Eksodus 28:1-43

28  “En wat jou betref, laat jou broer Aäron en sy seuns saam met hom uit die midde van die kinders van Israel nader kom na jou toe, sodat hy my as priester kan dien:+ Aäron,+ Nadab en Abiʹhu,+ Eleaʹsar en Iʹtamar,+ die seuns van Aäron.  En jy moet vir jou broer Aäron heilige klere maak, tot heerlikheid en prag.+  En jy moet praat met al die wyses wat ’n hart het wat ek met die gees van wysheid+ vervul het, en hulle moet Aäron se klere maak om hom te heilig, sodat hy my as priester kan dien.+  “En dít is die klere wat hulle moet maak: ’n borsstuk+ en ’n efod+ en ’n moulose oorkleed+ en ’n kleed met ’n ruitpatroon, ’n tulband+ en ’n lyfband;+ en hulle moet die heilige klere vir jou broer Aäron en sy seuns maak, sodat hy my as priester kan dien.  En hulle moet die goud en die blou weefgaring en die purperrooigekleurde wol en die karmosynrooi stof en die fyn linne neem.  “En hulle moet die efod maak van goud, blou weefgaring en purperrooigekleurde wol, karmosynrooi stof en fyn gedraaide linnedraad, die werk van ’n borduurder.+  En dit moet twee skouerstukke hê wat aan die twee ente daarvan saamgevoeg kan word, en dit moet saamgevoeg word.+  En die gordel,+ wat daaraan is om dit styf vas te bind, moet op dieselfde manier gemaak word, van dieselfde stowwe, van goud, blou weefgaring en purperrooigekleurde wol en karmosynrooi stof en fyn gedraaide linnedraad.  “En jy moet twee oniksstene+ neem en die name van die kinders van Israel+ daarop graveer,+ 10  ses van hulle name op die een steen en die name van die oorblywende ses op die ander steen, in die volgorde van hulle geboorte.+ 11  Met steensnyerswerk, met seëlgraveerwerk, moet jy die name van die kinders van Israel op die twee stene graveer.+ In goue monterings geset, moet jy hulle maak.+ 12  En jy moet die twee stene op die skouerstukke van die efod sit as gedagtenisstene vir die kinders van Israel;+ en Aäron moet hulle name op sy twee skouerstukke as ’n gedagtenis voor Jehovah dra. 13  En jy moet goue monterings maak, 14  en twee kettinkies van suiwer goud.+ Soos koorde moet jy hulle maak, gedraai soos ’n tou; en jy moet die touagtige kettinkies aan die monterings vasheg.+ 15  “En jy moet die borsstuk van regspraak+ soos die werk van ’n borduurder maak. Soos die efod gemaak is, moet jy dit maak. Van goud, blou weefgaring en purperrooigekleurde wol en karmosynrooi stof en fyn gedraaide linnedraad moet jy dit maak.+ 16  Dit moet vierkantig wees wanneer dit dubbel gevou is, ’n span lank en ’n span breed.+ 17  En jy moet dit vul met ’n steeninvulling, vier rye stene.+ ’n Ry van robyn,+ topaas+ en smarag,+ die eerste ry. 18  En die tweede ry: turkoois,+ saffier+ en jaspis.+ 19  En die derde ry: lesjʹem-steen, agaat+ en ametis.+ 20  En die vierde ry: chrisoliet,+ oniks+ en niersteen. Hulle moet in kassies van goud geset word.+ 21  En die stene moet volgens die name van die kinders van Israel wees, die twaalf volgens hulle name.+ Met seëlgraveerwerk moet hulle wees, elkeen volgens sy naam, vir die twaalf stamme.+ 22  “En jy moet aan die borsstuk gedraaide kettinkies maak, gedraai soos ’n tou, van suiwer goud.+ 23  En jy moet aan die borsstuk twee goue ringe maak,+ en jy moet die twee ringe aan die twee ente van die borsstuk vassit. 24  En jy moet die twee goue toutjies deur die twee ringe aan die ente van die borsstuk steek.