Eksodus 29:1-46

29  “En dít is wat jy vir hulle moet doen om hulle te heilig, sodat hulle my as priesters kan dien: Neem ’n jong bul en twee ramme,+ sonder gebrek,+  en ongesuurde brood en ongesuurde ringvormige koeke wat met olie bevogtig is en ongesuurde platkoeke wat met olie gesmeer is.+ Van fyn koringmeel moet jy dit maak.  En jy moet dit in ’n mandjie sit en dit in die mandjie aanbied,+ en ook die bul en die twee ramme.  “En jy moet Aäron en sy seuns na die ingang+ van die tent van samekoms laat kom, en jy moet hulle met water was.+  Dan moet jy die klere neem+ en vir Aäron die kleed en die moulose oorkleed van die efod en die efod en die borsstuk aantrek, en jy moet dit styf om hom vasbind met die gordel van die efod.+  En jy moet die tulband op sy kop sit en die heilige toewydingsteken aan die tulband vassit.+  En jy moet die salfolie+ neem en dit op sy kop uitgiet en hom salf.+  “Dan moet jy sy seuns laat nader kom en vir hulle die klere aantrek.+  En jy moet hulle met die lyfbande omgord, Aäron sowel as sy seuns, en jy moet hulle die hoofbedekking ombind; en die priesterskap moet hulle s’n word as ’n insetting tot onbepaalde tyd.+ So moet jy die hand van Aäron en die hand van sy seuns met mag vul.+ 10  “Jy moet dan die bul voor die tent van samekoms bring, en Aäron en sy seuns moet hulle hande op die bul se kop lê.+ 11  En jy moet die bul voor Jehovah slag, by die ingang van die tent van samekoms.+ 12  En jy moet van die bul se bloed neem+ en dit met jou vinger aan die horings van die altaar smeer,+ en die res van die bloed moet jy alles aan die voet van die altaar uitgiet.+ 13  En jy moet al die vet neem+ wat die ingewande bedek,+ en die aanhangsel aan die lewer,+ en die twee niere en die vet wat daaraan is, en jy moet dit op die altaar laat rook.+ 14  Maar die bul se vleis en sy vel en sy mis moet jy buite die kamp met vuur verbrand.+ Dit is ’n sondoffer. 15  “Dan moet jy die een ram neem,+ en Aäron en sy seuns moet hulle hande op die ram se kop lê.+ 16  En jy moet die ram slag en sy bloed neem en dit rondom op die altaar sprinkel.+ 17  En jy moet die ram in sy stukke opsny, en jy moet sy ingewande was+ en sy pote en sy stukke teen mekaar lê tot by sy kop. 18  En jy moet die hele ram op die altaar laat rook. Dit is ’n brandoffer+ vir Jehovah, ’n rustige geur.+ Dit is ’n vuuroffer aan Jehovah. 19  “Daarna moet jy die ander ram neem, en Aäron en sy seuns moet hulle hande op die ram se kop lê.+ 20  En jy moet die ram slag en van sy bloed neem en dit aan die regteroorlel van Aäron smeer en aan die regteroorlel van sy seuns en aan die duim van hulle regterhand en die groottoon van hulle regtervoet,+ en jy moet die bloed rondom op die altaar sprinkel. 21  En jy moet van die bloed neem wat op die altaar is en van die salfolie,+ en jy moet dit op Aäron en sy klere spat en op sy seuns en die klere van sy seuns saam met hom, sodat hy en sy klere en sy seuns en die klere van sy seuns saam met hom inderdaad heilig kan wees.+ 22  “En jy moet van die ram die vet neem en die vetstert+ en die vet wat die ingewande bedek, en die aanhangsel van die lewer, en die twee niere en die vet wat daaraan is, en die regterboud,+ want dit is ’n inhuldigingsram;+ 23  ook ’n ronde brood en ’n ringvormige oliebroodkoek en ’n platkoek uit die mandjie met ongesuurde koeke wat voor Jehovah is.+ 24  En jy moet dit alles op die palms van Aäron en op die palms van sy seuns sit,+ en jy moet dit as ’n beweegoffer voor Jehovah heen en weer beweeg.