Eksodus 20:1-26

20  En God het al hierdie woorde gespreek en gesê:+  “Ek is Jehovah jou God,+ wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis,+ uitgelei het.  Jy mag geen ander gode+ teen my aangesig hê nie.  “Jy mag vir jou geen gesnede beeld of ’n afbeelding van enigiets maak wat bo in die hemel is of wat onder op die aarde is of wat in die waters onder die aarde is nie.+  Jy mag jou nie voor hulle neerbuig of laat oorhaal om hulle te dien nie,+ want ek, Jehovah jou God, is ’n God wat uitsluitlike toegewydheid eis,+ wat straf vir die oortreding van die vaders oor die kinders bring, oor die derde geslag en oor die vierde geslag, in die geval van dié wat my haat,+  maar liefderyke goedhartigheid bewys teenoor die duisendste geslag in die geval van dié wat my liefhet en my gebooie onderhou.+  “Jy mag die naam van Jehovah jou God nie op onwaardige wyse gebruik nie,+ want Jehovah sal die een wat sy naam op onwaardige wyse gebruik, nie ongestraf laat bly nie.+  “Ten einde die sabbatdag te gedenk, om dit heilig te hou,+  moet jy ses dae arbei en al jou werk doen.+ 10  Maar die sewende dag is ’n sabbat vir Jehovah jou God.+ Jy mag geen werk doen nie, nie jy of jou seun of jou dogter of jou slaaf of jou slavin of jou mak dier of jou inwonende vreemdeling wat in jou poorte is nie.+ 11  Want in ses dae het Jehovah die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat in hulle is,+ en op die sewende dag het hy begin rus.+ Daarom het Jehovah die sabbatdag geseën en dit geheilig.+ 12  “Eer jou vader en jou moeder+ sodat jou dae verleng mag word in die land wat Jehovah jou God aan jou gee.+ 13  “Jy mag nie moord pleeg nie.+ 14  “Jy mag nie egbreuk pleeg nie.+ 15  “Jy mag nie steel nie.+ 16  “Jy mag as ’n getuie nie valse getuienis teen jou medemens aflê nie.+ 17  “Jy mag nie jou medemens se huis begeer nie. Jy mag nie jou medemens se vrou begeer nie,+ en ook nie sy slaaf of sy slavin of sy bul of sy esel of enigiets wat aan jou medemens behoort nie.”+ 18  En die hele volk het die donderslae en die weerligstrale en die geluid van die horing en die rokende berg gesien. Toe die volk dit sien, het hulle gesidder en op ’n afstand bly staan.+ 19  En hulle het vir Moses begin sê: “Praat u met ons, en laat ons luister; maar laat God nie met ons praat nie, sodat ons nie sterf nie.”+ 20  Toe het Moses vir die volk gesê: “Moenie bang wees nie, want die ware God het gekom om julle op die proef te stel+ en dat die vrees vir hom voor julle aangesig kan bly sodat julle nie sondig nie.”+ 21  En die volk het op ’n afstand bly staan, maar Moses het nader gegaan na die donker wolkmassa waar die ware God was.+ 22  En Jehovah het vir Moses gesê:+ “Só moet jy vir die kinders van Israel sê: ‘Julle het self gesien dat ek uit die hemel met julle gepraat het.+ 23  Julle mag naas my geen gode van silwer maak nie, en julle mag vir julle geen gode van goud maak nie.+ 24  ’n Altaar van grond+ moet jy vir my maak, en jy moet daarop jou brandoffers en jou gemeenskapsoffers, jou kleinvee en jou beeste offer.+ Op elke plek waar ek my naam sal laat gedenk, sal ek na jou toe kom en jou beslis seën.+ 25  En as jy vir my ’n klipaltaar maak, mag jy dit nie van gekapte klippe bou nie. As jy jou beitel daaroor swaai, dan sal jy dit ontheilig.+ 26  En jy mag nie met trappe na my altaar opklim nie, sodat jou geslagsdele nie daarop ontbloot word nie.’

Voetnote