+ 25  En jy moet die twee ente van die twee toutjies deur die twee monterings steek, en jy moet dié aan die skouerstukke van die efod vassit, aan die voorkant daarvan.+ 26  En jy moet twee goue ringe maak en hulle aan die twee ente van die borsstuk vassit, aan die binnerand wat na die efod gekeer is.+ 27  En jy moet twee goue ringe maak en hulle onderaan die twee skouerstukke van die efod vassit, aan die voorkant daarvan, naby die plek waar dit saamgevoeg is, bo die gordel van die efod.+ 28  En hulle moet die borsstuk met sy ringe aan die ringe van die efod vasbind met ’n blou toutjie, sodat dit bo die gordel van die efod bly en die borsstuk nie van die efod afskuif nie.+ 29  “En Aäron moet die name van die kinders van Israel op die borsstuk van regspraak op sy hart dra wanneer hy in die Heilige ingaan, om hulle voortdurend voor Jehovah in gedagtenis te bring. 30  En jy moet die Urim+ en die Tummim in die borsstuk van regspraak sit, en hulle moet op Aäron se hart wees wanneer hy voor Jehovah ingaan; en Aäron moet voortdurend die regspraak+ van die kinders van Israel op sy hart dra voor Jehovah. 31  “En jy moet die moulose oorkleed van die efod heeltemal van blou weefgaring maak.+ 32  En boaan, in die middel daarvan, moet ’n opening wees. Die opening moet ’n rand rondom hê, die werk van ’n wewer. Soos die opening van ’n pantser moet dit daarvoor wees, sodat dit nie kan skeur nie.+ 33  En jy moet aan die soom daarvan granaatjies maak van blou weefgaring en purperrooigekleurde wol en karmosynrooi stof, aan die soom daarvan rondom, en daar tussenin goue klokkies+ rondom; 34  ’n goue klokkie en ’n granaatjie, ’n goue klokkie en ’n granaatjie, aan die soom van die moulose oorkleed rondom.+ 35  En Aäron moet dit aanhê om te kan dien, en die geluid wat van hom af kom, moet gehoor word wanneer hy voor Jehovah in die heiligdom ingaan en wanneer hy uitkom, sodat hy nie sterf nie.+ 36  “En jy moet ’n blink plaat van suiwer goud maak en met seëlgraveerwerk daarop graveer: ‘Heiligheid behoort aan Jehovah.’+ 37  En jy moet dit met ’n blou toutjie vasmaak, en dit moet aan die tulband wees.+ Aan die voorkant van die tulband moet dit wees. 38  En dit moet op Aäron se voorkop wees, en Aäron moet verantwoording doen vir die oortreding wat begaan is teen die heilige voorwerpe,+ wat die kinders van Israel sal heilig, dit wil sê al hulle heilige gawes; en dit moet voortdurend op sy voorkop bly, om vir hulle goedkeuring voor Jehovah te verkry.+ 39  “En jy moet die kleed van fyn linne met ’n ruitpatroon weef en ’n tulband van fyn linne maak,+ en jy moet ’n lyfband maak,+ die werk van ’n wewer. 40  “En vir Aäron se seuns moet jy klere maak,+ en jy moet vir hulle lyfbande maak, en jy moet vir hulle hoofbedekkings+ maak, tot heerlikheid en prag.+ 41  En jy moet dit vir jou broer Aäron en sy seuns saam met hom aantrek, en jy moet hulle salf+ en hulle hand met mag vul+ en hulle heilig, en hulle moet my as priesters dien. 42  En maak vir hulle linnebroeke om die naakte vlees te bedek.+ Van die heupe tot by die dye moet dit strek. 43  En Aäron en sy seuns moet dit aanhê wanneer hulle in die tent van samekoms ingaan of wanneer hulle nader gaan na die altaar om in die heiligdom te dien, sodat hulle hulle aan geen oortreding skuldig maak en beslis sterf nie. Dit is ’n insetting tot onbepaalde tyd vir hom en sy nageslag ná hom.+

Voetnote