gevolglik het die vrou die kind geneem en hom gesoog.
10 En die kind het grootgeword. Toe het sy hom na Farao se dogter toe gebring, sodat hy vir haar ’n seun geword het;+ en sy het hom Moses genoem en gesê: “Want ek het hom uit die water getrek.”+
11 En in dié dae, terwyl Moses sterk geword het, het hy na sy broers uitgegaan om te kyk na die las wat hulle gedra het;+ en hy het ’n sekere Egiptenaar gesien wat ’n sekere Hebreër, een van sy broers, slaan.+
12 En hy het hierdie kant toe en daardie kant toe gedraai en gesien dat daar niemand in sig is nie. Toe het hy die Egiptenaar doodgemaak en hom in die sand weggesteek.+
13 Hy het egter die volgende dag uitgegaan, en kyk, daar was twee Hebreeuse manne wat met mekaar baklei. Toe het hy vir die een wat verkeerd was, gesê: “Waarom slaan jy jou metgesel?”+
14 Hierop het hy gesê: “Wie het jou as ’n vors en regter oor ons aangestel?+ Is jy van plan om my dood te maak net soos jy die Egiptenaar doodgemaak het?”+ Moses het toe bang geword en gesê: “Die saak het beslis bekend geword!”+
15 Daarna het Farao van hierdie saak te hore gekom, en hy het Moses probeer doodmaak;+ maar Moses het van Farao af gevlug+ om in die land Miʹdian+ te woon; en hy het by ’n put gaan sit.
16 En die priester+ van Miʹdian het sewe dogters gehad, en hulle het soos gewoonlik water kom skep en die watervore vol gemaak om hulle vader se kleinvee water te gee.+
17 En die herders het soos gewoonlik gekom en hulle verdryf. Hierop het Moses opgestaan en die vroue gehelp en hulle kleinvee water gegee.+
18 Toe hulle tuiskom by hulle vader Reʹhuel,+ het hy uitgeroep: “Hoe het julle vandag so gou huis toe gekom?”
19 Hierop het hulle gesê: “’n Sekere Egiptenaar+ het ons uit die hand van die herders verlos, en hy het boonop vir ons water geskep om die kleinvee water te gee.”
20 Toe het hy vir sy dogters gesê: “Maar waar is hy? Waarom het julle die man agtergelaat? Roep hom, sodat hy brood kan eet.”+
21 Daarna het Moses ingewillig om by die man te woon, en hy het sy dogter Sippoʹra+ aan Moses gegee.
22 Later het sy ’n seun gebaar, en hy het hom Gersom+ genoem, want, het hy gesê: “’n Inwonende vreemdeling het ek in ’n vreemde land geword.”+
23 En gedurende daardie baie dae het die koning van Egipte uiteindelik gesterf,+ maar die kinders van Israel het steeds gesug weens die slawearbeid en ’n klaaggeroep laat opgaan,+ en hulle hulpgeroep het tot die ware God bly opgaan weens die slawearbeid.+
24 Met verloop van tyd het God hulle gekerm+ gehoor,+ en God het aan sy verbond met Abraham, Isak en Jakob gedink.+
25 Daarom het God die kinders van Israel aangesien, en God het daarvan kennis geneem.