Eksodus 26:1-37

26  “En die tabernakel moet jy van tien tentdoeke maak,+ van fyn gedraaide linnedraad en blou weefgaring en purperrooigekleurde wol en karmosynrooi stof.+ Met gerubs,+ die werk van ’n borduurder, moet jy dit maak.  Die lengte van elke tentdoek is agt-en-twintig el en die breedte van elke tentdoek is vier el. Daar is een maat vir al die tentdoeke.+  Vyf tentdoeke moet ’n reeks vorm, die een aan die ander gevoeg, en nog vyf tentdoeke ’n reeks, die een aan die ander gevoeg.+  En jy moet lissies van blou weefgaring aan die rand van die een tentdoek aan die einde van die reeks maak; en jy moet dieselfde doen aan die rand van die buitenste tentdoek by die ander plek waar hulle saamgevoeg word.+  Jy moet vyftig lissies aan die een tentdoek maak, en vyftig lissies moet jy aan die rand van die tentdoek maak by die ander plek waar hulle saamgevoeg word, sodat die lissies teenoor mekaar is.+  En jy moet vyftig goue hakies maak en die tentdoeke deur middel van die hakies aanmekaarvoeg, en dit moet een tabernakel word.+  “En jy moet doeke van bokhaar+ vir die tent oor die tabernakel maak. Jy moet elf tentdoeke maak.  Die lengte van elke tentdoek is dertig el,+ en die breedte van elke tentdoek is vier el. Daar is een maat vir die elf tentdoeke.  En jy moet vyf tentdoeke afsonderlik saamvoeg en ses tentdoeke afsonderlik,+ en jy moet die sesde tentdoek dubbel vou aan die voorkant van die tent. 10  En jy moet vyftig lissies aan die rand van die een tentdoek maak, die buitenste in die reeks, en vyftig lissies aan die rand van die tentdoek by die ander plek waar hulle saamgevoeg word. 11  En jy moet vyftig koperhakies maak+ en die hakies in die lissies steek en die tent saamvoeg, en dit moet een word.+ 12  En wat oorbly van die tentdoeke, is ’n oorhangstuk. Die helfte van die tentdoek wat oorbly, moet aan die agterkant van die tabernakel oorhang. 13  En die el aan die een kant en die el aan die ander kant wat in die lengte van die tentdoeke oorbly, sal as ’n oorhangstuk aan die sykante van die tabernakel dien, om dit aan weerskante te bedek. 14  “En jy moet ’n bedekking van rooigekleurde ramsvelle vir die tent maak en ’n bedekking van robbevelle daar bo-oor. 15  “En jy moet die regopstaande paneelrame+ vir die tabernakel van akasiahout maak. 16  Tien el is die lengte van ’n paneelraam, en anderhalf el is die breedte van elke paneelraam. 17  Elke paneelraam het twee tappe wat met mekaar verbind is. So moet jy met al die paneelrame van die tabernakel doen. 18  En jy moet die paneelrame vir die tabernakel maak, twintig paneelrame vir die kant na die Negeb, na die suide toe. 19  “En jy moet veertig silwervoetstukke+ onder die twintig paneelrame maak; twee voetstukke onder die een paneelraam met sy twee tappe, en twee voetstukke onder die ander paneelraam met sy twee tappe. 20  En vir die ander kant van die tabernakel, die noordekant, twintig paneelrame,+ 21  en hulle veertig silwervoetstukke, twee voetstukke onder die een paneelraam en twee voetstukke onder die ander paneelraam.+ 22  En vir die agterste gedeeltes van die tabernakel, na die weste toe, moet jy ses paneelrame maak.+ 23  En jy moet twee paneelrame maak as hoekstutte van die tabernakel+ aan sy twee agterste gedeeltes. 24  En hulle moet presies dieselfde wees aan die onderkant, en tesame moet hulle presies dieselfde wees tot aan die bokant van elkeen by die eerste ring. So moet dit vir al twee wees. Hulle moet as twee hoekstutte dien. 25  En daar moet agt paneelrame en hulle silwervoetstukke wees, sestien voetstukke, twee voetstukke onder die een paneelraam en twee voetstukke onder die ander paneelraam. 26  “En jy moet stawe van akasiahout+ maak, vyf vir die paneelrame van die een kant van die tabernakel, 27  en vyf stawe vir die paneelrame van die ander kant van die tabernakel en vyf stawe vir die paneelrame van die kant van die tabernakel vir die twee agterste gedeeltes, na die weste toe.+ 28  En die middelste staaf, in die middel van die paneelrame, loop dwarsdeur van die een ent tot die ander. 29  “En jy moet die paneelrame met goud oortrek,+ en hulle ringe moet jy van goud maak as houers vir die stawe; en jy moet die stawe met goud oortrek. 30  En jy moet die tabernakel oprig volgens die plan daarvan wat op die berg vir jou gewys is.+ 31  “En jy moet ’n voorhangsel+ maak van blou weefgaring en purperrooigekleurde wol en karmosynrooi stof en fyn gedraaide linnedraad. Hy moet dit met gerubs+ maak, die werk van ’n borduurder. 32  En jy moet dit ophang aan vier pilare van akasiahout wat met goud oorgetrek is. Hulle penne is van goud. Hulle is op vier silwervoetstukke. 33  En jy moet die voorhangsel onder die hakies ophang en die ark van die getuienis+ daarheen bring, binnekant die voorhangsel; en die voorhangsel moet vir julle ’n skeiding maak tussen die Heilige+ en die Allerheiligste.+ 34  En jy moet die deksel op die ark van die getuienis in die Allerheiligste sit. 35  “En jy moet die tafel buitekant die voorhangsel sit, en die lampstaander+ teenoor die tafel aan die kant van die tabernakel na die suide toe; en die tafel moet jy aan die noordekant sit. 36  En jy moet vir die ingang van die tent ’n skerm+ maak van blou weefgaring en purperrooigekleurde wol en karmosynrooi stof en fyn gedraaide linnedraad, die werk van ’n wewer. 37  En jy moet vir die skerm vyf pilare van akasiahout maak en hulle met goud oortrek. Hulle penne is van goud. En jy moet vir hulle vyf kopervoetstukke giet.

Voetnote