Eksodus 38:1-31

38  En hy het die brandofferaltaar van akasiahout gemaak. Vyf el was sy lengte, en vyf el sy breedte, vierkantig, en drie el was sy hoogte.+  Toe het hy sy horings+ op sy vier hoeke gemaak. Sy horings het daaruit voortgekom. Daarop het hy dit met koper oorgetrek.+  Daarna het hy al die voorwerpe van die altaar gemaak, die kanne en die skoppe en die bakke, die vurke en die vuurbakke. Al sy voorwerpe het hy van koper gemaak.+  Hy het verder ’n rooster vir die altaar gemaak, ’n netwerk van koper, onder sy lys, onderaan naby die middel.+  Toe het hy vier ringe aan die vier hoeke naby die koperrooster gegiet, as houers vir die draaghoute.  Daarna het hy die draaghoute van akasiahout gemaak en hulle met koper oorgetrek.+  Toe het hy die draaghoute in die ringe aan die kante van die altaar gesteek om dit mee te dra.+ Hy het dit ’n hol kis van planke gemaak.+  Toe het hy die koperkom+ en sy kopervoetstuk gemaak, deur die spieëls te gebruik van die diensdoende vroue wat georganiseerde diens by die ingang van die tent van samekoms verrig het.+  En hy het die voorhof gemaak.+ Vir die kant na die Negeb, na die suide toe, was die behangsels van die voorhof van fyn gedraaide linnedraad, honderd el.+ 10  Hulle twintig pilare en hulle twintig voetstukke was van koper. Die penne van die pilare en hulle verbindingstukke was van silwer.+ 11  Ook vir die noordekant was daar honderd el. Hulle twintig pilare en hulle twintig voetstukke was van koper. Die penne van die pilare en hulle verbindingstukke was van silwer.+ 12  Maar vir die westekant was die behangsels vyftig el. Hulle pilare was tien en hulle voetstukke was tien.+ Die penne van die pilare en hulle verbindingstukke was van silwer. 13  En vir die oostekant, teen die sonsopgang, was daar vyftig el.+ 14  Die behangsels was vyftien el aan die een vleuel. Hulle pilare was drie en hulle voetstukke was drie.+ 15  En vir die ander vleuel, aan weerskante van die poort van die voorhof, was die behangsels vyftien el. Hulle pilare was drie en hulle voetstukke was drie.+ 16  Al die behangsels van die voorhof rondom was van fyn gedraaide linnedraad. 17  En die voetstukke vir die pilare was van koper. Die penne van die pilare en hulle verbindingstukke was van silwer en die oortreksel van hulle kopstukke was van silwer, en daar was silwerverbindingstukke vir al die pilare van die voorhof.+ 18  En die skerm van die poort van die voorhof was die werk van ’n wewer, van blou weefgaring en purperrooigekleurde wol en karmosynrooi stof en fyn gedraaide linnedraad,+ en die lengte was twintig el, en die hoogte oor sy hele lengte was vyf el, net soos die behangsels van die voorhof.+ 19  En hulle vier pilare en hulle vier voetstukke was van koper. Hulle penne was van silwer en die oortreksel van hulle kopstukke en hulle verbindingstukke was van silwer. 20  En al die tentpenne vir die tabernakel en vir die voorhof rondom was van koper.+ 21  Die volgende is die dinge wat opgeneem is in die inventaris van die tabernakel, die tabernakel van die Getuienis,+ die inventaris wat op bevel van Moses opgestel is, as die diens van die Leviete+ onder die leiding van Iʹtamar,+ die seun van die priester Aäron. 22  En Besaʹleël,+ die seun van Uri, die seun van Hur, van die stam Juda, het alles gedoen wat Jehovah Moses beveel het. 23  En saam met hom was Ohoʹliab,+ die seun van Ahiʹsamag, van die stam Dan, ’n vakman en borduurder en wewer in die blou weefgaring en die purperrooigekleurde wol en karmosynrooi stof en fyn linne. 24  Al die goud wat vir die werk gebruik is, by al die werk van die heiligdom, het op die bedrag van die goud van die beweegoffer+ te staan gekom, nege-en-twintig talente en sewehonderd-en-dertig sikkels volgens die sikkel+ van die heiligdom.+ 25  En die silwer van die geregistreerdes van die vergadering was honderd talente en duisend-sewehonderd-vyf-en-sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom. 26  Die halfsikkel vir ’n persoon was die helfte van ’n sikkel volgens die sikkel van die heiligdom, vir elke man wat na die geregistreerdes oorgegaan het, van twintig jaar en ouer,+ altesaam seshonderd-en-drieduisend-vyfhonderd-en-vyftig.+ 27  En honderd talente silwer is gebruik om die voetstukke van die heiligdom en die voetstukke van die voorhangsel te giet. Honderd voetstukke was gelyk aan honderd talente, ’n talent vir ’n voetstuk.+ 28  En van die duisend-sewehonderd-vyf-en-sewentig sikkels het hy penne vir die pilare gemaak en hulle kopstukke oorgetrek en hulle met mekaar verbind. 29  En die koper van die beweegoffer was sewentig talente en tweeduisend-vierhonderd sikkels. 30  En hiermee het hy die voetstukke van die ingang van die tent van samekoms gemaak en die koperaltaar en die koperrooster wat daarby behoort, en al die voorwerpe van die altaar, 31  en die voetstukke van die voorhof rondom, en die voetstukke van die poort van die voorhof, en al die tentpenne van die tabernakel en al die tentpenne+ van die voorhof rondom.

Voetnote