Eksodus 40:1-38

40  Toe het Jehovah met Moses gepraat en gesê:  “Op die dag van die eerste maand,+ op die eerste van die maand, moet jy die tabernakel van die tent van samekoms oprig.+  En jy moet die ark van die getuienis+ daarin sit en toegang tot die Ark met die voorhangsel afsluit.+  En jy moet die tafel+ inbring en sy rangskikking in orde bring, en jy moet die lampstaander+ inbring en sy lampe opsteek.+  En jy moet die goue reukaltaar+ voor die ark van die getuienis sit en die skerm van die ingang vir die tabernakel op sy plek ophang.+  “En jy moet die brandofferaltaar+ voor die ingang van die tabernakel van die tent van samekoms sit,  en jy moet die kom tussen die tent van samekoms en die altaar sit en water daarin gooi.+  En jy moet die voorhof+ rondom oprig en die skerm+ van die poort van die voorhof ophang.  En jy moet die salfolie+ neem en die tabernakel salf en alles wat daarin is,+ en jy moet dit en al sy voorwerpe heilig, en so moet dit iets heiligs word. 10  En jy moet die brandofferaltaar en al sy voorwerpe salf en die altaar heilig,+ en so moet dit ’n hoogheilige altaar word.+ 11  En jy moet die kom en sy voetstuk salf en dit heilig. 12  “Dan moet jy Aäron en sy seuns laat nader kom na die ingang van die tent van samekoms en hulle met water was.+ 13  En jy moet vir Aäron die heilige klere+ aantrek en hom salf+ en hom heilig, en so moet hy my as priester dien. 14  Daarna moet jy sy seuns laat nader kom en vir hulle die klere aantrek.+ 15  En jy moet hulle salf net soos jy hulle vader gesalf het,+ en so moet hulle my as priesters dien, en hulle salwing sal voortdurend vir hulle dien as ’n priesterskap tot onbepaalde tyd in hulle geslagte.”+ 16  En Moses het gedoen volgens alles wat Jehovah hom beveel het.+ Hy het net so gedoen. 17  Gevolglik is die tabernakel in die eerste maand, in die tweede jaar, op die eerste dag van die maand, opgerig.+ 18  Toe Moses die tabernakel oprig, het hy sy voetstukke+ neergesit en sy paneelrame+ daarop gesit en sy stawe+ aangebring en sy pilare+ opgerig. 19  Toe het hy die tent+ oor die tabernakel uitgesprei en die bedekking+ van die tent daar bo-oor gesit, net soos Jehovah Moses beveel het. 20  Daarna het hy die Getuienis+ geneem en dit in die Ark+ gesit en die draaghoute+ van die Ark ingesteek en die deksel+ bo-op die Ark gesit.+ 21  Toe het hy die Ark in die tabernakel ingebring en die voorhangsel+ wat as skerm dien, op sy plek opgehang en toegang tot die ark van die getuienis afgesluit,+ net soos Jehovah Moses beveel het. 22  Daarna het hy die tafel+ in die tent van samekoms gesit, aan die noordekant van die tabernakel, buite die voorhangsel, 23  en hy het die ry brode+ daarop gerangskik voor Jehovah, net soos Jehovah Moses beveel het. 24  Toe het hy die lampstaander+ in die tent van samekoms gesit, teenoor die tafel, aan die suidekant van die tabernakel. 25  Hy het toe die lampe+ opgesteek voor Jehovah, net soos Jehovah Moses beveel het. 26  Daarna het hy die goue altaar+ in die tent van samekoms gesit, voor die voorhangsel, 27  om welriekende reukwerk daarop te laat rook,+ net soos Jehovah Moses beveel het. 28  Uiteindelik het hy die skerm+ van die ingang van die tabernakel op sy plek opgehang. 29  En hy het die brandofferaltaar+ by die ingang van die tabernakel van die tent van samekoms gesit, om die brandoffer+ en die graanoffer daarop te offer, net soos Jehovah Moses beveel het. 30  Toe het hy die kom tussen die tent van samekoms en die altaar gesit en water daarin gegooi om mee te was.+ 31  En Moses en Aäron en sy seuns het hulle hande en hulle voete daar gewas. 32  Wanneer hulle in die tent van samekoms ingegaan het en wanneer hulle nader gegaan het na die altaar, het hulle hulle gewas,+ net soos Jehovah Moses beveel het. 33  Laastens het hy die voorhof+ rondom die tabernakel en die altaar opgerig en die skerm van die poort van die voorhof opgehang.+ So het Moses die werk voltooi. 34  En die wolk+ het die tent van samekoms begin bedek, en Jehovah se heerlikheid het die tabernakel gevul. 35  En Moses kon nie in die tent van samekoms ingaan nie, want die wolk+ het daaroor vertoef en Jehovah se heerlikheid het die tabernakel gevul.+ 36  En wanneer die wolk van die tabernakel af opgetrek het, het die kinders van Israel kamp opgebreek gedurende al die skofte van hulle reis.+ 37  Maar as die wolk nie opgetrek het nie, dan het hulle nie kamp opgebreek nie, tot die dag dat dit opgetrek het.+ 38  Want Jehovah se wolk was bedags oor die tabernakel, en ’n vuur het snags daarop gebly voor die oë van die hele huis van Israel gedurende al die skofte van hulle reis.+

Voetnote