Eksodus 23:1-33

23  “Jy mag geen leuenagtige berig versprei nie.+ Moenie met ’n goddelose saamwerk deur ’n getuie te word wat geweld beraam nie.+  Jy mag die menigte nie volg met bose oogmerke nie;+ en jy mag in ’n geskil nie so getuig dat jy saam met die menigte afwyk om die reg te verdraai nie.+  Wat die geringe betref, jy mag hom nie voortrek in sy geskil nie.+  “As jy jou vyand se bul of sy esel teëkom wat wegdwaal, moet jy dit vir seker na hom toe terugbring.+  As jy die esel van iemand wat jou haat, onder sy vrag sien lê, dan moet jy hom nie net so los nie. Saam met hom moet jy die dier vir seker losmaak.+  “Jy mag nie die regterlike beslissing van die arme onder jou in sy geskil verdraai nie.+  “Jy moet ver van ’n valse woord af bly.+ En moenie die onskuldige en die regverdige doodmaak nie, want ek sal die goddelose nie regverdig verklaar nie.+  “Jy mag nie ’n omkoopgeskenk aanvaar nie, want die omkoopgeskenk verblind skerpsiendes en kan die woorde van regverdiges verdraai.+  “En jy mag ’n inwonende vreemdeling nie verdruk nie,+ aangesien julle self die siel van die inwonende vreemdeling geken het, want julle het inwonende vreemdelinge in Egipteland geword.+ 10  “En ses jaar lank moet jy jou land met saad besaai en die opbrengs daarvan insamel.+ 11  Maar die sewende jaar moet jy dit onbewerk laat, en jy moet dit braak laat lê,+ en die armes van jou volk moet daarvan eet; en wat hulle laat oorbly, moet die wilde diere van die veld eet.+ Só moet jy met jou wingerd en jou olyfboord doen. 12  “Ses dae moet jy jou werk doen;+ maar op die sewende dag moet jy jou daarvan onthou, sodat jou bul en jou esel kan rus en die seun van jou slavin en die inwonende vreemdeling hulleself kan verkwik.+ 13  “En julle moet op alles let wat ek vir julle gesê het;+ en julle mag die naam van ander gode nie vermeld nie. Dit mag uit jou mond nie gehoor word nie.+ 14  “Drie keer in die jaar moet jy vir my ’n fees vier.+ 15  Jy moet die fees van die ongesuurde koeke hou.+ Sewe dae moet jy ongesuurde koeke+ eet, net soos ek jou beveel het, op die vasgestelde tyd in die maand Abib,+ want daarin het jy uit Egipte uitgetrek. En hulle mag nie met leë hande voor my verskyn nie.+ 16  Ook die fees van die oes van die eerste ryp vrugte+ van jou arbeid, van wat jy op die land saai;+ en die fees van die insameling teen die uitgang van die jaar, wanneer jy jou arbeid van die land af insamel.+ 17  By drie geleenthede in die jaar moet almal wat manlik is onder jou, voor die aangesig van die ware Heer, Jehovah, verskyn.+ 18  “Jy mag die bloed van my offerande nie saam met iets gesuurds offer nie. En die vet van my fees mag nie oornag tot die oggend toe oorbly nie.+ 19  “Die beste van die eerste ryp vrugte van jou grond moet jy na die huis van Jehovah jou God bring.+ “Jy mag ’n boklam nie in sy moeder se melk kook nie.+ 20  “Kyk, ek stuur ’n engel+ voor jou uit om jou op die pad te bewaar en om jou na die plek te bring wat ek gereedgemaak het.+ 21  Let op jouself weens hom en gehoorsaam sy stem. Moet jou nie opstandig gedra teen hom nie, want hy sal julle oortreding nie vergewe nie;+ want my naam is in hom. 22  Maar as jy sy stem nougeset gehoorsaam en werklik alles doen wat ek sal sê,+ dan sal ek beslis vyandig wees teenoor jou vyande en dié verdruk wat jou verdruk.+ 23  Want my engel sal voor jou uit gaan en jou inderdaad bring na die Amoriete en die Hetiete en die Perissiete en die Kanaäniete, die Hewiete en die Jebusiete, en ek sal hulle beslis uitwis.+ 24  Jy mag jou nie voor hulle gode neerbuig of laat oorhaal om hulle te dien nie, en jy mag niks soos hulle werke maak nie,+ maar jy moet hulle vir seker neerwerp en jy moet hulle heilige pilare vir seker afbreek.+ 25  En julle moet Jehovah julle God dien,+ en hy sal beslis jou brood en jou water seën;+ en ek sal inderdaad die kwale uit jou midde verwyder.+ 26  In jou land sal daar geen vrou wees wat ’n miskraam het of onvrugbaar is nie.+ Ek sal die getal van jou dae vol maak.+ 27  “En ek sal die skrik vir my voor jou uit stuur,+ en ek sal beslis al die volke onder wie jy kom, in verwarring bring, en ek sal jou inderdaad die agterkant van die nek van al jou vyande gee.+ 28  En ek sal die gevoel van verslaenheid voor jou uit stuur,+ en dit sal die Hewiete, die Kanaäniete en die Hetiete eenvoudig voor jou uit verdryf.+ 29  Ek sal hulle nie in een jaar voor jou uit verdryf nie, sodat die land nie ’n verlate woesteny word en die wilde diere van die veld werklik teen jou vermeerder nie.+ 30  Bietjie vir bietjie sal ek hulle voor jou uit verdryf, totdat jy vrugbaar word en die land werklik in besit neem.+ 31  “En ek sal jou grens vasstel van die Rooi See af tot by die see van die Filistyne en van die wildernis af tot by die Rivier;+ want ek sal die inwoners van die land in julle hand gee, en jy sal hulle beslis voor jou uit verdryf.+ 32  Jy mag geen verbond met hulle of hulle gode sluit nie.+ 33  Hulle mag nie in jou land woon nie, sodat hulle jou nie teen my laat sondig nie. As jy hulle gode dien, sal dit vir jou ’n strik word.”+

Voetnote