+ 25  En jy moet dit uit hulle hande neem en dit op die altaar bo-op die brandoffer as ’n rustige geur voor Jehovah laat rook.+ Dit is ’n vuuroffer aan Jehovah.+ 26  “En jy moet die bors van die inhuldigingsram neem,+ wat vir Aäron is, en dit as ’n beweegoffer voor Jehovah heen en weer beweeg, en dit moet jou deel word. 27  En jy moet die bors+ van die beweegoffer heilig en die boud van die heilige deel, wat beweeg is en wat van die inhuldigingsram+ bygedra is, van wat vir Aäron en van wat vir sy seuns was. 28  En dit moet Aäron en sy seuns s’n word deur ’n voorskrif tot onbepaalde tyd wat deur die kinders van Israel nagekom moet word, omdat dit ’n heilige deel is;+ en dit sal ’n heilige deel word wat deur die kinders van Israel gegee moet word. Van hulle gemeenskapsoffers+ is dit hulle heilige deel vir Jehovah. 29  “En die heilige klere+ wat Aäron s’n is, sal vir sy seuns+ ná hom dien, om hulle daarin te salf+ en om daarin hulle hand met mag te vul.+ 30  Die priester wat hom uit sy seuns opvolg en wat in die tent van samekoms ingaan om in die heiligdom te dien, moet dit sewe dae+ dra. 31  “En jy moet die inhuldigingsram neem, en jy moet sy vleis in ’n heilige plek kook.+ 32  En Aäron en sy seuns moet die vleis van die ram en die brood wat in die mandjie is, by die ingang van die tent van samekoms eet.+ 33  En hulle moet die dinge eet waarmee versoening gedoen is om hulle hand met mag te vul, ten einde hulle te heilig.+ Maar ’n vreemdeling mag dit nie eet nie, want dit is iets heiligs.+ 34  En as daar van die vleis van die inhuldigingsoffer en van die brood tot die oggend toe sou oorbly, dan moet jy wat oorgebly het, met vuur verbrand.+ Dit mag nie geëet word nie, want dit is iets heiligs. 35  “En so moet jy met Aäron en sy seuns doen volgens alles wat ek jou beveel het.+ Jy moet sewe dae lank hulle hand met mag vul.+ 36  En jy moet elke dag die sondofferbul vir versoening offer,+ en jy moet die altaar van sonde reinig deurdat jy daarvoor versoening doen, en jy moet dit salf+ om dit te heilig. 37  Jy moet sewe dae lank vir die altaar versoening doen, en jy moet dit heilig+ sodat dit inderdaad ’n hoogheilige altaar kan word.+ Enigeen wat aan die altaar raak, moet heilig wees.+ 38  “En dít is wat jy op die altaar moet offer: jong ramme, elk ’n jaar oud, voortdurend twee per dag.+ 39  En jy moet die een jong ram in die oggend offer,+ en jy moet die ander jong ram tussen die twee aande offer.+ 40  En ’n tiende van ’n efa fynmeel+ wat met ’n kwart hin uitgestampte olie bevogtig is en ’n drankoffer+ van ’n kwart hin wyn moet vir die eerste jong ram wees. 41  En jy moet die tweede jong ram tussen die twee aande offer. Met ’n graanoffer+ soos dié van die oggend en met net so ’n drankoffer moet jy dit as ’n rustige geur bring, ’n vuuroffer aan Jehovah. 42  Dit is ’n voortdurende+ brandoffer in al julle geslagte by die ingang van die tent van samekoms voor Jehovah, waar ek my voor julle sal stel om daar met julle te praat.+ 43  “En ek sal my daar voor die kinders van Israel stel, en dit sal beslis deur my heerlikheid geheilig word.+ 44  En ek sal die tent van samekoms en die altaar heilig; en ek sal Aäron en sy seuns heilig,+ sodat hulle my as priesters kan dien. 45  En ek sal in die midde van die kinders van Israel woon, en ek sal hulle God wees.+ 46  En hulle sal beslis weet dat ek Jehovah hulle God is, wat hulle uit Egipteland uitgelei het om in hulle midde te woon.+ Ek is Jehovah hulle God.+

Voetnote