Eksodus 31:1-18

31  En Jehovah het voortgegaan om met Moses te praat en gesê:  “Kyk, ek roep Besaʹleël,+ die seun van Uri, die seun van Hur, van die stam Juda, by name.+  En ek sal hom met die gees van God vervul wat wysheid en begrip en kennis en elke soort vakmanskap betref,+  om planne te ontwerp, om in goud en silwer en koper te werk,+  en om stene te bewerk om dit te set+ en om hout te bewerk om allerhande artikels te maak.+  En kyk! ek gee hom Ohoʹliab by, die seun van Ahiʹsamag, van die stam Dan,+ en in die hart van elkeen wat wys van hart is, gee ek wysheid, sodat hulle inderdaad alles kan maak wat ek jou beveel het:+  die tent van samekoms+ en die Ark+ vir die getuienis en die deksel wat daarop is,+ en al die voorwerpe van die tent,  en die tafel en sy voorwerpe,+ en die lampstaander van suiwer goud en al sy voorwerpe,+ en die reukaltaar,+  en die brandofferaltaar en al sy voorwerpe,+ en die kom en sy voetstuk,+ 10  en die klere van breistof en die heilige klere vir die priester Aäron en die klere van sy seuns om as priesters te dien;+ 11  en die salfolie en die welriekende reukwerk vir die heiligdom.+ Volgens alles wat ek jou beveel het, moet hulle doen.” 12  En Jehovah het verder vir Moses gesê: 13  “Wat jou betref, praat met die kinders van Israel en sê: ‘Veral my sabbatte moet julle hou,+ want dit is ’n teken tussen my en julle in julle geslagte sodat julle kan weet dat ek, Jehovah, julle heilig.+ 14  En julle moet die sabbat hou, want dit is vir julle iets heiligs.+ Hy wat dit ontheilig, moet gewis doodgemaak word.+ As iemand daarop werk doen, dan moet dié siel uitgeroei word onder sy volk uit.+ 15  Ses dae mag werk gedoen word, maar op die sewende dag is dit ’n sabbat van volkome rus.+ Dit is iets heiligs vir Jehovah. Elkeen wat op die sabbatdag werk doen, moet gewis doodgemaak word. 16  En die kinders van Israel moet die sabbat hou, sodat hulle die sabbat in hulle geslagte sal vier. Dit is ’n verbond tot onbepaalde tyd.+ 17  Tussen my en die kinders van Israel is dit ’n teken tot onbepaalde tyd,+ want in ses dae het Jehovah die hemel en die aarde gemaak en op die sewende dag het hy gerus en voortgegaan om hom te verkwik.’”+ 18  En net toe hy klaar met Moses op die berg Siʹnai gepraat het, het hy vir hom twee tafels van die Getuienis+ gegee, kliptafels waarop die vinger+ van God geskryf het.

Voetnote