Eksodus 27:1-21

27  “En jy moet die altaar van akasiahout maak, vyf el lank en vyf el breed. Die altaar+ moet vierkantig wees, en drie el hoog.  En jy moet sy horings+ op sy vier hoeke maak. Sy horings moet daaruit voortkom, en jy moet dit met koper oortrek.+  En jy moet sy kanne maak om sy vetterige as te verwyder, en sy skoppe en sy bakke en sy vurke en sy vuurbakke; en jy moet al sy voorwerpe van koper maak.+  En jy moet ’n rooster daarvoor maak, ’n netwerk+ van koper; en jy moet aan die net vier koperringe maak, aan die vier hoeke.  En jy moet dit onder die lys van die altaar plaas, daaronder, binne-in, en die net moet naby die middel van die altaar wees.+  En jy moet draaghoute vir die altaar maak, draaghoute van akasiahout, en jy moet hulle met koper oortrek.+  En sy draaghoute moet in die ringe gesteek word, en die draaghoute moet aan die twee kante van die altaar wees wanneer dit gedra word.+  ’n Hol kis van planke moet jy dit maak. Net soos hy op die berg vir jou gewys het, so moet hulle dit maak.+  “En jy moet die voorhof+ van die tabernakel maak. Vir die kant na die Negeb, na die suide toe, het die voorhof behangsels van fyn gedraaide linnedraad;+ die lengte vir die een kant is honderd el. 10  En sy twintig pilare en hulle twintig voetstukke is van koper. Die penne van die pilare en hulle verbindingstukke is van silwer.+ 11  So is dit ook vir die noordekant in die lengte: die behangsels is vir ’n lengte van honderd el, en sy twintig pilare en hulle twintig voetstukke is van koper; die penne van die pilare en hulle verbindingstukke is van silwer.+ 12  Wat die breedte van die voorhof betref, aan die westekant is die behangsels vyftig el, en hulle pilare is tien en hulle voetstukke is tien.+ 13  En die breedte van die voorhof aan die oostekant, teen die sonsopgang, is vyftig el.+ 14  En daar is vyftien el behangsels aan die een kant, en hulle pilare is drie en hulle voetstukke is drie.+ 15  En vir die ander kant is daar vyftien el behangsels, en hulle pilare is drie en hulle voetstukke is drie.+ 16  “En vir die poort van die voorhof is daar ’n skerm wat twintig el lank is, van blou weefgaring en purperrooigekleurde wol en karmosynrooi stof en fyn gedraaide linnedraad, die werk van ’n wewer,+ en hulle pilare is vier en hulle voetstukke vier.+ 17  Al die pilare van die voorhof rondom het silwerhegstukke, en hulle penne is van silwer, maar hulle voetstukke van koper.+ 18  Die lengte van die voorhof is honderd el+ en die breedte vyftig el en die hoogte vyf el, van fyn gedraaide linnedraad, en hulle voetstukke is van koper. 19  En al die voorwerpe van die tabernakel vir sy hele bediening en al sy tentpenne en al die penne van die voorhof is van koper.+ 20  “En wat jou betref, jy moet die kinders van Israel beveel om vir jou suiwer, uitgestampte olyfolie vir die lig te bring, om die lampe voortdurend te laat brand.+ 21  In die tent van samekoms, buite die voorhangsel+ wat by die Getuienis is, moet Aäron en sy seuns dit van die aand tot die oggend voor Jehovah versorg.+ Dit is ’n insetting tot onbepaalde tyd vir hulle geslagte,+ wat deur die kinders van Israel nagekom moet word.+

Voetnote