Eksodus 34:1-35

34  Toe het Jehovah vir Moses gesê: “Kap vir jou twee kliptafels uit soos die eerstes,+ en ek sal op die tafels die woorde skryf wat op die eerste tafels was,+ wat jy verbrysel het.+  En wees gereed teen die oggend, want in die oggend moet jy teen die berg Siʹnai opklim en daar by my op die top van die berg gaan staan.+  Maar niemand mag saam met jou opklim nie, en laat daar ook niemand anders op die hele berg gesien word nie.+ Laat ook geen kleinvee of beeste voor daardie berg wei nie.”+  Toe het Moses twee kliptafels uitgekap soos die eerstes en die oggend vroeg opgestaan en teen die berg Siʹnai opgeklim, net soos Jehovah hom beveel het, en hy het die twee kliptafels in sy hand geneem.  En Jehovah het in die wolk neergedaal+ en daar by hom gaan staan en die naam van Jehovah bekend gemaak.+  En Jehovah het voor sy aangesig verbygegaan en uitgeroep: “Jehovah, Jehovah, ’n barmhartige+ en genadige+ God, wat nie gou toornig word nie+ en oorvloedig is in liefderyke goedhartigheid+ en waarheid,+  wat liefderyke goedhartigheid vir duisende bewaar,+ wat ongeregtigheid en oortreding en sonde vergewe,+ maar hy sal geensins vrystelling van straf gee nie,+ want hy bring straf vir die oortreding van vaders oor kinders en oor kleinkinders, oor die derde geslag en oor die vierde geslag.”+  Dadelik het Moses vinnig laag na die aarde gebuig en hom neergewerp.+  Toe het hy gesê: “As ek nou guns in u oë gevind het, o Jehovah, laat Jehovah dan asseblief in ons midde saamgaan,+ want dit is ’n hardnekkige volk,+ en u moet ons oortreding en ons sonde vergewe,+ en u moet ons as u eiendom neem.”+ 10  Hierop het hy gesê: “Kyk, ek sluit ’n verbond: Voor jou hele volk sal ek wonderlike dinge doen wat nog nooit op die hele aarde of onder al die nasies geskep is nie;+ en die hele volk onder wie jy is, sal inderdaad die werk van Jehovah sien, want dit is iets vreesinboesemends wat ek met jou doen.+ 11  “Wat jou betref, onderhou wat ek jou vandag beveel.+ Kyk, ek verdryf die Amoriete en die Kanaäniete en die Hetiete en die Perissiete en die Hewiete en die Jebusiete voor jou uit.+ 12  Pas op dat jy nie ’n verbond sluit met die inwoners van die land waarheen jy gaan nie,+ sodat dit nie ’n strik in jou midde word nie.+ 13  Maar hulle altare moet julle afbreek, en hulle heilige pilare moet julle verbrysel, en hulle heilige pale moet julle afkap.+ 14  Want jy mag jou nie voor ’n ander god neerwerp nie,+ want Jehovah, wie se naam Jaloers is, hy is ’n jaloerse God;+ 15  sodat jy nie ’n verbond met die inwoners van die land sluit nie, aangesien hulle beslis onsedelike gemeenskap met hulle gode sal hê+ en offerandes aan hulle gode sal bring,+ en iemand sal jou sekerlik nooi, en jy sal beslis van sy offerande eet.+ 16  Dan sal jy van hulle dogters vir jou seuns moet neem,+ en hulle dogters sal sekerlik onsedelike gemeenskap met hulle gode hê en maak dat jou seuns onsedelike gemeenskap met hulle gode het.+ 17  “Jy mag vir jou geen gegote afgode maak nie.+ 18  “Die fees van die ongesuurde koeke moet jy hou.+ Jy moet sewe dae lank ongesuurde koeke eet, net soos ek jou beveel het, op die vasgestelde tyd in die maand Abib,+ want in die maand Abib het jy uit Egipte uitgetrek. 19  “Alles wat die moederskoot open, is myne,+ en, wat al jou vee betref, die manlike eersteling onder die bulle en onder die skape.+ 20  En die eersteling van ’n esel moet jy met ’n skaap loskoop.+ Maar as jy dit nie loskoop nie, dan moet jy sy nek breek. Elke eersgeborene van jou seuns moet jy loskoop.+ En hulle mag nie met leë hande voor my verskyn nie.+ 21  “Ses dae moet jy arbei, maar op die sewende dag moet jy die sabbat hou.+ In die ploegtyd en tydens die oes moet jy die sabbat hou.+ 22  “En jy moet jou fees van die weke met die eerste ryp vrugte van die koringoes hou,+ en die fees van die insameling by die jaarwisseling.+ 23  “Drie keer in die jaar moet almal wat manlik is onder jou, voor die ware Heer, Jehovah, die God van Israel, verskyn.+ 24  Want ek sal die nasies voor jou uit verdryf,+ en ek sal jou gebied ruim maak;+ en niemand sal jou land begeer terwyl jy drie keer in die jaar opgaan om die aangesig van Jehovah jou God te sien nie.+ 25  “Jy mag die bloed van my offerande nie saam met iets gesuurds slag nie.+ En die offerande van die pasgafees mag nie oornag tot die oggend toe oorbly nie.+ 26  “Die beste van die eerste ryp vrugte+ van jou grond moet jy na die huis van Jehovah jou God bring.+ “Jy mag ’n boklam nie in sy moeder se melk kook nie.”+ 27  En Jehovah het verder vir Moses gesê: “Skryf hierdie woorde vir jou op,+ want ooreenkomstig hierdie woorde sluit ek ’n verbond met jou en Israel.”+ 28  En hy het veertig dae en veertig nagte daar by Jehovah gebly. Hy het geen brood geëet en geen water gedrink nie.+ En hy het die woorde van die verbond, die Tien Woorde, op die tafels geskryf.+ 29  En toe Moses teen die berg Siʹnai afklim, was die twee tafels van die Getuienis in die hand van Moses toe hy teen die berg afklim,+ en Moses het nie geweet dat die vel van sy gesig glinster omdat hy met hom gepraat het nie.+ 30  Toe Aäron en al die kinders van Israel Moses sien, kyk! toe het die vel van sy gesig geglinster, en hulle het bang geword om naby hom te kom.+ 31  En Moses het hulle geroep. Toe het Aäron en al die owerstes van die vergadering na hom toe teruggekom, en Moses het met hulle begin praat. 32  Eers daarna het al die kinders van Israel nader gekom na hom toe, en hy het hulle alles begin beveel wat Jehovah vir hom op die berg Siʹnai gesê het.+ 33  Wanneer Moses klaar met hulle gepraat het, het hy ’n sluier oor sy gesig gesit.+ 34  Maar wanneer Moses voor Jehovah ingegaan het om met hom te praat, het hy die sluier weggeneem totdat hy uitgaan.+ En hy het uitgegaan en aan die kinders van Israel meegedeel wat hy beveel is.+ 35  En die kinders van Israel het Moses se gesig gesien, dat die vel van Moses se gesig glinster;+ en Moses het die sluier weer oor sy gesig gesit totdat hy ingaan om met hom te praat.+

Voetnote