Eksodus 3:1-22
3 En Moses het ’n herder geword van die kleinvee van Jetro,+ die priester van Miʹdian, wie se skoonseun hy was.+ Terwyl hy die kleinvee na die westekant van die wildernis gedryf het, het hy eindelik gekom by die berg van die ware God,+ by Horeb.+
2 Toe het Jehovah se engel in ’n vuurvlam in ’n doringbos aan hom verskyn.+ Terwyl hy bly kyk het, het die doringbos met vuur gebrand, en tog is die doringbos nie verteer nie.
3 Hierop het Moses gesê: “Laat ek tog uitdraai sodat ek hierdie groot verskynsel kan bekyk, waarom die doringbos nie verbrand nie.”+
4 Toe Jehovah sien dat hy uitdraai om dit te bekyk, het God dadelik vanuit die doringbos na hom geroep en gesê: “Moses! Moses!” waarop hy gesê het: “Hier is ek.”+
5 Toe het hy gesê: “Moenie hier naby kom nie. Trek jou sandale van jou voete af, want die plek waar jy staan, is heilige grond.”+
6 En hy het verder gesê: “Ek is die God van jou vader, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob.”+ Toe het Moses sy gesig verberg, want hy was bang om na die ware God te kyk.
7 En Jehovah het bygevoeg: “Ek het ongetwyfeld die ellende gesien van my volk wat in Egipte is, en ek het hulle geroep gehoor oor dié wat hulle dryf om te werk; want ek weet goed watter pyn hulle ly.+
8 En ek daal neer om hulle uit die hand van die Egiptenaars te verlos+ en om hulle uit daardie land te laat optrek na ’n goeie en uitgestrekte land, na ’n land wat oorloop van melk en heuning,+ na die plek van die Kanaäniete en die Hetiete en die Amoriete en die Perissiete en die Hewiete en die Jebusiete.+
9 En nou, kyk! die geroep van die kinders van Israel het tot by my gekom, en ek het ook die onderdrukking gesien waarmee die Egiptenaars hulle onderdruk.+
10 Kom dan nou en laat ek jou na Farao toe stuur, en jy moet my volk, die kinders van Israel, uit Egipte uitlei.”+
11 Moses het egter vir die ware God gesê: “Wie is ek dat ek na Farao toe sou gaan en dat ek die kinders van Israel uit Egipte moet uitlei?”+
12 Hierop het hy gesê: “Omdat ek met jou sal wees,+ en dít is vir jou die teken dat ek jou gestuur het:+ Nadat jy die volk uit Egipte uitgelei het, sal julle die ware God op hierdie berg dien.”+
13 Moses het nietemin vir die ware God gesê: “Gestel ek kom nou by die kinders van Israel en ek sê vir hulle: ‘Die God van julle voorvaders het my na julle toe gestuur’, en hulle sê vir my: ‘Wat is sy naam?’+ Wat sal ek vir hulle sê?”
14 Hierop het God vir Moses gesê: “EK SAL WORD WAT EK SAL WORD.”+ En hy het bygevoeg: “Só moet jy vir die kinders van Israel sê: ‘EK SAL WORD het my na julle toe gestuur.’”+
15 Toe het God weer eens vir Moses gesê:
“Só moet jy vir die kinders van Israel sê: ‘Jehovah, die God van julle voorvaders, die God van Abraham,+ die God van Isak+ en die God van Jakob,+ het my na julle toe gestuur.’ Dit is my naam tot onbepaalde tyd,+ en dit is my gedagtenis van geslag tot geslag.+
16 Gaan jy, en jy moet die ouer manne van Israel versamel, en jy moet vir hulle sê: ‘Jehovah, die God van julle voorvaders, het aan my verskyn,+ die God van Abraham, Isak en Jakob, en het gesê: “Ek sal vir seker aandag skenk+ aan julle en aan wat in Egipte aan julle gedoen word.
17 En daarom sê ek: Ek sal julle uit die ellende+ wat die Egiptenaars oor julle bring, laat optrek na die land van die Kanaäniete en die Hetiete en die Amoriete+ en die Perissiete en die Hewiete en die Jebusiete,+ na ’n land wat oorloop van melk en heuning.”’+
18 “En hulle sal beslis na jou stem luister,+ en jy moet gaan, jy en die ouer manne van Israel, na die koning van Egipte toe, en julle moet vir hom sê: ‘Jehovah, die God van die Hebreërs,+ het met ons in aanraking gekom,+ en nou wil ons asseblief drie dagreise ver die wildernis in trek, en ons wil offerandes aan Jehovah ons God bring.’+
19 En ek, ja ek, weet goed dat die koning van Egipte julle nie toestemming sal gee om te gaan nie, behalwe deur ’n sterk hand.+
20 En ek sal my hand moet uitsteek+ en Egipte moet tref met al my wonderlike dade wat ek daarin sal doen; en daarna sal hy julle uitstuur.+
21 En ek sal aan hierdie volk guns verleen in die oë van die Egiptenaars; en wanneer julle trek, sal julle nie met leë hande trek nie.+
22 En elke vrou moet van haar buurvrou en van die vrou wat as ’n vreemdeling in haar huis woon, silwervoorwerpe en goue voorwerpe en mantels vra, en julle moet dit op julle seuns en julle dogters sit; en julle moet die Egiptenaars stroop.+