Eksodus 35:1-35

35  Later het Moses die hele vergadering van die kinders van Israel bymekaargeroep en vir hulle gesê: “Dít is die woorde wat Jehovah beveel het, om dit te doen:+  Ses dae mag werk gedoen word,+ maar die sewende dag moet vir julle iets heiligs word, ’n sabbat van volkome rus vir Jehovah. Elkeen wat daarop werk doen, moet doodgemaak word.+  Julle mag op die sabbatdag geen vuur in enige van julle woonplekke aansteek nie.”  En Moses het verder vir die hele vergadering van die kinders van Israel gesê: “Dít is die woord wat Jehovah beveel het deur te sê:  ‘Samel onder julle ’n bydrae vir Jehovah in.+ Laat elkeen wat gewillig van hart is,+ dit as Jehovah se bydrae bring, naamlik goud en silwer en koper+  en blou weefgaring en purperrooigekleurde wol en karmosynrooi stof en fyn linne en bokhaar+  en rooigekleurde ramsvelle en robbevelle en akasiahout  en olie vir die lig en balsemolie vir die salfolie en vir die welriekende reukwerk+  en oniksstene en setstene vir die efod+ en vir die borsstuk.+ 10  “‘En laat al die wyses van hart+ onder julle kom en alles maak wat Jehovah beveel het, 11  naamlik die tabernakel met sy tent en sy bedekking, sy hakies en sy paneelrame, sy stawe, sy pilare en sy voetstukke; 12  die Ark+ en sy draaghoute,+ die deksel+ en die voorhangsel+ wat as skerm dien; 13  die tafel+ en sy draaghoute en al sy voorwerpe en die toonbrode;+ 14  en die lampstaander+ vir verligting en sy voorwerpe en sy lampe en die olie+ vir verligting; 15  en die reukaltaar+ en sy draaghoute; en die salfolie en die welriekende reukwerk;+ en die skerm van die ingang, vir die tabernakel se ingang; 16  die brandofferaltaar+ en die koperrooster wat daarby behoort, sy draaghoute en al sy voorwerpe; die kom+ en sy voetstuk; 17  die behangsels van die voorhof,+ sy pilare en sy voetstukke; en die skerm van die poort van die voorhof; 18  die tentpenne van die tabernakel en die tentpenne van die voorhof en hulle toue;+ 19  die klere+ van breistof vir diens in die heiligdom, die heilige klere+ vir die priester Aäron en die klere van sy seuns om as priesters te dien.’” 20  Toe het die hele vergadering van die kinders van Israel van Moses af weggegaan. 21  Daarna het hulle gekom, elkeen wie se hart hom gedring het,+ en hulle het, elkeen wie se gees hom aangedryf het, Jehovah se bydrae vir die werk aan die tent van samekoms gebring en vir sy hele bediening en vir die heilige klere. 22  En hulle het bly kom, die manne tesame met die vroue, elkeen wat gewillig van hart was. Hulle het borsspelde en oorringe en ringe en vrouesierade, allerhande goue voorwerpe, gebring, dit wil sê elkeen wat vir Jehovah die beweegoffer van goud aangebied het.+ 23  En almal by wie blou weefgaring en purperrooigekleurde wol en karmosynrooi stof en fyn linne en bokhaar en rooigekleurde ramsvelle en robbevelle te vinde was, het dit gebring.+ 24  Almal wat die bydrae van silwer en koper bygedra het, het Jehovah se bydrae gebring, en almal by wie akasiahout vir al die dienswerk te vinde was, het dit gebring. 25  En al die vroue wat wys van hart was,+ het met hulle hande gespin, en hulle het die blou weefgaring en die purperrooigekleurde wol, die karmosynrooi stof en die fyn linne as gare bly bring. 26  En al die vroue wie se hart hulle met wysheid gedring het, het die bokhaar gespin. 27  En die owerstes het oniksstene en setstene vir die efod en die borsstuk+ gebring, 28  en die balsemolie en die olie vir verligting en vir die salfolie en vir die welriekende reukwerk.+ 29  Elke man en vrou wie se hart hulle aangedryf het om iets te bring vir al die werk wat Jehovah deur middel van Moses beveel het om te doen, het dit gebring; die kinders van Israel het ’n vrywillige gawe vir Jehovah gebring.+ 30  Toe het Moses vir die kinders van Israel gesê: “Kyk, Jehovah het Besaʹleël,+ die seun van Uri, die seun van Hur, van die stam Juda, by name geroep. 31  En hy het hom vervul met die gees van God wat wysheid, begrip en kennis en elke soort vakmanskap betref, 32  en om planne te ontwerp, om in goud en silwer en koper te werk,+ 33  en om stene te bewerk om dit te set en om hout te bewerk om allerhande kunstige artikels te maak.+ 34  En hy het dit in sy hart gegee dat hy ander moet leer, hy en Ohoʹliab,+ die seun van Ahiʹsamag, van die stam Dan. 35  Hy het hulle met wysheid van hart vervul+ om al die werk te doen van ’n vakman en ’n borduurder+ en van ’n wewer in blou weefgaring en purperrooigekleurde wol, in karmosynrooi stof en fyn linne, en van ’n maker van weefstof, manne wat allerhande werk doen en planne ontwerp.

Voetnote