Eksodus 36:1-38

36  “En Besaʹleël moet werk, ook Ohoʹliab+ en elke man wat wys van hart is aan wie Jehovah wysheid+ en begrip+ gegee het met betrekking tot hierdie dinge om te weet hoe om al die heilige dienswerk te doen volgens alles wat Jehovah beveel het.”+  En Moses het Besaʹleël en Ohoʹliab geroep en elke man wat wys van hart was in wie se hart Jehovah wysheid gegee het,+ elkeen wie se hart hom gedring het om die werk aan te pak om dit te doen.+  Toe het hulle die hele bydrae+ voor Moses weggeneem wat die kinders van Israel gebring het vir die heilige dienswerk, om dit te doen, en wat die laasgenoemdes betref, hulle het nog oggend na oggend vir hom ’n vrywillige gawe gebring.  En al die wyses wat besig was om al die heilige werk te doen, het begin kom, die een man na die ander, van die werk af waarmee hulle besig was,  en het vir Moses gesê: “Die volk bring baie meer as wat nodig is vir die diens, om die werk te doen wat Jehovah beveel het.”  Toe het Moses beveel dat hulle ’n aankondiging deur die kamp moet laat gaan en sê: “Manne en vroue, moenie nog materiaal vir die heilige bydrae vervaardig nie.” So is die volk daarvan weerhou om dit in te bring.  En die materiaal was genoeg vir al die werk wat gedoen moes word, ja, oorgenoeg.  En al die wyses van hart+ onder diegene wat die werk gedoen het, het die tabernakel,+ die tien tentdoeke van fyn gedraaide linnedraad en blou weefgaring en purperrooigekleurde wol en karmosynrooi stof gemaak; met gerubs, die werk van ’n borduurder, het hy dit gemaak.  Die lengte van elke tentdoek was agt-en-twintig el, en die breedte van elke tentdoek vier el. Daar was een maat vir al die tentdoeke. 10  Toe het hy vyf tentdoeke aanmekaargevoeg,+ en die vyf ander tentdoeke het hy aanmekaargevoeg. 11  Daarna het hy lissies van blou weefgaring aan die rand van die een tentdoek gemaak by die ent waar dit saamgevoeg moes word. Hy het dieselfde gedoen aan die rand van die buitenste tentdoek by die ander plek waar hulle saamgevoeg moes word.+ 12  Hy het vyftig lissies aan die een tentdoek gemaak, en hy het vyftig lissies aan die verste punt van die tentdoek gemaak by die ander plek waar hulle saamgevoeg moes word, sodat die lissies teenoor mekaar was.+ 13  Uiteindelik het hy vyftig goue hakies gemaak en die tentdoeke met die hakies aanmekaargevoeg, sodat dit een tabernakel geword het.+ 14  En hy het tentdoeke van bokhaar gemaak vir die tent oor die tabernakel. Hy het elf tentdoeke gemaak.+ 15  Die lengte van elke tentdoek was dertig el, en die breedte van elke tentdoek vier el. Daar was een maat vir die elf tentdoeke.+ 16  Toe het hy vyf tentdoeke afsonderlik aanmekaargevoeg en die ses ander tentdoeke afsonderlik.+ 17  Daarop het hy vyftig lissies aan die rand van die buitenste tentdoek gemaak waar hulle saamgevoeg moes word, en hy het vyftig lissies aan die rand van die ander tentdoek gemaak wat daarby aansluit.+ 18  Daarna het hy vyftig koperhakies gemaak om die tent saam te voeg om een geheel te word.+ 19  En hy het ’n bedekking vir die tent uit rooigekleurde ramsvelle gemaak en ’n bedekking van robbevelle+ daar bo-oor.+ 20  Toe het hy die regopstaande paneelrame vir die tabernakel van akasiahout+ gemaak. 21  Tien el was die lengte van ’n paneelraam, en anderhalf el die breedte van elke paneelraam.+ 22  Elke paneelraam het twee tappe gehad wat met mekaar verbind was. So het hy met al die paneelrame van die tabernakel gedoen.+ 23  Hy het dus die paneelrame vir die tabernakel gemaak, twintig paneelrame vir die kant na die Negeb, na die suide toe.+ 24  En hy het veertig silwervoetstukke gemaak vir onder die twintig paneelrame, twee voetstukke onder die een paneelraam met sy twee tappe en twee voetstukke onder die ander paneelraam met sy twee tappe.+ 25  En vir die ander kant van die tabernakel, die noordekant, het hy twintig paneelrame gemaak+ 26  en hulle veertig silwervoetstukke, twee voetstukke onder die een paneelraam en twee voetstukke onder die ander paneelraam.+ 27  En vir die agterste gedeeltes van die tabernakel, na die weste toe, het hy ses paneelrame gemaak.+ 28  En hy het twee paneelrame gemaak as hoekstutte van die tabernakel aan sy twee agterste gedeeltes.+ 29  En hulle was presies dieselfde aan die onderkant, en tesame was hulle presies dieselfde tot aan die bokant van elkeen by die eerste ring. So het hy met al twee gedoen, met die twee hoekstutte.+ 30  Daar was dus agt paneelrame en sestien silwervoetstukke, twee voetstukke langs twee voetstukke onder elke paneelraam.+ 31  En hy het stawe van akasiahout gemaak, vyf vir die paneelrame van die een kant van die tabernakel+ 32  en vyf stawe vir die paneelrame van die ander kant van die tabernakel en vyf stawe vir die paneelrame van die tabernakel vir die twee agterste gedeeltes, na die weste toe.+ 33  Toe het hy die middelste staaf gemaak dat dit in die middel van die paneelrame dwarsdeur loop van die een ent tot die ander.+ 34  En hy het die paneelrame met goud oorgetrek, en hy het hulle ringe van goud gemaak as houers vir die stawe, en hy het die stawe met goud oorgetrek.+ 35  En hy het ’n voorhangsel+ gemaak van blou weefgaring en purperrooigekleurde wol en karmosynrooi stof en fyn gedraaide linnedraad. As die werk van ’n borduurder het hy dit met gerubs gemaak.+ 36  Toe het hy vier akasiahoutpilare daarvoor gemaak en hulle met goud oorgetrek; hulle penne was van goud; en hy het vier silwervoetstukke daarvoor gegiet.+ 37  En hy het ’n skerm vir die ingang van die tent gemaak van blou weefgaring en purperrooigekleurde wol en karmosynrooi stof en fyn gedraaide linnedraad, die werk van ’n wewer,+ 38  en sy vyf pilare en hulle penne. En hy het hulle kopstukke en verbindingstukke met goud oorgetrek, maar hulle vyf voetstukke was van koper.+

Voetnote