Eksodus 39:1-43

39  En van die blou weefgaring en purperrooigekleurde wol en karmosynrooi stof+ het hulle klere+ van breistof gemaak vir diens in die heiligdom.+ So het hulle die heilige klere+ vir Aäron gemaak, net soos Jehovah Moses beveel het.  Gevolglik het hy die efod+ gemaak van goud, blou weefgaring en purperrooigekleurde wol en karmosynrooi stof en fyn gedraaide linnedraad.  Toe het hulle goue plate tot dun blaaie uitgeslaan, en hy het drade uitgesny om tussen die blou weefgaring en die purperrooigekleurde wol en karmosynrooi stof en die fyn linne in te werk, as die werk van ’n borduurder.+  Hulle het daarvoor skouerstukke gemaak wat saamgevoeg is. Aan die twee ente daarvan is dit saamgevoeg.  En die gordel, wat daaraan was om dit styf vas te bind, was van dieselfde stof, op dieselfde manier gemaak, van goud, blou weefgaring en purperrooigekleurde wol en karmosynrooi stof en fyn gedraaide linnedraad,+ net soos Jehovah Moses beveel het.  Toe het hulle die oniksstene+ gemaak, geset in goue monterings, gegraveer met seëlgraveerwerk volgens die name van die kinders van Israel.+  Toe het hy hulle op die skouerstukke van die efod gesit as gedagtenisstene+ vir die kinders van Israel, net soos Jehovah Moses beveel het.  Daarna het hy die borsstuk gemaak,+ soos die werk van ’n borduurder, soos die efod gemaak is, van goud, blou weefgaring en purperrooigekleurde wol en karmosynrooi stof en fyn gedraaide linnedraad.+  Dit was vierkantig wanneer dit dubbel gevou was. Hulle het die borsstuk gemaak, ’n span lank en ’n span breed, wanneer dit dubbel gevou was.+ 10  Toe het hulle dit met vier rye stene gevul. ’n Ry van robyn, topaas en smarag was die eerste ry.+ 11  En die tweede+ ry: turkoois, saffier+ en jaspis.+ 12  En die derde+ ry: lesjʹem-steen, agaat en ametis. 13  En die vierde+ ry: chrisoliet en oniks+ en niersteen. Hulle is in goue monterings geset. 14  En die stene was volgens die name van die kinders van Israel. Hulle was twaalf volgens hulle name, met seëlgraveerwerk gedoen, elkeen volgens sy naam, vir die twaalf stamme.+ 15  En hulle het aan die borsstuk gedraaide kettinkies gemaak, gedraai soos ’n tou, van suiwer goud.+ 16  Toe het hulle twee goue monterings en twee goue ringe gemaak en die twee ringe aan die twee ente van die borsstuk gesit.+ 17  Daarna het hulle die twee goue toutjies deur die twee ringe aan die ente van die borsstuk gesteek.+ 18  En hulle het die twee ente van die twee toutjies deur die twee monterings gesteek. Toe het hulle dié aan die skouerstukke van die efod vasgesit, aan die voorkant daarvan.+ 19  Daarna het hulle twee goue ringe gemaak en hulle aan die twee ente van die borsstuk vasgesit, aan die binnerand wat na die efod gekeer is.+ 20  Toe het hulle twee goue ringe gemaak en hulle onderaan die twee skouerstukke van die efod vasgesit, aan die voorkant daarvan, naby die plek waar dit saamgevoeg was, bo die gordel van die efod.+ 21  Uiteindelik het hulle die borsstuk met sy ringe aan die ringe van die efod vasgebind met ’n blou toutjie, sodat dit bo die gordel van die efod sou bly en die borsstuk nie van die efod sou afskuif nie, net soos Jehovah Moses beveel het.+ 22  Toe het hy die moulose oorkleed+ van die efod gemaak, die werk van ’n wewer, heeltemal van blou weefgaring. 23  En die opening van die moulose oorkleed was in die middel daarvan, soos die opening van ’n pantser. Die opening het ’n rand rondom gehad sodat dit nie kon skeur nie.+ 24  Toe het hulle aan die soom van die moulose oorkleed granaatjies gemaak van blou weefgaring en purperrooigekleurde wol en karmosynrooi stof, wat inmekaargedraai was.+ 25  Verder het hulle klokkies van suiwer goud gemaak en die klokkies tussen die granaatjies+ gesit, aan die soom van die moulose oorkleed rondom, tussen die granaatjies; 26  ’n klokkie en ’n granaatjie, ’n klokkie en ’n granaatjie, aan die soom van die moulose oorkleed rondom,+ vir die diens, net soos Jehovah Moses beveel het. 27  Daarna het hulle die klere van fyn linne gemaak,+ die werk van ’n wewer, vir Aäron en sy seuns, 28  en die tulband+ van fyn linne en die sierlike hoofbedekkings+ van fyn linne en die linnebroeke+ van fyn gedraaide linnedraad, 29  en die lyfband+ van fyn gedraaide linnedraad en blou weefgaring en purperrooigekleurde wol en karmosynrooi stof, die werk van ’n wewer, net soos Jehovah Moses beveel het. 30  Uiteindelik het hulle die blink plaat, die heilige toewydingsteken, van suiwer goud gemaak en ’n opskrif met seëlgraveerwerk daarop gegraveer: “Heiligheid behoort aan Jehovah.”+ 31  Toe het hulle ’n toutjie van blou weefgaring daaraan vasgemaak om dit boaan die tulband vas te sit,+ net soos Jehovah Moses beveel het. 32  So het al die werk vir die tabernakel van die tent van samekoms tot voltooiing gekom, deurdat die kinders van Israel bly doen het volgens alles wat Jehovah Moses beveel het.+ Hulle het net so gedoen. 33  En hulle het die tabernakel+ na Moses toe gebring, die tent+ en al sy voorwerpe,+ sy hakies,+ sy paneelrame,+ sy stawe+ en sy pilare en sy voetstukke,+ 34  en sy bedekking van rooigekleurde+ ramsvelle en sy bedekking van robbevelle+ en die voorhangsel wat as skerm dien,+ 35  en die ark+ van die getuienis en sy draaghoute+ en die deksel,+ 36  die tafel,+ al sy voorwerpe+ en die toonbrode, 37  die lampstaander+ van suiwer goud, sy lampe, die ry lampe,+ en al sy voorwerpe+ en die olie vir verligting,+ 38  en die goue altaar+ en die salfolie+ en die welriekende reukwerk+ en die skerm+ vir die ingang van die tent, 39  die koperaltaar+ en die koperrooster+ wat daarby behoort het, sy draaghoute+ en al sy voorwerpe,+ die kom+ en sy voetstuk,+ 40  die behangsels+ van die voorhof, sy pilare+ en sy voetstukke+ en die skerm+ vir die poort van die voorhof, sy tenttoue+ en sy tentpenne+ en al die voorwerpe+ vir die bediening van die tabernakel, vir die tent van samekoms, 41  die klere+ van breistof vir diens in die heiligdom, die heilige+ klere vir die priester Aäron en die klere van sy seuns om as priesters te dien.+ 42  Volgens alles wat Jehovah Moses beveel het, so het die kinders van Israel al die dienswerk verrig.+ 43  En Moses het al die werk gesien, en kyk! hulle het dit gedoen net soos Jehovah beveel het. So het hulle dit gedoen. Gevolglik het Moses hulle geseën.+

Voetnote