Eksodus 33:1-23

33  En Jehovah het verder vir Moses gesê: “Gaan, trek hiervandaan op, jy en die volk wat jy uit Egipteland laat optrek het,+ na die land wat ek aan Abraham, Isak en Jakob met ’n eed beloof het deur te sê: ‘Aan jou saad sal ek dit gee.’+  En ek sal ’n engel voor jou uit stuur+ en die Kanaäniete, die Amoriete, en die Hetiete en die Perissiete, die Hewiete en die Jebusiete verdryf;+  na ’n land wat oorloop van melk en heuning,+ want ek sal nie in jou midde optrek nie, omdat jy ’n hardnekkige volk is,+ sodat ek jou nie op die pad uitroei nie.”+  Toe die volk hierdie onheilspellende woord hoor, het hulle begin treur;+ en nie een van hulle het sy sierade aangesit nie.  En Jehovah het vir Moses gesê: “Sê vir die kinders van Israel: ‘Julle is ’n hardnekkige volk.+ In een oomblik+ kan ek in jou midde optrek en jou beslis uitroei. Haal dan nou jou sierade van jou af, want ek wil weet wat ek met jou gaan doen.’”+  En van die berg Horeb+ af het die kinders van Israel hulle sierade van hulle afgehaal.  Wat Moses betref, hy het sy tent weggeneem en dit buite die kamp opgeslaan, ver van die kamp af; en hy het dit ’n tent van samekoms genoem. En elkeen wat Jehovah wou raadpleeg,+ het uitgegaan na die tent van samekoms, wat buite die kamp was.  En die oomblik wanneer Moses na die tent uitgegaan het, het die hele volk opgestaan,+ en hulle het elkeen by die ingang van sy eie tent gaan staan, en hulle het Moses agternagestaar totdat hy in die tent ingegaan het.  En die oomblik wanneer Moses in die tent ingegaan het, het die wolkkolom+ afgekom, en dit het by die ingang van die tent bly staan, en hy het met Moses gepraat.+ 10  En die hele volk het die wolkkolom+ by die ingang van die tent sien staan, en die hele volk het opgestaan en hulle neergebuig, elkeen by die ingang van sy eie tent.+ 11  En Jehovah het van aangesig tot aangesig+ met Moses gepraat, soos ’n man met sy naaste sou praat. Wanneer hy na die kamp teruggekeer het, het sy dienaar+ Josua, die seun van Nun,+ as helper, nie die tent verlaat nie. 12  En Moses het vir Jehovah gesê: “Kyk, u sê vir my: ‘Laat hierdie volk optrek’, maar u het my nie laat weet wie u saam met my sal stuur nie. Ook het u gesê: ‘Ek ken jou by name,+ en jy het ook guns in my oë gevind.’ 13  En nou, asseblief, as ek guns in u oë gevind het,+ maak dan asseblief u weë aan my bekend,+ dat ek u kan ken, sodat ek guns in u oë kan vind. En hou in gedagte dat hierdie nasie u volk is.”+ 14  Toe het hy gesê: “Ek sal self saamgaan+ en ek sal jou beslis rus gee.”+ 15  Hierop het hy vir hom gesê: “As u nie self saamgaan nie, moet u ons nie hiervandaan laat optrek nie. 16  En waaraan sal dit dan nou bekend word dat ek guns in u oë gevind het, ek en u volk? Is dit nie daaraan dat u saam met ons gaan,+ deurdat ek en u volk onderskei word van elke ander volk wat op die oppervlak van die aarde is nie?”+ 17  En Jehovah het vir Moses gesê: “Ook dit waarvan jy gepraat het, sal ek doen,+ omdat jy guns in my oë gevind het en ek jou by name ken.” 18  Hierop het hy gesê: “Laat my asseblief u heerlikheid sien.”+ 19  Maar hy het gesê: “Ek sal al my goedheid voor jou aangesig laat verbygaan,+ en ek sal die naam van Jehovah voor jou bekend maak;+ en ek sal guns betoon aan wie ek guns sal betoon, en ek sal barmhartigheid bewys aan wie ek barmhartigheid sal bewys.”+ 20  En hy het bygevoeg: “Jy kan my aangesig nie sien nie, want geen mens kan my sien en nogtans lewe nie.”+ 21  En Jehovah het verder gesê: “Hier is ’n plek by my, en jy moet op die rots gaan staan. 22  En terwyl my heerlikheid verbygaan, sal ek jou in ’n holte in die rots sit, en ek sal my palm oor jou plaas as ’n skerm totdat ek verbygegaan het. 23  Daarna sal ek my palm wegneem, en jy sal my inderdaad van agter sien. Maar my aangesig kan nie gesien word nie.”+

Voetnote