Eksodus 25:1-40

25  En Jehovah het met Moses gepraat+ en gesê:  “Praat met die kinders van Israel, sodat hulle vir my ’n bydrae insamel: Van elkeen wie se hart hom aandryf, moet julle my bydrae insamel.+  En dít is die bydrae wat julle van hulle moet insamel: goud+ en silwer+ en koper+  en blou weefgaring en purperrooigekleurde wol en karmosynrooi stof en fyn linne en bokhaar+  en rooigekleurde ramsvelle en robbevelle en akasiahout;+  olie vir die lig,+ balsemolie+ vir die salfolie+ en vir welriekende reukwerk;+  en oniksstene en setstene vir die efod+ en vir die borsstuk.+  En hulle moet vir my ’n heiligdom maak, want ek sal in hulle midde woon.+  Volgens alles wat ek jou wys as die voorbeeld van die tabernakel en die voorbeeld van al sy toebehore, so moet julle dit maak.+ 10  “En hulle moet ’n Ark van akasiahout maak,+ twee en ’n half el lank en anderhalf el breed en anderhalf el hoog. 11  En jy moet dit met suiwer goud oortrek.+ Binne en buite moet jy dit oortrek, en jy moet daaraan ’n goue rand rondom maak.+ 12  En jy moet vier goue ringe daarvoor giet en dit bo sy vier pote vassit, met twee ringe aan sy een kant en twee ringe aan sy ander kant.+ 13  En jy moet draaghoute van akasiahout maak en hulle met goud oortrek.+ 14  En jy moet die draaghoute deur die ringe aan weerskante van die Ark steek om die Ark mee te dra. 15  Die draaghoute moet in die ringe van die Ark bly. Hulle mag nie daaruit verwyder word nie.+ 16  En in die Ark moet jy die getuienis sit wat ek jou sal gee.+ 17  “En jy moet ’n deksel van suiwer goud maak, twee en ’n half el lank en anderhalf el breed.+ 18  En jy moet twee gerubs van goud maak. Van dryfwerk moet jy hulle maak, aan beide ente van die deksel.+ 19  En maak een gerub aan die een ent en een gerub aan die ander ent.+ Op die deksel moet julle die gerubs maak, aan die twee ente daarvan. 20  En die gerubs moet hulle twee vlerke na bo uitsprei en die deksel met hulle vlerke beskut, met hulle gesigte na mekaar toe.+ Die gesigte van die gerubs moet na die deksel gekeer wees. 21  En jy moet die deksel+ bo-op die Ark sit, en in die Ark moet jy die getuienis sit wat ek jou sal gee. 22  En ek sal my daar voor jou stel en van bokant die deksel af,+ tussen die twee gerubs uit wat op die ark van die getuienis is, met jou praat, ja, oor alles wat ek jou vir die kinders van Israel sal beveel.+ 23  “En jy moet ’n tafel+ van akasiahout maak, twee el lank en ’n el breed en anderhalf el hoog. 24  En jy moet dit met suiwer goud oortrek, en jy moet daarvoor ’n goue rand rondom maak.+ 25  En jy moet daarvoor ’n lys van ’n handbreedte rondom maak, en die goue rand vir die lys daarvan moet jy rondom maak.+ 26  En jy moet vier goue ringe daarvoor maak en die ringe vassit aan die vier hoeke wat vir die vier pote is.+ 27  Die ringe moet naby die lys wees as houers vir die draaghoute om die tafel te dra.+ 28  En jy moet die draaghoute van akasiahout maak en hulle met goud oortrek, en die tafel moet daarmee gedra word.+ 29  “En jy moet sy skottels en sy bekers en sy kanne en sy bakke maak waarmee drankoffers uitgegiet sal word. Jy moet hulle van suiwer goud maak.+ 30  En jy moet voortdurend die toonbrode op die tafel voor my sit.+ 31  “En jy moet ’n lampstaander van suiwer goud maak. Van dryfwerk moet die lampstaander gemaak word.+ Sy voetstuk, sy arms, sy kelke, sy knoppe en sy bloeisels moet daaruit voortkom. 32  En ses arms kom uit sy kante, drie arms van die lampstaander uit sy een kant en drie arms van die lampstaander uit sy ander kant.+ 33  Drie kelke in die vorm van amandelblomme is aan die een stel arms, met knoppe en bloeisels wat mekaar afwissel, en drie kelke in die vorm van amandelblomme aan die ander stel arms, met knoppe en bloeisels wat mekaar afwissel.+ So is dit met die ses arms wat uit die lampstaander uitkom. 34  En aan die lampstaander is vier kelke in die vorm van amandelblomme, met sy knoppe en sy bloeisels wat mekaar afwissel.+ 35  En die knop onder twee arms kom daaruit en die knop onder die twee ander arms kom daaruit en die knop onder nog twee arms kom daaruit, vir die ses arms wat uit die lampstaander uitkom.+ 36  Hulle knoppe en hulle arms moet daaruit voortkom. Alles is een stuk dryfwerk, van suiwer goud.+ 37  En jy moet sewe lampe daarvoor maak; en die lampe moet opgesteek word, en hulle moet op die ruimte aan die voorkant daarvan skyn.+ 38  En sy snuiters en sy vuurbakkies is van suiwer goud.+ 39  Van ’n talent suiwer goud moet hy dit maak tesame met al hierdie voorwerpe. 40  En sorg dat jy hulle maak volgens hulle voorbeeld wat op die berg vir jou gewys is.+

Voetnote