Eksodus 21:1-36

21  “En dít is die regterlike beslissings wat jy hulle moet voorhou:+  “As jy ’n Hebreeuse slaaf koop,+ moet hy ses jaar lank ’n slaaf wees, maar in die sewende moet hy as vrygelatene verniet weggaan.+  As hy alleen kom, moet hy alleen weggaan. As hy die eienaar van ’n vrou is, dan moet sy vrou saam met hom weggaan.  As sy heer vir hom ’n vrou gee en sy vir hom seuns of dogters baar, moet die vrou en haar kinders haar heer s’n word,+ en hy moet alleen weggaan.+  Maar as die slaaf nadruklik sê: ‘Ek het my heer, my vrou en my seuns werklik lief; ek wil nie as vrygelatene weggaan nie’,+  dan moet sy heer hom nader bring voor die ware God en hom tot by die deur of die deurpos bring; en sy heer moet sy oor met ’n els deurboor, en hy moet tot onbepaalde tyd sy slaaf wees.+  “En as ’n man sy dogter as ’n slavin verkoop,+ mag sy nie weggaan soos die slawe weggaan nie.  As sy in die oë van haar heer nie welgevallig is nie, sodat hy haar nie tot byvrou+ bestem nie, maar haar laat loskoop, sal hy nie die reg hê om haar aan ’n vreemde volk te verkoop nie, aangesien hy verraderlik met haar gehandel het.  En as hy haar vir sy seun bestem, moet hy met haar handel volgens die reg wat dogters toekom.+ 10  As hy vir hom ’n ander vrou neem, moet haar voedsel, haar klere+ en wat haar in die huwelik toekom,+ nie verminder word nie. 11  As hy hierdie drie dinge nie vir haar gee nie, dan moet sy verniet weggaan, sonder geld. 12  “Hy wat ’n mens slaan sodat hy sterf, moet vir seker doodgemaak word.+ 13  Maar as iemand nie op die loer lê nie en die ware God dit deur sy hand laat gebeur,+ dan sal ek vir jou ’n plek bepaal waarheen hy kan vlug.+ 14  En as ’n man so driftig teenoor sy naaste raak dat hy hom met slinksheid doodmaak,+ moet jy hom selfs van my altaar af wegneem, om te sterf.+ 15  En hy wat sy vader en sy moeder slaan, moet vir seker doodgemaak word.+ 16  “En hy wat ’n mens ontvoer+ en hom verkoop+ of in wie se hand hy gevind is, moet vir seker doodgemaak word.+ 17  “En hy wat ’n vloek oor sy vader en sy moeder uitspreek, moet vir seker doodgemaak word.+ 18  “En as manne rusie kry en die een sy naaste met ’n klip of ’n skoffel slaan en hy nie sterf nie, maar in sy bed moet bly— 19  as hy opstaan en buite rondloop met iets wat hy as stut gebruik, dan moet die een wat hom geslaan het, vry van straf wees; hy moet net vir sy verlore werktyd vergoeding doen totdat hy hom heeltemal laat genees het. 20  “En as ’n man sy slaaf of sy slavin met ’n stok slaan+ en dié onder sy hand sterf, moet hy vir seker gewreek word.+ 21  Maar as hy ’n dag of twee dae bly lewe, moet hy nie gewreek word nie, want hy is sy geld. 22  “En as manne met mekaar baklei en hulle ’n swanger vrou werklik seermaak en haar kinders+ uitkom, maar geen noodlottige ongeluk plaasvind nie, moet daar vir seker skadevergoeding van hom geëis word volgens wat die eienaar van die vrou hom oplê; en hy moet dit deur die regters gee.+ 23  Maar as ’n noodlottige ongeluk plaasvind, dan moet jy gee siel vir siel,+ 24  oog vir oog, tand vir tand, hand vir hand, voet vir voet,+ 25  brandplek vir brandplek, wond vir wond, hou vir hou.+ 26  “En as ’n man sy slaaf of sy slavin op die oog slaan en dit permanent beskadig, moet hy hom as vrygelatene wegstuur as vergoeding vir sy oog.+ 27  En as hy die tand van sy slaaf of die tand van sy slavin uitslaan, moet hy hom as vrygelatene wegstuur as vergoeding vir sy tand. 28  “En as ’n bul ’n man of ’n vrou stoot en hy of sy sterf, moet die bul vir seker gestenig word,+ maar sy vleis mag nie geëet word nie; en die eienaar van die bul is vry van straf. 29  Maar as ’n bul voorheen die gewoonte gehad het om te stoot en sy eienaar gewaarsku is, maar hy dit nie onder bewaking gehou het nie, en dit ’n man of ’n vrou doodgemaak het, moet die bul gestenig word, en ook sy eienaar moet doodgemaak word. 30  As hy ’n losprys opgelê word, dan moet hy die loskoopprys gee vir sy siel volgens alles wat hom opgelê word.+ 31  Hetsy dit ’n seun gestoot het of ’n dogter gestoot het, daar moet volgens hierdie regterlike beslissing met hom gehandel word.+ 32  As die bul ’n slaaf of ’n slavin gestoot het, sal hy die prys van dertig sikkels+ aan dié se heer gee, en die bul sal gestenig word. 33  “En as ’n man ’n put oopmaak, of as ’n man ’n put grawe en dit nie bedek nie, en ’n bul of ’n esel val daarin,+ 34  moet die eienaar van die put vergoeding gee.+ Die prys moet hy aan die eienaar daarvan teruggee, en die dooie dier sal syne word. 35  En as ’n man se bul ’n ander se bul seermaak en dit doodgaan, dan moet hulle die lewende bul verkoop en die geld wat daarvoor betaal is, verdeel; en ook die dooie dier moet hulle verdeel.+ 36  Of as dit bekend was dat ’n bul voorheen die gewoonte gehad het om te stoot, maar sy eienaar hom nie onder bewaking gehou het nie,+ moet hy vir seker vergoeding gee,+ bul vir bul, en die dooie dier sal syne word.

Voetnote