Eksodus 30:1-38

30  “En jy moet ’n altaar maak as ’n plek om reukwerk te brand;+ van akasiahout moet jy dit maak.  ’n El lank en ’n el breed, vierkantig moet dit wees, en twee el hoog. Sy horings kom daaruit voort.+  En jy moet dit met suiwer goud oortrek, sy bovlak en sy kante rondom en sy horings; en jy moet daarvoor ’n goue rand rondom maak.+  Jy moet ook twee goue ringe daarvoor maak. Onder sy rand aan twee van sy kante moet jy hulle maak, aan twee teenoorgestelde kante, aangesien hulle moet dien as houers vir die draaghoute om dit mee te dra.+  En jy moet die draaghoute van akasiahout maak en hulle met goud oortrek.+  En jy moet dit voor die voorhangsel sit wat naby die ark van die getuienis is,+ voor die deksel wat oor die Getuienis is, waar ek my voor jou sal stel.+  “En Aäron moet welriekende reukwerk+ daarop laat rook.+ Oggend na oggend, wanneer hy die lampe gereedmaak,+ moet hy dit laat rook.  En wanneer Aäron die lampe tussen die twee aande opsteek, moet hy dit laat rook. Dit is ’n voortdurende reukwerk voor Jehovah in julle geslagte.  Julle mag daarop geen onwettige reukwerk+ of brandoffer of graanoffer bring nie; en julle mag geen drankoffer daarop uitgiet nie. 10  En Aäron moet een keer per jaar op die horings daarvan versoening doen.+ Met van die bloed van die sondoffer+ van die versoening moet hy een keer per jaar daarvoor versoening doen in julle geslagte. Dit is hoogheilig vir Jehovah.” 11  En Jehovah het verder met Moses gepraat en gesê: 12  “Wanneer jy ook al die volle getal van die kinders van Israel opneem deur ’n telling te hou,+ moet hulle elkeen vir sy siel ’n losprys aan Jehovah gee wanneer hulle getel word,+ sodat daar geen plaag oor hulle kom wanneer hulle getel word nie.+ 13  Dít is wat almal moet gee wat na die geteldes oorgaan: ’n halfsikkel volgens die sikkel van die heiligdom.+ Twintig gera is gelyk aan ’n sikkel. ’n Halfsikkel is die bydrae vir Jehovah.+ 14  Elkeen wat na die geregistreerdes oorgaan, van twintig jaar en ouer, moet Jehovah se bydrae gee.+ 15  Die ryke moenie meer gee en die arme moenie minder gee as die halfsikkel nie,+ ten einde Jehovah se bydrae te gee om vir julle siel versoening te doen.+ 16  En jy moet die silwergeld van die versoening van die kinders van Israel neem en dit vir die diens van die tent van samekoms gee,+ sodat dit inderdaad kan dien om die kinders van Israel voor Jehovah in gedagtenis te bring, om vir julle siel versoening te doen.” 17  En Jehovah het verder met Moses gepraat en gesê: 18  “Jy moet ’n koperkom met sy kopervoetstuk maak, om in te was,+ en jy moet dit tussen die tent van samekoms en die altaar sit en water daarin gooi.+ 19  En Aäron en sy seuns moet hulle hande en hulle voete daar was.+ 20  Wanneer hulle in die tent van samekoms ingaan, moet hulle hulle met water was sodat hulle nie sterf nie, of wanneer hulle nader gaan na die altaar om te dien, ten einde ’n vuuroffer aan Jehovah te laat rook.+ 21  En hulle moet hulle hande en hulle voete was sodat hulle nie sterf nie,+ en dit moet vir hulle dien as ’n voorskrif tot onbepaalde tyd, vir hom en sy nageslag in al hulle geslagte.”+ 22  En Jehovah het voortgegaan om met Moses te praat en gesê: 23  “Wat jou betref, neem vir jou die keurigste welriekende stowwe:+ vyfhonderd eenhede mirre+ in gestolde druppels en die helfte soveel soet kaneel,+ tweehonderd-en-vyftig eenhede, en tweehonderd-en-vyftig eenhede soet kalmoes+ 24  en vyfhonderd eenhede kassia,+ volgens die sikkel van die heiligdom,+ en ’n hin+ olyfolie. 25  Dan moet jy daarvan ’n heilige salfolie maak, ’n salf, ’n mengsel wat die werk van ’n salfmaker is.+ Dit moet ’n heilige salfolie wees.+ 26  “En jy moet daarmee die tent van samekoms+ en die ark van die getuienis salf, 27  en die tafel en al sy voorwerpe en die lampstaander en sy voorwerpe en die reukaltaar, 28  en die brandofferaltaar en al sy voorwerpe en die kom en sy voetstuk. 29  En jy moet hulle heilig sodat hulle inderdaad hoogheilig kan word.+ Enigeen wat aan hulle raak, moet heilig wees.+ 30  En jy moet Aäron+ en sy seuns+ salf, en jy moet hulle heilig om my as priesters te dien.+ 31  “En jy moet met die kinders van Israel praat en sê: ‘Dit moet vir my ’n heilige salfolie bly in julle geslagte.+ 32  Dit mag nie in die vlees van mense ingevryf word nie, en volgens hierdie samestelling mag julle niks soortgelyks maak nie. Dit is iets heiligs. Dit moet vir julle iets heiligs bly. 33  Enigeen wat ’n soortgelyke salf maak en wat daarvan op ’n vreemdeling sit, moet uit sy volk uitgeroei word.’”+ 34  En Jehovah het verder vir Moses gesê: “Neem vir jou welriekende stowwe:+ staktedruppels en onika en welriekende galbanum en suiwer wierook.+ Daar moet ’n gelyke hoeveelheid van elk wees. 35  En jy moet daarvan ’n reukwerk+ maak, ’n speserymengsel, die werk van ’n salfmaker, gesout,+ suiwer, iets heiligs. 36  En jy moet ’n deel daarvan tot fyn poeier stamp en ’n deel daarvan voor die Getuienis in die tent van samekoms sit,+ waar ek my voor jou sal stel.+ Dit moet vir julle hoogheilig wees. 37  En die reukwerk wat jy met hierdie samestelling sal maak, mag julle nie vir julle maak nie.+ Vir jou moet dit iets heiligs vir Jehovah bly.+ 38  Enigiemand wat iets soortgelyks maak om die reuk daarvan te geniet, moet uit sy volk uitgeroei word.”+

Voetnote