Eksodus 37:1-29

37  Besaʹleël+ het toe die Ark+ van akasiahout gemaak. Twee en ’n half el was sy lengte, en anderhalf el sy breedte, en anderhalf el sy hoogte.+  Toe het hy dit binne en buite met suiwer goud oorgetrek en daarvoor ’n goue rand rondom gemaak.+  Daarna het hy vier goue ringe daarvoor gegiet, vir bo sy vier pote, met twee ringe aan sy een kant en twee ringe aan sy ander kant.+  Daarop het hy draaghoute van akasiahout gemaak en hulle met goud oorgetrek.+  Toe het hy die draaghoute deur die ringe aan weerskante van die Ark gesteek om die Ark te dra.+  En hy het die deksel+ van suiwer goud gemaak. Twee en ’n half el was sy lengte, en anderhalf el sy breedte.+  Hy het verder twee gerubs van goud gemaak. Van dryfwerk het hy hulle gemaak, aan beide ente van die deksel.+  Een gerub was aan daardie ent en die ander gerub aan hierdie ent. Hy het die gerubs op die deksel aan beide ente daarvan gemaak.+  En hulle was gerubs wat twee vlerke na bo uitgesprei het en die deksel met hulle vlerke beskut het,+ en hulle gesigte was na mekaar toe. Die gesigte van die gerubs was na die deksel gekeer.+ 10  En hy het die tafel van akasiahout gemaak.+ Twee el was sy lengte, en ’n el sy breedte, en anderhalf el sy hoogte.+ 11  Toe het hy dit met suiwer goud oorgetrek en daarvoor ’n goue rand rondom gemaak.+ 12  Daarna het hy daarvoor ’n lys van ’n handbreedte rondom gemaak en ’n goue rand vir die lys daarvan rondom gemaak.+ 13  Verder het hy vier goue ringe daarvoor gegiet en die ringe vasgesit aan die vier hoeke wat vir die vier pote was.+ 14  Die ringe was naby die lys, as houers vir die draaghoute om die tafel te dra.+ 15  Toe het hy die draaghoute van akasiahout gemaak en hulle met goud oorgetrek om die tafel te dra.+ 16  Daarna het hy die voorwerpe wat op die tafel is, sy skottels en sy bekers en sy bakke en sy kanne waarmee drankoffers uitgegiet sou word, van suiwer goud gemaak.+ 17  Toe het hy die lampstaander+ van suiwer goud gemaak. Van dryfwerk het hy die lampstaander gemaak. Sy kante en sy arms, sy kelke, sy knoppe en sy bloeisels het daaruit voortgekom.+ 18  En ses arms het uit sy kante gekom, drie arms van die lampstaander uit sy een kant en drie arms van die lampstaander uit sy ander kant.+ 19  Drie kelke in die vorm van amandelblomme was aan die een stel arms, met knoppe en bloeisels wat mekaar afwissel; en drie kelke in die vorm van amandelblomme was aan die ander stel arms, met knoppe en bloeisels wat mekaar afwissel. So was dit vir die ses arms wat uit die lampstaander uitgekom het.+ 20  En aan die lampstaander was daar vier kelke in die vorm van amandelblomme, met sy knoppe en sy bloeisels wat mekaar afwissel.+ 21  En die knop onder twee arms het daaruit gekom, en die knop onder twee ander arms het daaruit gekom, en die knop onder nog twee arms het daaruit gekom, vir die ses arms wat uit die lampstaander uitkom.+ 22  Hulle knoppe en hulle arms het daaruit voortgekom. Alles was een stuk dryfwerk, van suiwer goud.+ 23  Toe het hy sy sewe lampe en sy snuiters en sy vuurbakkies van suiwer goud gemaak.+ 24  Van ’n talent suiwer goud het hy dit en al sy voorwerpe gemaak. 25  Hy het toe die reukaltaar+ van akasiahout gemaak.+ ’n El was sy lengte en ’n el sy breedte, vierkantig, en twee el was sy hoogte. Sy horings het daaruit voortgekom.+ 26  Toe het hy dit met suiwer goud oorgetrek, sy bovlak en sy kante rondom en sy horings, en hy het daarvoor ’n goue rand rondom gemaak.+ 27  En hy het twee goue ringe daarvoor gemaak, onder sy rand, aan twee van sy kante, aan twee teenoorgestelde kante, as houers vir die draaghoute om dit mee te dra.+ 28  Daarna het hy die draaghoute van akasiahout gemaak en hulle met goud oorgetrek.+ 29  Hy het boonop die heilige salfolie+ en die suiwer, welriekende reukwerk+ gemaak, die werk van ’n salfmaker.

Voetnote