Eksodus 22:1-31

22  “As ’n man ’n bul of ’n skaap steel en hy dit slag of verkoop, moet hy vyf beeste vir die bul vergoed en vier stuks kleinvee vir die skaap.+  (“As ’n dief+ betrap word terwyl hy inbreek+ en hy geslaan word en sterf, is daar geen bloedskuld weens hom nie.+  As die son op hom geskyn het, is daar bloedskuld weens hom.) “Hy moet vir seker vergoeding gee. As hy niks het nie, dan moet hy verkoop word vir die goed wat hy gesteel het.+  As die gesteelde goed, of dit ’n bul of ’n esel of ’n skaap is, onteenseglik nog lewend in sy hand gevind word, moet hy dubbel vergoeding gee.  “As ’n man ’n land of ’n wingerd laat afwei en hy sy pakdiere uitstuur en veroorsaak dat ’n ander land verslind word, moet hy die beste van sy land of die beste van sy wingerd as vergoeding gee.+  “As ’n vuur versprei en die dorings vang, en gerwe of ongesnyde graan of ’n land word verteer,+ moet die een wat die vuur aangesteek het, vir seker vergoed vir wat verbrand is.  “As ’n man vir sy naaste geld of voorwerpe gee om te hou,+ en dit word uit die man se huis gesteel, moet die dief, as hy gevind word, dubbel vergoeding gee.+  As die dief nie gevind word nie, dan moet die eienaar van die huis nader gebring word voor die ware God+ om te sien of hy nie sy hand op die goed van sy naaste gelê het nie.  Wat enige saak van oortreding betref,+ aangaande ’n bul, ’n esel, ’n skaap, ’n kleed, enigiets wat weg was waarvan hy sê: ‘Hier is dit!’ moet hulle al twee se saak voor die ware God kom.+ Die een wat deur God skuldig verklaar sal word, moet aan sy naaste dubbel vergoeding gee.+ 10  “As ’n man vir sy naaste ’n esel of bul of skaap of enige mak dier gee om te hou, en dit sterf of word vermink of weggelei terwyl niemand kyk nie, 11  moet daar ’n eed+ by Jehovah tussen hulle twee afgelê word dat hy nie sy hand op die goed van sy naaste gelê het nie;+ en die eienaar moet dit aanvaar, en die ander hoef geen vergoeding te gee nie. 12  Maar as dit van hom gesteel is, moet hy aan die eienaar vergoeding gee.+ 13  As dit deur ’n wilde dier verskeur is,+ moet hy dit as bewys bring.+ Vir iets wat deur ’n wilde dier verskeur is, hoef hy nie vergoeding te gee nie. 14  “Maar as iemand iets van sy naaste vra,+ en dit word vermink of sterf terwyl die eienaar nie daarby is nie, moet hy vir seker vergoeding gee.+ 15  As die eienaar daarby is, hoef hy nie vergoeding te gee nie. As dit gehuur is, moet dit in die huurgeld daarvoor kom. 16  “En as ’n man ’n maagd verlei wat nie verloof is nie en hy by haar gaan lê,+ moet hy haar vir seker vir die koopprys as vrou neem.+ 17  As haar vader volstrek weier om haar aan hom te gee, moet hy die geld betaal teen die vasgestelde koopprys vir maagde.+ 18  “Jy mag ’n towenares nie laat lewe nie.+ 19  “Elkeen wat by ’n dier gaan lê, moet gewis doodgemaak word.+ 20  “Wie aan enige ander gode behalwe aan Jehovah alleen offerandes bring, moet aan vernietiging oorgegee word.+ 21  “En jy mag ’n inwonende vreemdeling nie sleg behandel of verdruk nie,+ want julle het inwonende vreemdelinge in Egipteland geword.+ 22  “Julle mag geen weduwee of vaderlose seun verdruk nie.+ 23  As jy hom hoegenaamd verdruk, dan sal ek, as hy enigsins tot my roep, sy geroep sekerlik hoor;+ 24  en my toorn sal inderdaad ontvlam,+ en ek sal julle beslis met die swaard dood, en julle vrouens sal weduwees word en julle seuns vaderlose seuns.+ 25  “As jy aan my volk, aan die geteisterde by jou, geld leen,+ mag jy nie vir hom soos ’n woekeraar word nie. Julle mag hom geen rente oplê nie.+ 26  “As jy ooit die kleed van jou naaste as ’n pand neem,+ moet jy dit met sonsondergang vir hom teruggee. 27  Want dit is sy enigste bedekking.+ Dit is sy mantel vir sy vel. Waarin sal hy gaan lê? En hy sal tot my roep, en ek sal beslis hoor, omdat ek genadig is.+ 28  “Jy mag nie ’n vloek oor God uitspreek+ of ’n owerste onder jou volk vervloek nie.+ 29  “Jou volle opbrengs en die oorvloed van jou parskuip mag jy nie aarselend gee nie.+ Die eersgeborene van jou seuns moet jy aan my gee.+ 30  Só moet jy met jou bul en jou skaap doen:+ Sewe dae sal hy by sy moeder bly.+ Op die agtste dag moet jy dit aan my gee. 31  “En julle moet vir my heilige mense wees;+ en vleis in die veld wat deur ’n wilde dier verskeur is, mag julle nie eet nie.+ Julle moet dit vir die honde gooi.+

Voetnote